eng
Pnk's pitchers do not give distraction. Our only fulcrum is Rev. Hegeg's dental suction consonant at the ground word, and in it he does not agree with Dr of Vrede. Kr. 1969 NW 271 declared ǀ Nami with: 'den Wurfstock Yerfen', and with 'the Liebe', and if applicable, then the mortgage for us is lost today. The Fern. Singing, usually locates -n source, fountain, dam, and is probably the starting point of the name / names. On Veillet's card there is a place called 'Namies Sector Berg' on K 3018 AC. We said there was a good fulcrum, the Dental Suction Consonant who passed on, in the old days on the spot from the mouth of his congregation members. We believe there is still a tool. The Top Cadastral Series 1966 Skin 2918 Namies gives a farm that apparently forms part of the complex names, the town, namely and the farms namous-south and N. North, west of them, and just south of the Namiesberg. The adjacent farm is called 'Vogelstruis angle' No Nam.q. 10-8. The question is whether we do not have the translation of the inland name here, as it was so often elsewhere. Nama for ostrich is ǀ Ami- (Rust 1960 DNW 59), in Kora ǀ Kammie (P) (cf. Hott 507 for the year 1801), and consistable thereto, the exchange form ǀ Nami, cf. 5 D 8. It contains the same suction consonant as Pastor has given. We consider it that these names keep the reminder of the ostriches that would have been abundant. 'Ostrich site' or 'fountain'. However, the soil objection remains that a form ǀ Nami for ostrich is not recorded. For flashing (as suggested by Mr. Burger), there is a Nami = Flimmern '(Rust 1960 DNW 22), but then the suction flap (as heard by Hegeger) is missing. Rust mentioned for 'flimming' (Aid. 22) The word ǀ Garm, now with the 'real' slap, but then we must see the change of ǀ G- and ǀ N-, and then one wonders why Hegs Well heard. We need even more documentary material.
afr
PNK se segsliede gee geen afleiding nie. Ons enigste steunpunt is eerw. Hegner se dentale suigkonsonant by die grondwoord, en daarin stem hy nie saam met dr Van Vreeden nie. Kr.-R. 1969 NW 271 verklaar ǀnami met: 'den Wurfstock werfen', en met 'die liebe', en indien van toepassing, dan is die verband vir ons vandag verlore. Die fern. sing, -s lokativeer gewoonlik -n bron, fontein, dam, en is waarskynlik die beginpunt van die naam/name gewees. Op Veillet se kaart is daar op K 3018 AC ook ’n plek genoem 'Namies Sector Berg'. Ons het gesê daar is een goeie steunpunt, die dentale suigkonsonant wat Hegner aangee, in die ou dae ter plaatse gehoor uit die mond van sy gemeentelede. Ons meen daar is moontlik nog ’n hulpmiddel. Die Topo- kadastrale reeks 1966 vel 2918 Namies gee 'n plaas aan wat klaarblyklik deel vorm van die kompleks Namies, die dorp naamlik en die plase Namies-Suid en N.-Noord, ten weste van hulle, en net suid van die Namiesberge. Die aangrensende plaas heet 'Vogelstruis Hoek' nr Nam.Q. 10-8. Die vraag is of ons nie ook hier die vertaling van die inlandse naam het nie, soos dit so dikwels elders die geval was. Nama vir volstruis is ǀami- (Rust 1960 DNW 59), in Kora ǀkammie(p) (vgl. HOTT 507 vir die jaar 1801), en bestaanbaar daar- naas is die wisselvorm ǀnami-, vgl. 5 D 8. Dit bevat dieselfde suigkonsonant as wat pastor Hegner aangegee het. Ons ag dit moontlik dat hierdie Namies die herinnering bewaar aan die volstruise wat daar volop sou gewees het. 'Volstruisplek' of '-fontein'. Die grondbeswaar bly egter dat ’n vorm ǀnami- vir volstruis nie opgeteken is nie. Vir flikker (soos voorgestel deur mnr Burger) is daar wel 'n nami = 'flimmern' (Rust 1960 DNW 22), maar dan ontbreek die suigklap (soos gehoor deur Hegner). Rust vermeld vir 'Flimmerding' (aid. 22) die woord ǀgarm, nou wel met die 'regte' klap, maar dan moet ons hierin die wisseling van ǀg- en ǀn- sien, en dan wonder mens hoekom Hegner dit nie goed gehoor het nie. Ons het nog meer dokumentere materiaal nodig.