Koene (Laaghte), Koene(Kraal)

Ons maak eers Hahn se afleiding duidelik. Die eerste lid Koe- stel Hahn gelyk aan Nama ǀǀkhu = doring(boom); die tweede lid is volgens horn ’n nie- saamgestelde -kenap, verbindbaar met Nama lhara- waarvan die wisseluitspraak is ǃhana- deurdat -r- en -n- mekaar kan vervang. Die ǃhara-, hier dan ǃhana- (vgl. 5 D 10 oor r/n-wisseling) beteken 'kraal, heining, omheining'. Koehara-, daarnaas Koehana- kan vertaai word met 'Doring(boom)kraal/-omheining'. Nou moes die -harap of -hanap op een of ander manier verander het tot -kenap. Die wisseling h- en k- kom inderdaad voor (vgl. 5 C 3), en ook die vokaliese element -a- en daarlangs -e- is variabel. Tog word baie gevra om te glo dat die lid -kenap op drie vlakke gelyk te maak is aan -hara-b. Dit wek sekerlik die indruk van geforseerdheid. Ons maak nou die identifikasie. Ons beskik vereers net oor die aanhaling by Hahn. Hy se niks oor die ligging van hierdie Koekenap of Ebenezer nie. Daar is baie Ebenezers, ook in Suidwes-Afrika waar Hahn se vader J Samuel as sendeling jarelank werksaam was, eers te Bethanien, toe (as stigter) te Berseba. Th Hahn doel hier egter op die Kaapkoloniale sendingstasie in die distrik Vredendal. Vandag word dit gespel Ebenhaeser, vgl. o.a. Topografiese kaart 1968 vel 3118 Calvinia. Net suid van die sendingstasie is ook 'Ebenhaeser Kolonie'. Dat Hahn hierdie plek bedoel het, weet ons seker om- dat dit op hierdie sendingstasie is dat hy op 24 12 1842 gebore is (SABW 1969 I 359) en waar hy tot 1848 gebly het toe sy vader na Bethanien verplaas is. In 1849 is die sesjarige Theophilus na Duitsland vir sy skoolopleiding gestuur. Hierdie sendingstasie Ebenezer (Hahn se spelling) le aan die Olifantsrivier, naby sy uitmondingspunt maar effens noordelik daarvan. Die Koekenaap van die ou reisigers le noordeliker as die sendingstasie, dit le daar waar die Olifantsrivier sy noordelikste elmboog maak voordat hy suidwaarts swenk om in die Atlantiese oseaan uit te water. As die sendingstasie Ebenezer in die ou dae die naam van Koekenap gehad het, dan was dit destyds soos ’n streeknaam op beperkte skaal. Koekenaap (amptelike spelling), ’n poskantoor en ook ’n sylyn, is nogtans, hoewel vandag nie dieselfde plek as die sendingstasie nie, dieselfde naam as wat die sendingstasie eens op 'n tyd gedra het, per Hahn. Aibei moet op dieselfde wyse verklaar word. Dit is dus of 'Doring- (boom)kraal/omheining', soos by Hahn, of anders soos deur Gordon bv verklaar is, kyk KOEKENAAP. Alles teenmekaar opgeweeg, meen ons dat Gordon nog ons beste leidsman hierin is. Onthou moet word dat Gordon spesifiek navraag gedoen het en bevind het dat Brink-Hop se verklaring van 'Bakoond' verkeerd is. 'Vleissny-rivier', se Gordon, sodat hy die tweede komponent, anders as Hahn, nie opvat as -kenap nie, maar as -ken- + -ab, -a(a)p, d.w.s. as ’n samestelling, met die laasgenoemde deel gelyk aan ǃa-b = rivier.

About this item

Identifier
1824_SKCPN
Title
Koene (Laaghte), Koene(Kraal)
Alternative Title
Koene (Laaghte), Koene(Kraal)
Georeference Sources
K 3323/3324
longitude
23.5
latitude
-33.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Description
afr Ons maak eers Hahn se afleiding duidelik. Die eerste lid Koe- stel Hahn gelyk aan Nama ǀǀkhu = doring(boom); die tweede lid is volgens horn ’n nie- saamgestelde -kenap, verbindbaar met Nama lhara- waarvan die wisseluitspraak is ǃhana- deurdat -r- en -n- mekaar kan vervang. Die ǃhara-, hier dan ǃhana- (vgl. 5 D 10 oor r/n-wisseling) beteken 'kraal, heining, omheining'. Koehara-, daarnaas Koehana- kan vertaai word met 'Doring(boom)kraal/-omheining'. Nou moes die -harap of -hanap op een of ander manier verander het tot -kenap. Die wisseling h- en k- kom inderdaad voor (vgl. 5 C 3), en ook die vokaliese element -a- en daarlangs -e- is variabel. Tog word baie gevra om te glo dat die lid -kenap op drie vlakke gelyk te maak is aan -hara-b. Dit wek sekerlik die indruk van geforseerdheid.
Ons maak nou die identifikasie. Ons beskik vereers net oor die aanhaling by Hahn. Hy se niks oor die ligging van hierdie Koekenap of Ebenezer nie. Daar is baie Ebenezers, ook in Suidwes-Afrika waar Hahn se vader J Samuel as sendeling jarelank werksaam was, eers te Bethanien, toe (as stigter) te Berseba. Th Hahn doel hier egter op die Kaapkoloniale sendingstasie in die distrik Vredendal. Vandag word dit gespel Ebenhaeser, vgl. o.a. Topografiese kaart 1968 vel 3118 Calvinia. Net suid van die sendingstasie is ook 'Ebenhaeser Kolonie'. Dat Hahn hierdie plek bedoel het, weet ons seker om- dat dit op hierdie sendingstasie is dat hy op 24 12 1842 gebore is (SABW 1969 I 359) en waar hy tot 1848 gebly het toe sy vader na Bethanien verplaas is. In 1849 is die sesjarige Theophilus na Duitsland vir sy skoolopleiding gestuur.
Hierdie sendingstasie Ebenezer (Hahn se spelling) le aan die Olifantsrivier, naby sy uitmondingspunt maar effens noordelik daarvan. Die Koekenaap van die ou reisigers le noordeliker as die sendingstasie, dit le daar waar die Olifantsrivier sy noordelikste elmboog maak voordat hy suidwaarts swenk om in die Atlantiese oseaan uit te water. As die sendingstasie Ebenezer in die ou dae die naam van Koekenap gehad het, dan was dit destyds soos ’n streeknaam op beperkte skaal. Koekenaap (amptelike spelling), ’n poskantoor en ook ’n sylyn, is nogtans, hoewel vandag nie dieselfde plek as die sendingstasie nie, dieselfde naam as wat die sendingstasie eens op 'n tyd gedra het, per Hahn. Aibei moet op dieselfde wyse verklaar word. Dit is dus of 'Doring- (boom)kraal/omheining', soos by Hahn, of anders soos deur Gordon bv verklaar is, kyk KOEKENAAP. Alles teenmekaar opgeweeg, meen ons dat Gordon nog ons beste leidsman hierin is. Onthou moet word dat Gordon spesifiek navraag gedoen het en bevind het dat Brink-Hop se verklaring van 'Bakoond' verkeerd is. 'Vleissny-rivier', se Gordon, sodat hy die tweede komponent, anders as Hahn, nie opvat as -kenap nie, maar as -ken- + -ab, -a(a)p, d.w.s. as ’n samestelling, met die laasgenoemde deel gelyk aan ǃa-b = rivier.
page start
737

Item sets