Kommadagga

Dieselfde verklaring by Nienaber PJ 1963 SAPW 266, SESA 6 436 en by Du Plessis 1973 Ondersoek 252. Die Kom-word gelyk gestel met =f=gama = bruin; die -gha is eerder soos Nama -xa = volop aan, baie, naamlik hier 'baie bruin (rooi) klei', of soos -ka in Ou-Kaaps is dit ook 'rivier', wat nie uitgesluit is nie. Die begrip 'klei' is hiervolgens nie as sodanig in die naam vervat nie, dit word assosiatief bygedink. Dus: die 'Plek ryk aan (-gha) bruin/rooi (kom-) klei', anders die 'Bruin/rooi (Klei)rivier', met die -gha as 'rivier' opgevat, by Ou-Kaaps (ǃ)ka, in Nama ǃa-b (HOTT 430). Ons meen dat die afleidings verkeerd is wat hier gegee is, maar dat die feite origens juis is. Krenz FK 1976 Boer het reeds in ’n Aantekening by KOMASOAS daarop gewys dat =f=goma nog in Nama die betekenis het van 'Schlamm' of klei, modder. Ons meen dat die eerste komponent nie op 'n kleurnaam ^gama = bruin teruggaan nie, wat ’n -a- in die eerste lettergreep het, maar op ^goma = klei, modder, met 'n -o- in die eerste lettergreep, en daarin ooreenstem met die eerste komponent van die naam Korn-. Die -ga is o.i. te beoordeel soos =f=gomaxa = kleierig, of soos =(=goma-xa = 'baie klei'. Die rivier het dan sy naam van hierdie klei gekry, en die dorp sy naam van die rivier.

About this item

Identifier
1861_SKCPN
Title
Kommadagga
Alternative Title
Kommadagga
Georeference Sources
K 3325 BB
longitude
25.875
latitude
-33.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Van Jaarsvelt A 1780 Moodie Record 3 96 'Commadagga'. De Wet OG 1780 aid. 99 'Camdagga.' Collins 1809 Notes in Records 5 50 'After passing through a bushy country to Commandakka...' Sparrman 1775 VCGH 2 81 'Towards evening we departed, and got before night to Quammedacka Well'. Ibid. 90 'Quammedacka'. Swellengrebel H 1776 GM RZA 4 16 '...aan de Kleyne Vischrivier, die hier langs de Komdaggasse heuvels loopt en beneeden in de Groote Visch R.' Ibid. 16 '...aan de Comdagga, zynde een fonteyn...' Van Plettenberg 1778 GM RZA 4 49 'passeerden...de Kleyne Vischrivier... quamen...op de plaats...de Camdaga genaamt'. Lichtenstein 1803-6 RISA 1 572 '...es ist dieselbe, die bei Sparrman unter den nunmehr vergessenen Namen Quammedakka vorkommt...' [net wes van Kleinvisrivier gelee.] Van Reenen DG 1803 VRV 18 147 'Aan Comme Dogga...'. Ibid. 146 'Camdaga'. Burchell 1811 / 149 '...when I re-entered the same botanical parallel at Kommedakka and Zwartwater Poort...' Latrobe 1816 225 'Commadocha, a military post, lately forsaken...' Backhouse 1839 Visit landkaart 'Kammadagga' [genoem deur Botha 1926 PNCP 35.1 Pettman 1921 SAJS 17 346 'It is to be referred to the two Hottentot words, Ihomi (a hill, mountain), and daxab, Cannabis sativa, dagga, or wild hemp, and really means Daggaberg.
Description
afr Dieselfde verklaring by Nienaber PJ 1963 SAPW 266, SESA 6 436 en by Du Plessis 1973 Ondersoek 252. Die Kom-word gelyk gestel met =f=gama = bruin; die -gha is eerder soos Nama -xa = volop aan, baie, naamlik hier 'baie bruin (rooi) klei', of soos -ka in Ou-Kaaps is dit ook 'rivier', wat nie uitgesluit is nie. Die begrip 'klei' is hiervolgens nie as sodanig in die naam vervat nie, dit word assosiatief bygedink. Dus: die 'Plek ryk aan (-gha) bruin/rooi (kom-) klei', anders die 'Bruin/rooi (Klei)rivier', met die -gha as 'rivier' opgevat, by Ou-Kaaps (ǃ)ka, in Nama ǃa-b (HOTT 430). Ons meen dat die afleidings verkeerd is wat hier gegee is, maar dat die feite origens juis is. Krenz FK 1976 Boer het reeds in ’n Aantekening by KOMASOAS daarop gewys dat =f=goma nog in Nama die betekenis het van 'Schlamm' of klei, modder. Ons meen dat die eerste komponent nie op 'n kleurnaam ^gama = bruin teruggaan nie, wat ’n -a- in die eerste lettergreep het, maar op ^goma = klei, modder, met 'n -o- in die eerste lettergreep, en daarin ooreenstem met die eerste komponent van die naam Korn-. Die -ga is o.i. te beoordeel soos =f=gomaxa = kleierig, of soos =(=goma-xa = 'baie klei'. Die rivier het dan sy naam van hierdie klei gekry, en die dorp sy naam van die rivier.
page start
751

Item sets