Kapkap
Die verklaringe loop uiteen t.o.v. albei lede. Die lid -us is vir Alexander 'plek', tensy die lokatiewe waarde net in die -s le, soos vir Kroenlein, Vedder en Rust. In -u-s sien Kroenlein duidelik Nama ǃu-s, klou, vgl. USIB. maar Mossop (by Brink) en Rust (by Kr.-R.) neem tot grondslag daarvan dieselfde woord met die 'Mittelton' in plaas van met die hoe toon, hulle gaan uit van u-s, voorkop, en nie van u-s, klou nie. Dit is inderdaad so dat dit moeilik is om met 'klou' 'n goeie verband te le. Wat die eerste lid betref, dit val op dat dr Vedder dit sonder suigklapper skryf en daarin die Namawoord 'sich voll, satt trinken' (Kr.-R. 213 by khanu) sien, dus: die 'Plek (-s) van dorsstilling (khanu-)', die 'Verkwikkingsplek'. Mossop gaan uit van ǀkan- in die betekenis van 'absplittern, (ab)spalten', dus 'Plek (-s) waar die plato afgesplits (ǀkan-) is soos die voorkop (ǃu-)'. Alexander se tolk en segsman, self 'n Khoekhoeb, pastore Kroenlein en Rust wat juis hierdie streek goed geken het, e.g. gesetel in Berseba, Ig. lank in Keetmanshoop, verbind dit met die ǀkan-bos. O.i. is dit die juiste identifikasie van die eerste lid, nl. soos Nama ǀkan-struik; hoe dit met die tweede lid saamgedink word, daaroor het ons geen sekerheid nie. Kroenlein 1868 se oor die bos dit: 'Im September bliiht der ǀKanu-busch, ein Dorn, der herrlich duftende gelbe Bluthen tragt und die ganze Luft mit seinem siissen Wohlgeruch erfullt' (Quellen 12 489). Volgens Ponnighaus 1931 Joernaal 6 17 is dit die Acacia Fleckii. Dit handel in al die gevalle oor die huidige plaas Kanus nr 94, dist. Karasburg, daarop ’n stasie met die plaasnaam, 23 km van Karasburg op roete na Keetmanshoop.