Keimoe

Naam van plaas van groot swart kop verkry, klink vir ons assosiatief reg. Eerste lid word gesien as 'vuur', in Nama ǀai- [ǀae] (Rust 21), in Kora volgens Borcherds 1801 t’gey-s, volgens Burchell 1812 ’kaai-p (HOTT 514), d.w.s. Kei- in die plaasnaam het, soos in Ou-Kora bewaar is, die uitspraak van 'vuur' met 'n velaar. 'Staan' is reeds van 1691 af opgeteken, in daardie jaar as ma-a (HOTT 466). Die samevoeging van die twee dele is goed bestaanbaar volgens die ou Khoekhoense bouwyse. Die rede vir die naam word gemotiveer, met aanknopings aan vuur. Eintlik word gedink aan vuurvlamme, en sekonder aan die vuurrooi kleur daarvan. Vgl. KEIMOE of 'Rooi-oog', letterlik egter 'Vuuroog'. Mnr Hayes se afleiding t.o.v. die eerste lid Kei = vuur is ongetwyfeld juis, maar dat dit ook op die kleur betrekking het, nl. op rooi, is ewe sekei vgl. die bespreking by KEIMAS(MUND) wat deel van hierdie bespreking is.

About this item

Identifier
1659_SKCPN
Title
Keimoe
Alternative Title
Keimoe
Georeference Sources
K 3324 BC
longitude
24.625
latitude
-33.375
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Gordon I778(?) ms 5 124 '...gereeden...tot de plaats van J:W: van Stade genaamt rooy oog 'keimoe in hottentots legt ook aan een der oorsprongen Noaghas'.
Description
afr Naam van plaas van groot swart kop verkry, klink vir ons assosiatief reg. Eerste lid word gesien as 'vuur', in Nama ǀai- [ǀae] (Rust 21), in Kora volgens Borcherds 1801 t’gey-s, volgens Burchell 1812 ’kaai-p (HOTT 514), d.w.s. Kei- in die plaasnaam het, soos in Ou-Kora bewaar is, die uitspraak van 'vuur' met 'n velaar. 'Staan' is reeds van 1691 af opgeteken, in daardie jaar as ma-a (HOTT 466). Die samevoeging van die twee dele is goed bestaanbaar volgens die ou Khoekhoense bouwyse. Die rede vir die naam word gemotiveer, met aanknopings aan vuur. Eintlik word gedink aan vuurvlamme, en sekonder aan die vuurrooi kleur daarvan. Vgl. KEIMOE of 'Rooi-oog', letterlik egter 'Vuuroog'. Mnr Hayes se afleiding t.o.v. die eerste lid Kei = vuur is ongetwyfeld juis, maar dat dit ook op die kleur betrekking het, nl. op rooi, is ewe sekei vgl. die bespreking by KEIMAS(MUND) wat deel van hierdie bespreking is.
page start
685

Item sets