Kujam, (-Kop), (Pools)

Bostaande is gekies met die oog op spelwyses en betekenisaanduidings. Ons het hier spellings sonder suigkonsonante, soos Koeisiep/Koesip, of K(h)uisip/b en Kuisep/b, almal redelik gelyk, en met suigklappers soos IKuiseb (Dove, Wandres, waarby ander gevoeg kan word, bv. Ponnighaus 1931 Joernaal 6 12 e.a.). Dan is daar die schnalzaanduidings volgens eie, vroee stelsels, Hahn gebruik ’n akuut bokant die K, ons het dit aangegee voor die K, vir die =f=, dus te lees as )= Kuisip, Scheppmann se hoe komma is die ǀǀ,dus te lees as ǀǀKuisib; die Q- by Tindall stel die ǃ voor (ǃKhuisip). Die meeste hoor die 'serebrale' suigklap, die ǃ (ǃKuisib). In feite is die enigste opmerklike afwyking die van Scheppmann. Die tweede verklaring van Alexander, nl. in ED1A 2 123, is ’n blote vergissing, hy het daar aan Swakop gedink. Ons kan dit verder stilswyend verbygaan as 'n interessante voorbeeld van onopsetlike verwarring. Terloops word daarop gewys dat eommige vroee aanhalings van die Kuiseb praat as ’n vrugbare gebied (Schmelen bv.), soos dit inderdaad was voor die duine dit ingeneem het. Kyk o.a. H Vedder 1966 South West Africa in early times 143. Ons het hier te doen met ’n baie ou naam waarvan Wikar 1779 gehoor het as ’n belangrike rivier en waarvan Schmelen seifs die naam ook geken het. Die oudste aan ons bekende verklaring is die wat Alexander van sy Namasprekende begeleiders verneem het. Alexander het bowendien ’n hoofman met dieselfde naam ontmoet. In EDIA I 230 vertel hy o.m. '...when the messenger I had dispatched arrived with the good news that the Chief Kuisep (roots) was approaching'. Rivier- en persoonsnaam is dieselfde en het by horn dieselfde betekenis. IKuiseb is dan die 'Wortelrivier'. Die vraag is nou: wat se soort wortel? Miskien een of ander soort uientjie of veldkos wat hier aangetref was? Burchell 1811 / 322 praat van ’n plant die tky, waar die t- die suigklap voorstel. Hy se o.m. '...a small asclepiadeous plant called 'Tky’ by our Hottentots, who value it on account of the root, which is of the size of a round flat turnip; and being full of a watery juice, it is often used by the natives to relieve their thirst...' Hierdie wortel het hy onder die Koranas gevind. Is daar 'n verband? Toe die sandduine die gebied ingeneem het, sal die wortelgewas onvindbaar geword het(?) Dove en Kohler se verklaring berus op ’n topografiese waarneming en is klaarblyklik ’n eie vinding.Hulle ǃkui kom nie voor in Kroenlein of Kroenlein- Rust nie, wat nie wil se dat die woord nie bestaan (het) nie, wel dat dit waarskynlik geen hoe frekwensie het (gehad het) nie. By dr Wandres se verklaring gee Boois J 1976 Taalassistent die volgende aan- vulling 'IKhuidi is 'n soort swermvoel wat in die winter langs die rivier neste maak en hulle kuikens daarin uitbroei. Hulle is grys van kleur en effens groter as die vinke'. Hierdie opgawe besit ook dieselfde suigkonsonant wat die meeste gehoor het. Die mededeling is ook daarom belangrik omdat ons die naam nie by Rust of Schultze teruggevind het vir die wewervoel nie (volgens Schultze die Ploceus capensis of Hyphantornis velatus). Die vierde verklaring is die van Kleinschmidt en Mossop,'Pootjesrivier' en 'Klourivier'. Dit is wel verenigbaar met ons verbande. Kr.-R. gee vir 'Klaue' ǃu-s, daarvan is die adv./adj. ǃuisi denkbaar, met die lokatiewe uitgang -b, dus ǃUise-b. Dit is dan die gedevelariseerde latere vorm, klankwet- tig juis, van ǃKuise-b, wat die ouer vorm sal wees. Kyk ook o.a. na USAKOS hiervoor. Wat die 'klou' en die riviernaam met mekaar gemeen het, is vandag nie sonder meer duidelik nie. Miskien verwys dit na modder aan die klou? Daar is seker nog ander verklarings behalwe die genoemdes. So gee Skead CJ 1973 Gazetteer 111 as alternatiewe naam op 'Boat R.' In Nama is ’n boot =j=gou- (Rust 1960 DNW 33), met ’n palatale suigklap, nie met die serebrale nie, maar wat tog in ’n mate aansluit by die kui- van die riviernaam. Ons voorkeur gaan nog uit na die verklaring van Alexander se ou segsmanne wat die Kuisebgebied geken het toe dit ’n vrugbare oord was, na ons dit ver- staan. Dan beteken die riviernaam die 'Rivier (-b of -p) waar (-se- of -si-) daar wortelgewasse (ǃkui-) gevind was'.

About this item

Identifier
1983_SKCPN
Title
Kujam, (-Kop), (Pools)
Alternative Title
Kujam, (-Kop), (Pools)
Georeference Sources
K 2919/2920
longitude
19.5
latitude
-29.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Veillet s.j. kaart 'Longziek Vlei and Kujam' op K 2919 BB/2920 AA. 'Kujam Kop'. 'Kujam Pools', lg. twee K 2919 BB. Dixon TF 1974 Hoteleienaar Ondervraging 'Ek dink dit het met derms te doen'.
Description
afr Bostaande is gekies met die oog op spelwyses en betekenisaanduidings. Ons het hier spellings sonder suigkonsonante, soos Koeisiep/Koesip, of K(h)uisip/b en Kuisep/b, almal redelik gelyk, en met suigklappers soos IKuiseb (Dove, Wandres, waarby ander gevoeg kan word, bv. Ponnighaus 1931 Joernaal 6 12 e.a.). Dan is daar die schnalzaanduidings volgens eie, vroee stelsels, Hahn gebruik ’n akuut bokant die K, ons het dit aangegee voor die K, vir die =f=, dus te lees as )= Kuisip, Scheppmann se hoe komma is die ǀǀ,dus te lees as ǀǀKuisib; die Q- by Tindall stel die ǃ voor (ǃKhuisip). Die meeste hoor die 'serebrale' suigklap, die ǃ (ǃKuisib). In feite is die enigste opmerklike afwyking die van Scheppmann. Die tweede verklaring van Alexander, nl. in ED1A 2 123, is ’n blote vergissing, hy het daar aan Swakop gedink. Ons kan dit verder stilswyend verbygaan as 'n interessante voorbeeld van onopsetlike verwarring.
Terloops word daarop gewys dat eommige vroee aanhalings van die Kuiseb praat as ’n vrugbare gebied (Schmelen bv.), soos dit inderdaad was voor die duine dit ingeneem het. Kyk o.a. H Vedder 1966 South West Africa in early times 143.
Ons het hier te doen met ’n baie ou naam waarvan Wikar 1779 gehoor het as ’n belangrike rivier en waarvan Schmelen seifs die naam ook geken het. Die oudste aan ons bekende verklaring is die wat Alexander van sy Namasprekende begeleiders verneem het. Alexander het bowendien ’n hoofman met dieselfde naam ontmoet. In EDIA I 230 vertel hy o.m. '...when the messenger I had dispatched arrived with the good news that the Chief Kuisep (roots) was approaching'. Rivier- en persoonsnaam is dieselfde en het by horn dieselfde betekenis. IKuiseb is dan die 'Wortelrivier'. Die vraag is nou: wat se soort wortel? Miskien een of ander soort uientjie of veldkos wat hier aangetref was? Burchell 1811 / 322 praat van ’n plant die tky, waar die t- die suigklap voorstel. Hy se o.m. '...a small asclepiadeous plant called 'Tky’ by our Hottentots, who value it on account of the root, which is of the size of a round flat turnip; and being full of a watery juice, it is often used by the natives to relieve their thirst...' Hierdie wortel het hy onder die Koranas gevind. Is daar 'n verband? Toe die sandduine die gebied ingeneem het, sal die wortelgewas onvindbaar geword het(?) Dove en Kohler se verklaring berus op ’n topografiese waarneming en is klaarblyklik ’n eie vinding.Hulle ǃkui kom nie voor in Kroenlein of Kroenlein- Rust nie, wat nie wil se dat die woord nie bestaan (het) nie, wel dat dit waarskynlik geen hoe frekwensie het (gehad het) nie. By dr Wandres se verklaring gee Boois J 1976 Taalassistent die volgende aan- vulling 'IKhuidi is 'n soort swermvoel wat in die winter langs die rivier neste maak en hulle kuikens daarin uitbroei. Hulle is grys van kleur en effens groter as die vinke'. Hierdie opgawe besit ook dieselfde suigkonsonant wat die meeste gehoor het. Die mededeling is ook daarom belangrik omdat ons die naam nie by Rust of Schultze teruggevind het vir die wewervoel nie (volgens Schultze die Ploceus capensis of Hyphantornis velatus). Die vierde verklaring is die van Kleinschmidt en Mossop,'Pootjesrivier' en 'Klourivier'. Dit is wel verenigbaar met ons verbande. Kr.-R. gee vir 'Klaue' ǃu-s, daarvan is die adv./adj. ǃuisi denkbaar, met die lokatiewe uitgang -b, dus ǃUise-b. Dit is dan die gedevelariseerde latere vorm, klankwet- tig juis, van ǃKuise-b, wat die ouer vorm sal wees. Kyk ook o.a. na USAKOS hiervoor. Wat die 'klou' en die riviernaam met mekaar gemeen het, is vandag nie sonder meer duidelik nie. Miskien verwys dit na modder aan die klou? Daar is seker nog ander verklarings behalwe die genoemdes. So gee Skead CJ 1973 Gazetteer 111 as alternatiewe naam op 'Boat R.' In Nama is ’n boot =j=gou- (Rust 1960 DNW 33), met ’n palatale suigklap, nie met die serebrale nie, maar wat tog in ’n mate aansluit by die kui- van die riviernaam.
Ons voorkeur gaan nog uit na die verklaring van Alexander se ou segsmanne wat die Kuisebgebied geken het toe dit ’n vrugbare oord was, na ons dit ver- staan. Dan beteken die riviernaam die 'Rivier (-b of -p) waar (-se- of -si-) daar wortelgewasse (ǃkui-) gevind was'.
page start
801

Item sets