Kakouri(E)

Hier is allerlei probleme. Vir eers die vorm 'Takemas' van Gordon. In Ou- Kaaps kom die variabiliteit van t- en k- dikwels voor, bv. vir 'twee' t-am naas k-am, vir 'hoed' t-abba naas k-abba (HOTT 180 en 5 E 1), ook in plekname kry ons dit, so by Hahn 1881 Tsuni-ǀǀGoam 11 '...even to the jungles of ǀKhunobis (Tunobis of Galton and Anderson)...', vgl. TUNOBIS. Taalkundig is dit in orde dat Takemas dieselfde is as Kakamas, en Forbes 1965 PTSA 106b het dit ook geografies bewys waar hy se: 'His (d.i. Gordon se) crossing place he mapped as Takemas, the initial letter of which may have represented a click, now rendered as K, and thus suggesting that his Takemas is the modern Kakamas, This name, according to Mr M.J. Oosthuizen, is still prefixed by a click by some of the local non-Europeans of Korana extraction. It is said to mean 'the charging cow’ or 'the angry cow’...' Maar is ^Gamagas dieselfde woord as Kakamas? Dit is wat Van Vreeden beweer in sy aangehaalde artikel in TVV 14/4 bl. 29 en wat hy vermeld as een van die vier verklarings. Nienaber PJ volg horn hierin na. Dit is ’n vergissing, die twee name het niks met mekaar te doen nie en Pettman beweer dit ook geensins. Vgl. KAMAGAS. Van Vreeden se verklarings moet tot drie ver- minder word en 'Die-plek-van-die-rooi-klei' moet geskrap word Dan bly die volgende oor, afleidings random die begrippe 'drink, suip', 'weiding' en 'koei, bees'. Ons het geen ander aanknopingspunte wat ons kan help nie behalwe hierdie 'oorlewerings'. Ons kan miskien kyk watter van die begrippe na ons mening die naaste aansluit by die klankbousel van die naam soos dit vir ons bewaar is. Ons meen dit is 'Suiping'. 'Drink, suip' is in Nama vandag a, sonder velere anlaut, maar in Kora was dit xa of kx’a (die x verteenwoordig die Griekse chi en klink ongeveer soos die Afr. g in g-aan). Daar is in Ou-Kaaps nege vroee optekeninge van die woord aangegee in HOTT 252; almaǃ van die Kaap af oos- en noordwaarts begin met die velere k- (bv. kaa, kaa, t’ka), afkomstig van sewe segsliede, van wie vyf dit met 'n suigkonsonant aandui. Vir Nama het Kroenlein 1889 Wortschatz 2 die inskrywing a-a as kousatief, beteken 'tranken', dus 'laat drink, suip'. In Ou- Kaaps sal dit ooreenstemmend wees ka-ka-; die -ma- is ’n ou lokatief, die -s dui meer bepaald 'n waterplek aan, die geheel dus so ongeveer; 'Die Plek waar (mens) laat suip'. Ou-Kaaps het vir 'beeste' o.a. gougouqua, t’guku, gummande (HOTT 215), in Nama goma-n, ibidem Kora, en vir 'koei' goumas, kommas ens. (HOTT 346). Verbind ons dit, soos dr Van Vreeden, met die -kamas van Ka-kamas, dan pas dit goed in behalwe dat die klinker onrustig stem, Gordon het dit gehoor as -kemas wat minder goed die Ou-Kaapse vol klinkers verteenwoordig. 'Slegte weiding' wil klankmatig nie so nou aansluit as die twee voorgaandes nie. Saamvattend, uitgangspunt is dus; of die element ka-ka- vir 'laat suip', of’n ander groepering met -kamas by woorde vir 'horingvee, koeie'. Die een verklaar die eerste twee lettergrepe beter, die ander die laaste twee. Soos ons die een teenoor die ander afweeg, gaan ons voorkeur uit na 'Suipplek' of 'Suiping', Ou-Kaaps ka-ka- vir 'laat suip', en -mas, ’n lokatiewe formans vir 'plek waar' (hier naamlik: laat suip word)

About this item

Identifier
1470_SKCPN
Title
Kakouri(E)
Alternative Title
Kakouri(E)
Georeference Sources
K 3226 C
longitude
26.25
latitude
-32.75
Measurement Accuracy
25 km radius
Source
afr Swellengrebel H 1776 GM RZA 4 11 '...door een kleyne R. de Kakourie gent. Gestadige, grazige heuvels, een bouwbaar land, dog geen afleyding voor het water, doordien de R. te diep legt, te maken...' Ibid, ms Journaal 29 'de Kakouri'. Forbes 1965 PTSA 71 'The Kakouri River at which they rested...could be the Kaba near Albertsdale'.
Description
afr Hier is allerlei probleme. Vir eers die vorm 'Takemas' van Gordon. In Ou- Kaaps kom die variabiliteit van t- en k- dikwels voor, bv. vir 'twee' t-am naas k-am, vir 'hoed' t-abba naas k-abba (HOTT 180 en 5 E 1), ook in plekname kry ons dit, so by Hahn 1881 Tsuni-ǀǀGoam 11 '...even to the jungles of ǀKhunobis (Tunobis of Galton and Anderson)...', vgl. TUNOBIS. Taalkundig is dit in orde dat Takemas dieselfde is as Kakamas, en Forbes 1965 PTSA 106b het dit ook geografies bewys waar hy se: 'His (d.i. Gordon se) crossing place he mapped as Takemas, the initial letter of which may have represented a click, now rendered as K, and thus suggesting that his Takemas is the modern Kakamas, This name, according to Mr M.J. Oosthuizen, is still prefixed by a click by some of the local non-Europeans of Korana extraction. It is said to mean 'the charging cow’ or 'the angry cow’...' Maar is ^Gamagas dieselfde woord as Kakamas? Dit is wat Van Vreeden beweer in sy aangehaalde artikel in TVV 14/4 bl. 29 en wat hy vermeld as een van die vier verklarings. Nienaber PJ volg horn hierin na. Dit is ’n vergissing, die twee name het niks met mekaar te doen nie en Pettman beweer dit ook geensins. Vgl. KAMAGAS. Van Vreeden se verklarings moet tot drie ver- minder word en 'Die-plek-van-die-rooi-klei' moet geskrap word Dan bly die volgende oor, afleidings random die begrippe 'drink, suip', 'weiding' en 'koei, bees'. Ons het geen ander aanknopingspunte wat ons kan help nie behalwe hierdie 'oorlewerings'. Ons kan miskien kyk watter van die begrippe na ons mening die naaste aansluit by die klankbousel van die naam soos dit vir ons bewaar is. Ons meen dit is 'Suiping'. 'Drink, suip' is in Nama vandag a, sonder velere anlaut, maar in Kora was dit xa of kx’a (die x verteenwoordig die Griekse chi en klink ongeveer soos die Afr. g in g-aan). Daar is in Ou-Kaaps nege vroee optekeninge van die woord aangegee in HOTT 252; almaǃ van die Kaap af oos- en noordwaarts begin met die velere k- (bv. kaa, kaa, t’ka), afkomstig van sewe segsliede, van wie vyf dit met 'n suigkonsonant aandui. Vir Nama het Kroenlein 1889 Wortschatz 2 die inskrywing a-a as kousatief, beteken 'tranken', dus 'laat drink, suip'. In Ou- Kaaps sal dit ooreenstemmend wees ka-ka-; die -ma- is ’n ou lokatief, die -s dui meer bepaald 'n waterplek aan, die geheel dus so ongeveer; 'Die Plek waar (mens) laat suip'.
Ou-Kaaps het vir 'beeste' o.a. gougouqua, t’guku, gummande (HOTT 215), in Nama goma-n, ibidem Kora, en vir 'koei' goumas, kommas ens. (HOTT 346). Verbind ons dit, soos dr Van Vreeden, met die -kamas van Ka-kamas, dan pas dit goed in behalwe dat die klinker onrustig stem, Gordon het dit gehoor as -kemas wat minder goed die Ou-Kaapse vol klinkers verteenwoordig.
'Slegte weiding' wil klankmatig nie so nou aansluit as die twee voorgaandes nie.
Saamvattend, uitgangspunt is dus; of die element ka-ka- vir 'laat suip', of’n ander groepering met -kamas by woorde vir 'horingvee, koeie'. Die een verklaar die eerste twee lettergrepe beter, die ander die laaste twee. Soos ons die een teenoor die ander afweeg, gaan ons voorkeur uit na 'Suipplek' of 'Suiping', Ou-Kaaps ka-ka- vir 'laat suip', en -mas, ’n lokatiewe formans vir 'plek waar' (hier naamlik: laat suip word)
page start
617

Item sets