Kirrie

Dit geld hier die huidige plaas Kiriis-Ost nr 233 (voorheen nr 28), dist. Keetmanshoop, gelee noord van Aroab. Daar is ’n pan op die plaas. Ons word gekonfronteer met die onsekerheid aangaande die suigkonsonant. Hahn skryf die dentale ǀ, Schultze wys die serebrale ǃ beslis af, en hy en Witbooi (dit is hier die skryfkundige hoofman Hendrik) gebruik die palatale =f=. Dit stem dan ooreen met die verklaring van KIRRIE 2918 met die betekenis van gly, uitgly, by name by 'n fontein/bron, soos aangedui deur die lokatiewe -s, femininum- vorrn. Hou dit ook verband met die pan op die plaas en sy glyerige oppervlakte? Hoe ook al, die plaasnaam het niks te doen met ’n (knop)kierie nie, of met 'n jakkals nie, kyk KIRIIS-WEST. Dit beteken die 'Glyerige Plek/Bron/Pan'.

About this item

Identifier
1748_SKCPN
Title
Kirrie
Alternative Title
Kirrie
Georeference Sources
K 2918 AC
longitude
18.125
latitude
-29.375
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Opmeting 1965 'T'Kirrie', ong. 50 km noordoos van Springbok, naam van ’n leegte. Aksent op die Kir-, met tongklap vooraan. 'Khiri, beteken ‘Gladde Vlakte'.'
Description
afr Dit geld hier die huidige plaas Kiriis-Ost nr 233 (voorheen nr 28), dist. Keetmanshoop, gelee noord van Aroab. Daar is ’n pan op die plaas. Ons word gekonfronteer met die onsekerheid aangaande die suigkonsonant. Hahn skryf die dentale ǀ, Schultze wys die serebrale ǃ beslis af, en hy en Witbooi (dit is hier die skryfkundige hoofman Hendrik) gebruik die palatale =f=. Dit stem dan ooreen met die verklaring van KIRRIE 2918 met die betekenis van gly, uitgly, by name by 'n fontein/bron, soos aangedui deur die lokatiewe -s, femininum- vorrn. Hou dit ook verband met die pan op die plaas en sy glyerige oppervlakte? Hoe ook al, die plaasnaam het niks te doen met ’n (knop)kierie nie, of met 'n jakkals nie, kyk KIRIIS-WEST. Dit beteken die 'Glyerige Plek/Bron/Pan'.
page start
715

Item sets