Kaukay

Mnr Skead noem nie sy bron hier nie. In 'n privaat brief (2.4.1976) vertel hy hoe hy uit ou kaarte en reisberigte plekke gelokaliseer het met die oog op identifikasie van die plekke in terme van die huidige name, veral i.v.m. sy studies oor die soogdiere en voelsoorte en hulle habitat in die vroee jare. 'It is wonderful how one is able to work out directions and distances'. Hy kon vasstel dat T'kaut'kai [lees: t'Kau-t’kail die huidige pleknaam Buffeljagsrivier is, geneem dus van die gelyknamige riviertjie wat ten ooste van Swellendam verbyloop en in die Breerivier uitwater. Dit is nie dieselfde plek en rivier as Sparrman se t'Kau-t'kay nie (vgl. KAUKAY). Ook taalkundig kan Skead volkome gelyk he, Nama ǀgao-b = buffel kom van vroeg af (bv. 1691) en dikwels in Ou-Kaaps voor (HOTT 235-6), vir die Oostelike gebiede o.a. as KaW (Thunberg), t’kau (Sparrman). Die tweede komponent -t’kai sluit aan by Nama ǃhae-s = jag, bv. te perd (Kroenlein 1889 Wortschatz 153). T’Kau is dus 'buffel', t'kai is 'jag', T'kau-t’kai is dan letterlik 'Buffeljag'. Die naam is sonder twyfel ’n vertaling uit Khoekhoens. In moderne Nama sal dit (met die ml. ekv. -b as indeks vir die rivier) heet ǀGao-ǃhae-b, met die bekende wisselinge van g- en h- wat in Ou-Kaaps respektiewelik voorkom as k- (5 A 3) en k- (5 C 3). Die grond vir die baie ou naam (in sy Hollandse vorm vermeld) gee o.a. Paterson 1777 Narrative 62 wat se: '...we crossed the Buffalye Agte River, so called from its being formerly a noted place for hunting buffaloes...' Kyk verder Du Plessis 1973 Ondersoek 208; hy vertel daar nog dat ook lord Charles Somerset langs hierdie rivier buffels gejag het en dat sy tuishuis nog bestaan.

About this item

Identifier
1618_SKCPN
Title
Kaukay
Alternative Title
Kaukay
Georeference Sources
K 3225, uitwateringspunt 3327 AC
longitude
25.5
latitude
-32.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Notes about Name
ou naam van die Grootvisrivier in Oos-Kaapland)
Source
afr Sparrman 1776 VCGH 2 146 'From t’Kau-t'kay, or the great fish river, to t’Kamsi-t’kay, or the white river, they reckon seven days journey'. Ibid. 190 'Near the river t’kau-t’kai, or Great Visch-river...'
Description
afr Mnr Skead noem nie sy bron hier nie. In 'n privaat brief (2.4.1976) vertel hy hoe hy uit ou kaarte en reisberigte plekke gelokaliseer het met die oog op identifikasie van die plekke in terme van die huidige name, veral i.v.m. sy studies oor die soogdiere en voelsoorte en hulle habitat in die vroee jare. 'It is wonderful how one is able to work out directions and distances'. Hy kon vasstel dat T'kaut'kai [lees: t'Kau-t’kail die huidige pleknaam Buffeljagsrivier is, geneem dus van die gelyknamige riviertjie wat ten ooste van Swellendam verbyloop en in die Breerivier uitwater. Dit is nie dieselfde plek en rivier as Sparrman se t'Kau-t'kay nie (vgl. KAUKAY). Ook taalkundig kan Skead volkome gelyk he, Nama ǀgao-b = buffel kom van vroeg af (bv. 1691) en dikwels in Ou-Kaaps voor (HOTT 235-6), vir die Oostelike gebiede o.a. as KaW (Thunberg), t’kau (Sparrman). Die tweede komponent -t’kai sluit aan by Nama ǃhae-s = jag, bv. te perd (Kroenlein 1889 Wortschatz 153). T’Kau is dus 'buffel', t'kai is 'jag', T'kau-t’kai is dan letterlik 'Buffeljag'. Die naam is sonder twyfel ’n vertaling uit Khoekhoens. In moderne Nama sal dit (met die ml. ekv. -b as indeks vir die rivier) heet ǀGao-ǃhae-b, met die bekende wisselinge van g- en h- wat in Ou-Kaaps respektiewelik voorkom as k- (5 A 3) en k- (5 C 3). Die grond vir die baie ou naam (in sy Hollandse vorm vermeld) gee o.a. Paterson 1777 Narrative 62 wat se: '...we crossed the Buffalye Agte River, so called from its being formerly a noted place for hunting buffaloes...' Kyk verder Du Plessis 1973 Ondersoek 208; hy vertel daar nog dat ook lord Charles Somerset langs hierdie rivier buffels gejag het en dat sy tuishuis nog bestaan.
page start
671

Item sets