Koegas Ook Koegas(Brug), (-Puts)

Volgens Topo-kadastrale reeks 1960 vel 3324 Port Elizabeth word die naam Boesmansrivier nie meer gebruik vir hierdie rivier nie; dit staan bekend as Koegarivier en vloei op 3324 DA by Grootrivier saam om daarna die Gamtoos te vorm. Die plase De Couga nr Uit. Q. 2-44 en Couga Poort nr Hu. Q. 4-17, onderskeidelik in die huidige distrikte Willowmore en Hankey op K 3324 CB en K 3324 CB/DA resp., is aan die Koegarivier gelee, en sal hulle name aan die rivier ontleen het, m.a.w. die grondwoord is Khoekhoens vir 'seekoei'. Daar is baie vindplase vir 'seekoei' in Ou-Kaaps (HOTT 439), goed oorgelewer, en hulle stem goed ooreen met Nama ǃkao-, Ikhau-, asook met die eerste lid van die riviernaam hierbo; die -gha is klaarblyklik soos Nama -xa = 'volop van, ryk aan'. Die inboorlingnaam beteken dus 'Seekoeirivier', in Nama Ikaos [Ikhaosl (Rust 1960 DNW 22).

About this item

Identifier
1813_SKCPN
Title
Koegas Ook Koegas(Brug), (-Puts)
Alternative Title
Koegas Ook Koegas(Brug), (-Puts)
Georeference Sources
K 2922 AD
longitude
22.375
latitude
-29.375
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr PNK 1947 'Koegas, dist. Hay, langs Oranjerivier. Poskantoor. Ou naam, geen ander naam ooit gehad nie...' [en dan ’n verwysing na die 'verkeerde' Koegas, t.w. Wikar se Kougaas - Wikar word genoem '’n sekere droster Jacob Wickar saam met ’n sendeling het die naam gegee, vanwee die baie seekoeie wat hulle in die rivier gevind het, m.a.w. gat van seekoeie...'] Topo-kadastrale reeks 1966 vel 2922 Prieska 'Koegas', plaas (324) Q. 14-22, 'Koegasbrug', 'n poskantoor, en plaas 'Koegasputs' (325) Q. 14-17.
Description
afr Volgens Topo-kadastrale reeks 1960 vel 3324 Port Elizabeth word die naam Boesmansrivier nie meer gebruik vir hierdie rivier nie; dit staan bekend as Koegarivier en vloei op 3324 DA by Grootrivier saam om daarna die Gamtoos te vorm. Die plase De Couga nr Uit. Q. 2-44 en Couga Poort nr Hu. Q. 4-17, onderskeidelik in die huidige distrikte Willowmore en Hankey op K 3324 CB en K 3324 CB/DA resp., is aan die Koegarivier gelee, en sal hulle name aan die rivier ontleen het, m.a.w. die grondwoord is Khoekhoens vir 'seekoei'. Daar is baie vindplase vir 'seekoei' in Ou-Kaaps (HOTT 439), goed oorgelewer, en hulle stem goed ooreen met Nama ǃkao-, Ikhau-, asook met die eerste lid van die riviernaam hierbo; die -gha is klaarblyklik soos Nama -xa = 'volop van, ryk aan'. Die inboorlingnaam beteken dus 'Seekoeirivier', in Nama Ikaos [Ikhaosl (Rust 1960 DNW 22).
page start
732

Item sets