Koeroebees

Die berg, kop en rivier le by of (gedeeltelik) op die plaas Koeries, en die verklaring daarvoor behoort dus vir almal dieselfde te wees. Maar die segslui vir Opmeting gee ’n tweede verklaring wat taalkundig en in feite dieselfde graad van aanneemlikheid het. By die plaas (plase) KOERIS 2918 is dit daar verklaar met 'wit' n.a.v. die kwartsgesteentes, maar die segsliede hier ver- bind die naam nou met Nama ǀǀk(h)uri- = 'Schildkrote' (Kr.-R. 1969 NW 256). Hulle is naamlik segsliede wat klaarblyklik Nama en die omgewing ken (ons verstaan dit is ’n sendingleraar), hulle spesifiseer die woord as ’n klein veldskilpad. Wat ons betref, ons kan dit aanvaar, en meen dat die plaas dan moontlik ook so verklaar moet word. Die plaas Koeris Nam. Q. 6-5 le op 2918 BA, die Koerisberge daar op BB. Die spelling is onvas. Moontlik is ook die eerste deel van plaas Koeris and Taukheis Nam. Q. 5-26 soos hierdie Koeri(e)s te verklaar, hoewel hulle verderweg van mekaar af le, nl. op 2918 CB.

About this item

Identifier
1830_SKCPN
Title
Koeroebees
Alternative Title
Koeroebees
Georeference Sources
K 3017 BA
longitude
17.625
latitude
-30.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Sensuskaart 1891 Namakwaland 'Part of Doom Soubatters Fontein and Klipscheur alias Koeroebees'. Veillet s.j. kaart 'Koeroebees', op gegewe graadvierkant. Dixon TF 1974 Hotelbestuurder Gesprek 'Koeroebees is die plek waar daar ’n wateraar loop'.
Description
afr Die berg, kop en rivier le by of (gedeeltelik) op die plaas Koeries, en die verklaring daarvoor behoort dus vir almal dieselfde te wees. Maar die segslui vir Opmeting gee ’n tweede verklaring wat taalkundig en in feite dieselfde graad van aanneemlikheid het. By die plaas (plase) KOERIS 2918 is dit daar verklaar met 'wit' n.a.v. die kwartsgesteentes, maar die segsliede hier ver- bind die naam nou met Nama ǀǀk(h)uri- = 'Schildkrote' (Kr.-R. 1969 NW 256). Hulle is naamlik segsliede wat klaarblyklik Nama en die omgewing ken (ons verstaan dit is ’n sendingleraar), hulle spesifiseer die woord as ’n klein veldskilpad. Wat ons betref, ons kan dit aanvaar, en meen dat die plaas dan moontlik ook so verklaar moet word. Die plaas Koeris Nam. Q. 6-5 le op 2918 BA, die Koerisberge daar op BB. Die spelling is onvas. Moontlik is ook die eerste deel van plaas Koeris and Taukheis Nam. Q. 5-26 soos hierdie Koeri(e)s te verklaar, hoewel hulle verderweg van mekaar af le, nl. op 2918 CB.
page start
739

Item sets