Kamies(Berg), Kamies(Kroon)

Nama [(garni = water, met verskerpte velaar k vir g, en -xa-, infiks vir 'volop', en genusuitgang -b wat ook kan lokativeer. Dus: die 'Plek (-b) van baie (-xa-) water (ǀǀgami)'. Krenz FK 1974 Boer Aantekening hierby 'As dit met water te doen het, sou dit ǀǀgamxa gewees het, nie ǀǀgamixa nie. Is dit nie ǀAmi = vol- struis, xa = baie, of ^a, Volstruisvlakte, of Plek van baie volstruise?'

About this item

Identifier
1496_SKCPN
Title
Kamies(Berg), Kamies(Kroon)
Alternative Title
Kamies(Berg), Kamies(Kroon)
Georeference Sources
K 3017/3018
longitude
17.5
latitude
-30.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Paterson 1778 NFJ 56 '...came to the Black Thorn River, which has its sources at the Camies Berg. This is one of the highest mountains in this part of the country...' Wikar 1779 VRV 15 176 '...naby de Camusberg geweest...' Ibid. 198 'Kamusbergh'. Van Reenen Wm 1791 VRV 15 296 '...na de Kamiesberg...' Ibid. 320 'de Camiesberg'. Gordon ong. 1792 Kaart AG 7146 'Kamies zynde in het Hottentots gras Veld Berg, de hoogste punten 5265 voet booven de Zee'. Barrow 1797 ATIS / 384-5 'The mountains, within the defiles of which we now were, are called in the Namaqua language, the Khamies, signifying the cluster or aggregate...To two of this sort [verstaan: composed of large rounded masses of granite), from their similarity to those remarkable stones already noticed under the names of the Pearl and the Diamond, but ten times their size...I gave the name of the Namaqua Pearls'. Ibid. 2 358 'The Khamies berg is a cluster of mountains situated in the middle of the country that formerly was inhabited by the Namaquas Hottentots...' Alexander JE 1836 EDIA 1 53 '...and before commencing the ascent of one of the offsets of the Kamies or Lion Mountain...' Op kaart 'Kamies or Lion Ms.' Knudsen 1845 Nama-A.B.Z. ^Kannis 16 'ǀHamis: Kamisberg'. Freeman 1849 Tour kaart 'Xamies Bergen'. Tindall H 1856 Two lectures 9 '...the Kamies Bergen, properly Chamies, the multitude'. [Pettman hierby 'Nama: ǀhami, a congeries or collection...'.] Kroenlein 1889 Wortschatz 146 'ǀHamis, der Kamisberg', onder trefwoord ǀhami wat o.a. beteken 'zerstreutes Vieh sammeln.' Rust 1969 in sy verwerking van Kroenlein, NW 156, plaas 'ǀHamis: Kamiesberg' egter onder die trefwoord ǀhami = 'eine alte Matte', maar gee nie die verband helder aan nie. Mossop 1927 Old Cape Highways 162 'Kamies from Th’amies meaning a congeries or collection (‘bij makaar maaken’)'. Van Heerde, Piet, Springbok, 1965, in ’n privaat skrywe, daaruit: 'Mnr Pieter van Niekerk se dit kom van amie = om op te dra. Die bondels goed het tot die voet van die berg met waens gekom en moes toe deur mense of osse die berg opgedra word. Mnr Rooi Jim Dixon se Kamies kom van xnamies. Xnamies met die regte klap beteken 'n haas. Ons kry die Haasrivier wat van die berge afvloei, en seifs die vlaktes van Leliefontein was oorspronklik ook bekend as Xnamies. Kam = twee; twee-twee lotte berge, verduidelik mnr Skalk van der Merwe. Jy het die eerste uitgekom, dan kry jy die tweede lot berge bo die eerste... Daar word ook somtyds beweer dat toe die Hotten- totte in die droe dele van die land gekom het, hulle 'gekamie' geword het. Dit wou se dat een van hulle manlike kliere verwyder geword het. Die gekamiede mense het in die Kamiesberge gebly...Oupa de Vries, amper 90 jaar, se: Die Kamiesberge was na reg die xNamiesberge. xNam, met die regte klap, was die naam van ’n plant wat in die berge gegroei het. Dit was van ’n dikkerige geaardheid. Hulle het plakke daarvan gesny, dit gebraai en geeet met melk, en dit het lekker gesmaak. Oom Vossie se vrou, die suster van oupa De Vries, gee toe ook die naam van die plant xnam met die regte kliek. Die Witman het die berge Kamiesberge genoem, maar vir die Boesmans was dit nog altyd 'xNamies'-berge. Oom Hennie de Waal weet goed van die plant waarvan oupa De Vries gepraat het...' Coetzee 1969 TVV 25/3-4 42 'Kamieskroon staan onder die skadu van die in- drukwekkende berg Kardou wat soos ’n mens se kop bo die ander pieke uittroon, met ’n rotskrans wat soos 'n kroon daarom lyk. Ximie of XNtjim- mie is uit die Boesman verander in die volksmond tot Khamie of Kamie, en beteken bondel. Dit herinner aan die saamvat van jou bondel, vir die Boesman sy velle en ander skrale aardse besittings en dit dan oor die rug gooi of op die kop sit om van staanplek te verander. Die berge van ronde granietkoepels is die bondelberge, die Kamiesberge'. SESA 1972 6 288 'Kamies may be derived from the Nama kam, meaning two and so referring to the double or twin mountain...'
Description
afr Nama [(garni = water, met verskerpte velaar k vir g, en -xa-, infiks vir 'volop', en genusuitgang -b wat ook kan lokativeer. Dus: die 'Plek (-b) van baie (-xa-) water (ǀǀgami)'. Krenz FK 1974 Boer Aantekening hierby 'As dit met water te doen het, sou dit ǀǀgamxa gewees het, nie ǀǀgamixa nie. Is dit nie ǀAmi = vol- struis, xa = baie, of ^a, Volstruisvlakte, of Plek van baie volstruise?'
page start
624

Item sets