Komga

Ons het hier drie verklaringspogings, een steun op ’n grondwoord met 'n ka-, die ander twee op 'n grondwoord met 'n ko- as die beginklanke: die eerste gaan uit van die begrip 'bruin', die ander twee van die begrippe 'maag/pens' en 'olyf'. Die aanhalinge is so gekies dat hulle veral die spellingverskille t.o.v. ka- en ko- uitbring. Ons kan ’n duidelike vasstelling maak. By opmerksame lesing blyk dit dat die Duitse sendelinge van 1845 af en geleerdes soos prof. Moritz onlangs en prof. Schultze voor horn ’n 'stryd' voer om Ka- as die 'regte' vorm te propageer ten koste van Ko-maggas. Kroenlein noem Komaggas 'falsch'. Die rede is dat hulle sedert Knudsen 1845 die grondwoord sien as =f=gama = bruin. Schultze rasionaliseer dit deur te verwys na die kleur van die rotse daar naby, ander, soos Pettman (nie aangehaal nie) se die okergrond word gebruik om die gesigte daarmee mooi te maak deur hulle bruin te verf. =f=Gamaggas, eintlik =f=Gama-xa-s beteken die 'Plek (-s) wat baie (xa) bruin (=f=gama) is'. Maar die feit bly dat (met die uitsondering van Gordon) die woord vryelik met ’n Ko- opgeteken is van die jare vroeg af, so deur Engelsskrywende reisigers (ons kan nog verskeie name byvoeg van bv. Galton af), so deur die oudste Duitse sendelinge, bv. Hugo Hahn en Knudsen self voor 1845, ook Samuel Hahn, Kleinschmidt e.a. Die huidige amptelike spelwyse van 'Komaggas' bewaaro.i. die ou uitspraak. Mens vrajou af hoekom daar die aksie was/is om van Ko-maggas weg te breek. Dit is altyd twyfelagtig of mens ander se motiewe mag raai. Ons het net die vermoede dat die sendelinge afgestoot is deur ’n naam waarvan een bestanddeel 'maag/pens' is en hulle dit liewers wou veredel het. In Ou-Kaaps is 'n halfdosyn optekeninge van 'buyk' as ch- of g-omma ens. (HOTT 376), in Nama ǀǀkhom-s = 'der Magen (von Thieren, holl. pens)' (Kr.-R. 1969 NW 244), wat ooreenstem met die eerste bestanddeel. Dan kan ons die naam volgens Nama rekonstrueer as ǀǀKhoma- xa-s, die 'Plek (-s) met baie (xa) pense (ǀǀkhom-)'. Die skrywer van SESA rasionaliseer dit as 'n oordragtelike beeld volgens die topografie ingegee. Miskien is die poetisering nie nodig nie en berus die naamgewing op ’n gebeurtenis waarby baie diere omgekom het. Taalkundig is die derde verklaring ook aanneemlik, nl. om die Koma- in ver- band te bring met die inlandse naam vir die oliewenhout, die Olea verrucosa, in Ou-Kaaps comma, Nama ǃgom-s, vervat in die pleknaam Koeninganib by Wikar juis uit hierdie landstreek waar die Komaggas le, en wat ook die Namastam 'Comeincqua' benoem, so gespel deur Roos-Marais 1762. Dan sal dit lees (in Namavorm) ǃGoma-xa-s, die 'Olienhoutryke Plek'. Onses insiens dan is die verklaring verkeerd wat van 4=Gama- = bruin uitgaan, en die ander twee beter gefundeerd wat aansluit by die 'tradisionele' uitspraak Komaggas. Teoreties (wat natuurlik nie die deurslag kan gee nie) verkies ons die verklaring van 'Olienhoutplek' as minder geforseerd vir singewing as 'Pensryke Plek', indien daar vroeer sulke borne was of as die Komeinkwa vroeer daarmee betrekkinge gehad het. Wat ons betref, staan die saak oop. Komaggas is ’n sendingstasie (agtereenvolgens van die Londense Sen- dinggenootskap (van 1829 af), die Rynse Sendinggenootskap (sedert 1843) en van 1936 af van die N.G. Kerk), dit is ’n Kleurlingreservaat, en in die spelvorm van Kamaggas, volgens die Topo-kadastrale reeks 1965 vel 2916 Springbok, is daar met die naam ook die plaas Gr. 21/1955 op K 2917 CB/CD, verder die Kamaggasrivier op K 2917 CB, en volgens Veillet se kaart is daar ook die 'Kammaggas Mountains' op K 2917 CB/DC; die bergnaam kom op Topografiese reeks 1974 vel 2916 Springbok voor as 'Komaggas'.

About this item

Identifier
1859_SKCPN
Title
Komga
Alternative Title
Komga
Georeference Sources
K 3227 DB
longitude
27.875
latitude
-32.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Smith 1832 VRV 36 14 '...we drove through the river [verstaan: Gonubie]...thereafter descending to Komgha...' Kropf 1899, Kropf-Godfrey 1915 Diet. 506 'i-Qumra, a right tributary of the Kei; e-Qumra, the town and division of Komgha, which took its name from the clay mines in that neighbourhood'. Pettman 1931 SAPN 20 '...the Ciskeian i Qumra (our Komgha), which the Kaffirs appear to have taken over from their Flottentot predecessors, meaning finely powdered red clay...' [waarmee die vrouens hulle gesigte versier; dan volg aanhaling uit Kropf. Die Kom- word dan in verband ge- bring met die woord wat in Nama lui:=f=gama = bruin.]
Description
afr Ons het hier drie verklaringspogings, een steun op ’n grondwoord met 'n ka-, die ander twee op 'n grondwoord met 'n ko- as die beginklanke: die eerste gaan uit van die begrip 'bruin', die ander twee van die begrippe 'maag/pens' en 'olyf'. Die aanhalinge is so gekies dat hulle veral die spellingverskille t.o.v. ka- en ko- uitbring. Ons kan ’n duidelike vasstelling maak. By opmerksame lesing blyk dit dat die Duitse sendelinge van 1845 af en geleerdes soos prof. Moritz onlangs en prof. Schultze voor horn ’n 'stryd' voer om Ka- as die 'regte' vorm te propageer ten koste van Ko-maggas. Kroenlein noem Komaggas 'falsch'. Die rede is dat hulle sedert Knudsen 1845 die grondwoord sien as =f=gama = bruin. Schultze rasionaliseer dit deur te verwys na die kleur van die rotse daar naby, ander, soos Pettman (nie aangehaal nie) se die okergrond word gebruik om die gesigte daarmee mooi te maak deur hulle bruin te verf. =f=Gamaggas, eintlik =f=Gama-xa-s beteken die 'Plek (-s) wat baie (xa) bruin (=f=gama) is'. Maar die feit bly dat (met die uitsondering van Gordon) die woord vryelik met ’n Ko- opgeteken is van die jare vroeg af, so deur Engelsskrywende reisigers (ons kan nog verskeie name byvoeg van bv. Galton af), so deur die oudste Duitse sendelinge, bv. Hugo Hahn en Knudsen self voor 1845, ook Samuel Hahn, Kleinschmidt e.a. Die huidige amptelike spelwyse van 'Komaggas' bewaaro.i. die ou uitspraak. Mens vrajou af hoekom daar die aksie was/is om van Ko-maggas weg te breek. Dit is altyd twyfelagtig of mens ander se motiewe mag raai. Ons het net die vermoede dat die sendelinge afgestoot is deur ’n naam waarvan een bestanddeel 'maag/pens' is en hulle dit liewers wou veredel het. In Ou-Kaaps is 'n halfdosyn optekeninge van 'buyk' as ch- of g-omma ens. (HOTT 376), in Nama ǀǀkhom-s = 'der Magen (von Thieren, holl. pens)' (Kr.-R. 1969 NW 244), wat ooreenstem met die eerste bestanddeel. Dan kan ons die naam volgens Nama rekonstrueer as ǀǀKhoma- xa-s, die 'Plek (-s) met baie (xa) pense (ǀǀkhom-)'. Die skrywer van SESA rasionaliseer dit as 'n oordragtelike beeld volgens die topografie ingegee. Miskien is die poetisering nie nodig nie en berus die naamgewing op ’n gebeurtenis waarby baie diere omgekom het.
Taalkundig is die derde verklaring ook aanneemlik, nl. om die Koma- in ver- band te bring met die inlandse naam vir die oliewenhout, die Olea verrucosa, in Ou-Kaaps comma, Nama ǃgom-s, vervat in die pleknaam Koeninganib by Wikar juis uit hierdie landstreek waar die Komaggas le, en wat ook die Namastam 'Comeincqua' benoem, so gespel deur Roos-Marais 1762. Dan sal dit lees (in Namavorm) ǃGoma-xa-s, die 'Olienhoutryke Plek'. Onses insiens dan is die verklaring verkeerd wat van 4=Gama- = bruin uitgaan, en die ander twee beter gefundeerd wat aansluit by die 'tradisionele' uitspraak Komaggas. Teoreties (wat natuurlik nie die deurslag kan gee nie) verkies ons die verklaring van 'Olienhoutplek' as minder geforseerd vir singewing as 'Pensryke Plek', indien daar vroeer sulke borne was of as die Komeinkwa vroeer daarmee betrekkinge gehad het. Wat ons betref, staan die saak oop.
Komaggas is ’n sendingstasie (agtereenvolgens van die Londense Sen- dinggenootskap (van 1829 af), die Rynse Sendinggenootskap (sedert 1843) en van 1936 af van die N.G. Kerk), dit is ’n Kleurlingreservaat, en in die spelvorm van Kamaggas, volgens die Topo-kadastrale reeks 1965 vel 2916 Springbok, is daar met die naam ook die plaas Gr. 21/1955 op K 2917 CB/CD, verder die Kamaggasrivier op K 2917 CB, en volgens Veillet se kaart is daar ook die 'Kammaggas Mountains' op K 2917 CB/DC; die bergnaam kom op Topografiese reeks 1974 vel 2916 Springbok voor as 'Komaggas'.
page start
750

Item sets