Krakadou(W)

Die aanhalings uit die tyd voor 1800 gee spellingvariante, bv. van die eerste lid Cracha, Kraka, Krake. Kragga, daarna oorheers Kragga- en Krak(k)a. Geen enkele vroee reisiger dui die betekenis aan nie. Die geografiese omlyning is vaag, dit is 'n vallei/vlei, landstreek, hoek, vergaderplek van water. Hier is sprake van die gebied Algoabaai en Port Elizabeth, vgl. Forbes 1965 PTSA 12b, 13a, 51a ens. Die betekenis van -kamma in Ou-Kaaps is 'water' (HOTT. 522), ook 'rivier' (aid. 430), en sal ook op die 'vlei' slaan waarvan die reisigers praat. Kragga- soos by Pettman, wat aid. bl. 39 'n toevoeging maak, nl. dat die -ga- of -ka- soos Nama xa is = veel, dus: 11kara- (= gruis), xa ( = baie), -kamma = water, rivier, vlei, 'Gruis-ryke Waterplek'. Maar Wirgman en Mayo 1925 p. 2 (aangehaal deur PE Raper 1968 TVV 24/1 27 en 1972 Streekname 59) vertaal die naam as 'soet water' en dink wel aan Nama gara = fris, koel. Vir literatuur verder naas Pettman en Raper ook Nienaber PJ 1963 SAPW 267, Maingard LF Africana Notes and News 14/8 291-2 Des. 1961 en Du Plessis 1973 Ondersoek 256. Daar is dan twee verklarings, albei van resente datum. Die van Pettman 1931 waarby Maingard 1961, dus dertig jaar later, horn aansluit, praat van 'Waterplek wat ryk aan gruisklip is'. Die van 1925, die oudste aan ons bekend, praat van 'Koel-, Varswaterplek'. Die een kies tot grondslag die woord wat vandag in Nama lui ǀǀkhara-b = gruis, die ander kies Nama gara-b = koelte, by gara = 'kuhl' (Kroenlein 1889 Wortschatz 74). Taalkundig is albei aanvaarbaar. Ons meen dat 'Koel-' of 'Varswater' ook goed motiveer- baar is, as synde in teenstelling met die eweneens naby die see gelee sout- panne net oorkant die stad. Die 'Koel-' of 'Varsrivier' (die riviertjie het die see bereik, vgl. volledige beskrywing van Swellengrebel wat ons nie voluit aangehaal het nie) het teenstellende waarde gehad - dit verwys na die soet water, 'sweet water' noem Wirgman en Mayo dit, smaaklik en bruikbaar. Of daar in die valleigebied gruisklip was, kon ons nie vasstel nie. Maar vir ons lyk die verklaring van die naam as 'Vars-' of 'Soetwater' (met 'water' gebruik vir rivier of vlei ens.) die aanneemlikste. Voorlopig wil ons ons hierby aansluit. Daar moet in aanmerking geneem word dat die naam baie oud is, Beutler het dit reeds in 1725 geken. Toe was daar nog geen stad tussen die soutpanne aan die oostelike en hierdie soetwatervlei en -rivier aan die westelike kant nie. Ook het Kraggakamma vroeer 'n ruimer gebied bestryk as tans. Skead CJ 1973 Gazetteer het vasgestel dat Kraggakamma ook gebruik is om Algoabaai aan te dui, en Swellengrebel gee spesifiek die groot uitgestrektheid aan van die gebied wat in sy tyd bekend was as Kraggakamma.

About this item

Identifier
1946_SKCPN
Title
Krakadou(W)
Alternative Title
Krakadou(W)
Georeference Sources
K 3219
longitude
19.5
latitude
-32.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Landmeter-generaal 1895 kaart van Kaapkolonie 'Krakadouw-Pass'. Hahn Th 1901 Collectanea / 145 'Krakadouw fur ǃ Kharagadaob, Scheideweg'. Botha 1927 PNCP 32 'Over the Cedarberg Mountains is a Krakadouw-Pass'. Pettman 1931 SAPN 39 'There is a pass in the Cedarberg range, Clanwilliam district, known as the Krakadouw Pass - ‘the black cliffs of Krakadouw Heights, a massive peak'; the name appears to be derived from the Hottentot words ǀǀkarab, pebbles, gravel; -xa, adj. termination, abundance...'
Description
afr Die aanhalings uit die tyd voor 1800 gee spellingvariante, bv. van die eerste lid Cracha, Kraka, Krake. Kragga, daarna oorheers Kragga- en Krak(k)a. Geen enkele vroee reisiger dui die betekenis aan nie. Die geografiese omlyning is vaag, dit is 'n vallei/vlei, landstreek, hoek, vergaderplek van water. Hier is sprake van die gebied Algoabaai en Port Elizabeth, vgl. Forbes 1965 PTSA 12b, 13a, 51a ens. Die betekenis van -kamma in Ou-Kaaps is 'water' (HOTT. 522), ook 'rivier' (aid. 430), en sal ook op die 'vlei' slaan waarvan die reisigers praat. Kragga- soos by Pettman, wat aid. bl. 39 'n toevoeging maak, nl. dat die -ga- of -ka- soos Nama xa is = veel, dus: 11kara- (= gruis), xa ( = baie), -kamma = water, rivier, vlei, 'Gruis-ryke Waterplek'. Maar Wirgman en Mayo 1925 p. 2 (aangehaal deur PE Raper 1968 TVV 24/1 27 en 1972 Streekname 59) vertaal die naam as 'soet water' en dink wel aan Nama gara = fris, koel. Vir literatuur verder naas Pettman en Raper ook Nienaber PJ 1963 SAPW 267, Maingard LF Africana Notes and News 14/8 291-2 Des. 1961 en Du Plessis 1973 Ondersoek 256. Daar is dan twee verklarings, albei van resente datum. Die van Pettman 1931 waarby Maingard 1961, dus dertig jaar later, horn aansluit, praat van 'Waterplek wat ryk aan gruisklip is'. Die van 1925, die oudste aan ons bekend, praat van 'Koel-, Varswaterplek'. Die een kies tot grondslag die woord wat vandag in Nama lui ǀǀkhara-b = gruis, die ander kies Nama gara-b = koelte, by gara = 'kuhl' (Kroenlein 1889 Wortschatz 74). Taalkundig is albei aanvaarbaar. Ons meen dat 'Koel-' of 'Varswater' ook goed motiveer- baar is, as synde in teenstelling met die eweneens naby die see gelee sout- panne net oorkant die stad. Die 'Koel-' of 'Varsrivier' (die riviertjie het die see bereik, vgl. volledige beskrywing van Swellengrebel wat ons nie voluit aangehaal het nie) het teenstellende waarde gehad - dit verwys na die soet water, 'sweet water' noem Wirgman en Mayo dit, smaaklik en bruikbaar. Of daar in die valleigebied gruisklip was, kon ons nie vasstel nie. Maar vir ons lyk die verklaring van die naam as 'Vars-' of 'Soetwater' (met 'water' gebruik vir rivier of vlei ens.) die aanneemlikste. Voorlopig wil ons ons hierby aansluit. Daar moet in aanmerking geneem word dat die naam baie oud is, Beutler het dit reeds in 1725 geken. Toe was daar nog geen stad tussen die soutpanne aan die oostelike en hierdie soetwatervlei en -rivier aan die westelike kant nie. Ook het Kraggakamma vroeer 'n ruimer gebied bestryk as tans. Skead CJ 1973 Gazetteer het vasgestel dat Kraggakamma ook gebruik is om Algoabaai aan te dui, en Swellengrebel gee spesifiek die groot uitgestrektheid aan van die gebied wat in sy tyd bekend was as Kraggakamma.
page start
787

Item sets