Kareekamma

Die dorpie Kareedouw is gelee 50 km ten Weste van Humansdorp en 114 km ten Ooste van Avontuur. Tereg se SESA dat die betekenis nie vasstaan nie. Die lid -douw is volgens die gewone patroon met redelike sekerheid te begryp as 'pad', hier as 'poort' en 'kloof’ (vgl. HOTT 416). Daar is trouens 'n 'Kareedouwpas' wat van die dorpie af lei na die nasionale pad; dit gaan oor die kloof tussen die Kareedouw- en die Tsitsikammaberge. Kareedouw self le tussen die genoemde berge en die Suuranysberge oorkant die Kromrivier. Die lid -douw is bepaald gelyk aan Nama dao-b en dao-s, in plekname as o.a. dou(w), dau(w), tou(w), vgl. Pettman 1931 SAPN 38-9. Die eerste lid laat on- middellik dink aan SESA se tweede afleiding met die woord Ikare-, Nama ǃ(k)are-b, vir die Rhus spp., ons kareeboom, vgl. KAREE. SESA se eerste verklaring van 'White Gorge' is taalkundig moeilik verdedigbaar. Let op Swellengrebel se vorm Credo wat laat blyk dat die aksent op die tweede lettergreep van die Karee- val en die verbandlegging met 'wit', in Ou-Kaaps o.a. loree, ouri (Nama ǃuri-), in die weg staan, om van ander besware te swyg. ’n Nuwe lig werp Gordon op die saak. Daar was ’n vergete Khoekhoen- stammetjie met die naam van a caree of 'a 'caree, waar die skerp aksent suigkonsonante voorstel. Hulle sou presies hier gewoon het. Of die plek sy naam van die vroeere bewoners gekry het, of andersom, dit weet ons vandag nie meer nie, maar gedagtig aan die herkoms van name soos Gam- toos en Gourits is dit waarskynlik ook hier die geval dat die pleknaam van die stamnaam kom en so ’n stukkie verlore geskiedenis vashou. O.i. verdien die verklaring voorlopig die voorkeur. Ons se 'voorlopig', want die naam kan o.a. op die boomnaam betrek word, soos reeds gese is. Terloops gemeld, ons wonder of daar ’n enkele streek is waar in ’n klein omgewing soveel plantname in plekname voorkom as juis in hierdie gedeelte van die Humansdorpse dis- trik. Vgl. Topografiese reeks 1973 vel 3324 Port Elizabeth.

About this item

Identifier
1567_SKCPN
Title
Kareekamma
Alternative Title
Kareekamma
Georeference Sources
K 3421
longitude
21.5
latitude
-34.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Hewitt JA 1877 CMM 15 380 'Karee-kamma, district Riversdale (karee is a kind of willow)'.
Description
afr Die dorpie Kareedouw is gelee 50 km ten Weste van Humansdorp en 114 km ten Ooste van Avontuur. Tereg se SESA dat die betekenis nie vasstaan nie. Die lid -douw is volgens die gewone patroon met redelike sekerheid te begryp as 'pad', hier as 'poort' en 'kloof’ (vgl. HOTT 416). Daar is trouens 'n 'Kareedouwpas' wat van die dorpie af lei na die nasionale pad; dit gaan oor die kloof tussen die Kareedouw- en die Tsitsikammaberge. Kareedouw self le tussen die genoemde berge en die Suuranysberge oorkant die Kromrivier. Die lid -douw is bepaald gelyk aan Nama dao-b en dao-s, in plekname as o.a. dou(w), dau(w), tou(w), vgl. Pettman 1931 SAPN 38-9. Die eerste lid laat on- middellik dink aan SESA se tweede afleiding met die woord Ikare-, Nama ǃ(k)are-b, vir die Rhus spp., ons kareeboom, vgl. KAREE. SESA se eerste verklaring van 'White Gorge' is taalkundig moeilik verdedigbaar. Let op Swellengrebel se vorm Credo wat laat blyk dat die aksent op die tweede lettergreep van die Karee- val en die verbandlegging met 'wit', in Ou-Kaaps o.a. loree, ouri (Nama ǃuri-), in die weg staan, om van ander besware te swyg. ’n Nuwe lig werp Gordon op die saak. Daar was ’n vergete Khoekhoen- stammetjie met die naam van a caree of 'a 'caree, waar die skerp aksent suigkonsonante voorstel. Hulle sou presies hier gewoon het. Of die plek sy naam van die vroeere bewoners gekry het, of andersom, dit weet ons vandag nie meer nie, maar gedagtig aan die herkoms van name soos Gam- toos en Gourits is dit waarskynlik ook hier die geval dat die pleknaam van die stamnaam kom en so ’n stukkie verlore geskiedenis vashou. O.i. verdien die verklaring voorlopig die voorkeur. Ons se 'voorlopig', want die naam kan o.a. op die boomnaam betrek word, soos reeds gese is. Terloops gemeld, ons wonder of daar ’n enkele streek is waar in ’n klein omgewing soveel plantname in plekname voorkom as juis in hierdie gedeelte van die Humansdorpse dis- trik. Vgl. Topografiese reeks 1973 vel 3324 Port Elizabeth.
page start
652

Item sets