Kou(Poort)

Daar is baie spelvorme, maar as geheel gesien was/is die uitspraak redelik vas, vgl. Caup(sbergen), Coup, Choup, Ghoup, Ghowp, Goub, Goup, Gouph, Houb, Kau(veld), Kaup, Koub, Koup(sgebergte). Die taal van die optekenaar moet in aanmerking geneem word vir die beste verklanking. Die naam het gewoonlik ’n bepaalde lidwoord vooraan, ook op landkaarte, bv. van Cloete 1776 'Het Nieuwe Veld of de Koup'. Daar is twee soorte toepassings van die naam. Die oudste is vir 'n streek. Die gebied is nie presies af te baken nie, tog weet ons seker dat dit die landskap aangedui het wat aanvanklik van die Sneeuberge af tot ten suidweste van die huidige Beaufort-Wes gelee was (kaart Sparrman) en noordwaarts uitgeskuif het soos die kolonisasie voortgeskry het. In Barrow se tyd was dit een gebied met die Nieuwveld, trouens, Lichtenstein praat op een plek van 'die sogenannte Koub oder Nieuweveld', en voor horn ook Cloete. Binne die streek met onvaste en verskuiwende of ook krimpende grense het sekere berge die streeknaam gekry, die Koupsgebergte en Koupsberge, ’n verengende toepassing van die naam, en ook vaste punte daarbinne het die naam kon dra, een daarvan gespel Goup volgens die APN 1951 131 vir ’n motorbushalte tussen Griekwastad en Prieska, die ander gespel Koup vir ’n stasie en poskantoor op die roete Laingsburg-Beaufort-Wes (aid. 182). Goup is ook die naam van ’n plaas op 2922 BB, distrik Hay. Vandag word onder die naam twee streke inbegryp. Die eerste le tussen die Swartberge in die Suide en die Nuweveldberge in die Noorde en si uit in die distrikte Beaufort-Wes, Prins Albert en Willowmore. Die tweede omvat die gebied tussen Griekwastad en Prieska. (Bron: SESA 1972 6 451, Raper 1972 Streekname 55-56). Die betekenis word op minstens ses verskillende maniere verklaar, in chronologiese orde volgens ons optekeninge: (1) Vlakveld, Feld, Landstrich: (2) Gerippefeld; (3) Fat or rich; (4) spesifiek maag- of binnevet; (5) Stinkgat, poephol; (6) fontein. Die opvallende is wel dat ons met Ou-Kaaps as uitgangs- flunt al die verklarings ook taalkundig met die genoemde betekenisse kan ver- soen. In nommer (6) beweer die posmeester van Griekwastad in 1947 op gesag van Nicolaas Waterboer dat die naam beteken ‘Fontein'. Vergelyk o.m. die inskrywings GAUSS en KOFIS, gevelariseerde vorms van Nama ǀau-s, ǀou-s = tyron, fontein. In nommer (5) wil die landdros van Dordrecht die PNK wysmaak dat dit 'n Boesmanwoord is om die swak gehalte van die landskap naammatig uit te bring deur dit te noem ‘Stinkgat, Poephol’. In Nama is 'stank' ǀo-b (Kr.-R. 1969 NW 315) wat in Ou-Kaaps gevelariseer kan word tot ǀko-b, -p. Nie om die rede wat die segsman noem nie. maar wel om die rede onder (2) kan daar regverdiging vir die verklaring wees, naamlik stank van die karkasse van dooie wild. Die algemeenste verklaring is die wat verband hou met 'vet'. In nommer (3) doen Kannemeyer 1890 aan die hand dat die betekenis 'fat or rich' is, maar dit is so vaag dat mens nie weet waarop dit moet slaan nie, sekerlik nie op die hidrologiese of botaniese gesteldheid nie. Dit het die landdros van Dordrecht al gese. In SESA 6 451 lees ons o.m. 'The Koup is not only rugged, but barren in the extreme, devoid of any depth of soil...reflected in the stunted vegetation, consisting mostly of succulents...' Hierdie selfde waarneming van barheid kom ook voor by die talle reisigers deur die Koup, dit hoef nie verder beredeneer te word nie. Kannemeyer se verklaring word eers presieser gemaak deur Pettman (nr 4) wat dit verbind met 'pensvet', in Nama ǀhou-b [ǀhau-b], m.a.w. Kannemeyer se grondslag vir Goup of Koup was soos Nama gou-b Ikau-b] = 'Korperfet- tigkeit' (Rust 1960 DNW 21), in Kora kou-b, 'nicht geschmolzenes Fett', volgens Meinhof (vgl. HOTT 499), maar Pettman se grondslag is soos ǀhau-b. Taalkundig is ǀhou-b verwisselbaar met kou-b. -p, vgl. ons 5 C 4, of dink aan dubbelhede soos HOUTEMA en KOUTEMA, HUIGAIS en Kuikeis, ens. Dit moet dan verwys na die vet weiding vir wild en seker ook vir vee. Hiermee het Pettman skool gemaak. Sy verklaring word betreklik algemeen aanvaar, bv. deur Nienaber PJ 1963 SAPW 228, Van Vreeden 1965 TVV 21 Okt. 1965 25, Raper 1968 TVV 24 Jan. 1968 25, SESA 6 451 en baie ander. Dr Van Vreeden motiveer die naam uitdruklik deur te meen dat die Koup die plek is waar diere 'vet word', d.w.s. baie 'ingewandsvet of binnevet' kry. Dit sal seker waar wees van die goeie jare. 'n Naam het egter ’n onderskeidende waarde, dit is die grondfeit in naamgewing, en nou sal dit ’n baie goeie advokaat moet wees om te oortuig dat ’n swak wereld t.o.v. weiding horn onderskei deur vettigheid van weiding. Dr HT Wangemann wat as direkteur van die Berlynse sendinggenootskap ons land bereis het (1866-1867) en horn in die besonder vir die geskiedenis geinteresseer het, iemand wat persoonlik navraag gedoen het, so by Wuras, vertel hier hoe die Koup aan sy naam gekom het. Eintlik is dit beter te vertaal met 'Dood', soos Mossop Wikar se 'Kay-koop' vertaal het met 'Groot- dood'. In ’n sin sluit hierdie 'Geraamte' van Wangemann aan by nr (5). 'Dood' is in Ou-Kaaps opgeteken as koo, koobi, xo-b, in Nama gedevelariseer as ǀǀo-b, kyk verder in HOTT 248 en 471. Gordon 1779 ('Coup') gee die eerste verklaring vir ons in tydsorde, Lichtenstein die tweede oudste, by horn met die suigklap vooraan, te translitereer as =f=kchaaub of as Ikchaaub. Die eerste noem dit 'n 'Vlakveld', die tweede 'ein Feld, Landstrich', en voeg daaraan toe 'iiberhaupt'; dan verwys hy in sy voetnoot (nie aangehaal nie) na 'Karroo', dit 'ist urspriinglich adjektiv und bedeutet hart'. M.a.w. die algemene term 'Karoo' is gesubstantiveer vir ’n streek, net soos 'Ikchaaub' veralgemeen is. Opmerklik dat ons die suigkonso- nant net by Lichtenstein vind. En dan is dit anders as by die herleide woord van Pettman. Lichtenstein se term sluit aan by Wuras se ǃku-b, 'field', by Engelbrecht se ǃgu-b, 'veld' en Meinhof se ǃ’au-b (sonder velaar), 'Feld'. Ai hierdie terme is vir Korana (HOTT 494). Die naam het veral betrekking op die gebied wat deur hulle met hulle volksverhuising bevolk is, daarom ons aandag vir die Koraterme. Maar ook Nama verleen steun aan die afleiding van Gordon en Lichtenstein, ’n afleiding wat by albei essensieel dieselfde is ('vlak veld' en 'veld, landstreek'). Hahn Th 1901 Collectanea 146 beskou Nama ǃoub as 'Ebene, Flache', 'aus lanu- = ausdehnen, ausbreiten...', vgl. die eerste lid in AUTSAWISIS, betekenende 'veld', 'jagveld'. Vir ons kom dit nou voor dat Gordon en Lichtenstein, wat ook in tydsorde die naaste aan die vroee jare staan, ons beste gidse is, en dat hulle opgawes, onafhanklik van mekaar gemaak, goed verenigbaar is met sowel die taalkun- dige werklikheid as met die topografiese gesteldheid, en daarby is dit in ooreenstemming met die Khoekhoense nomenklatuur van destyds. Ons voorkeur is vir 'Vlak, gelyk, oop Veld', so ongeveer 'Platoland', ter on- derskeiding van die ongelyke, bergagtige streke, want in sy vroegste toepassing was dit 'n streeknaam. Die ander betekenisse is o.i. sekonder.

About this item

Identifier
1923_SKCPN
Title
Kou(Poort)
Alternative Title
Kou(Poort)
Georeference Sources
K 2922 BB
longitude
22.875
latitude
-29.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
moontlik ou naam van Naauwpoort
Source
afr Van Vreeden 1965 TVV 21/4 29 'Koupoort, naby Niekerkshoop. Griekwa, Kora ǀo = eng, nou, word kou.. Koupoort = nou, eng poort'.
Description
afr Daar is baie spelvorme, maar as geheel gesien was/is die uitspraak redelik vas, vgl. Caup(sbergen), Coup, Choup, Ghoup, Ghowp, Goub, Goup, Gouph, Houb, Kau(veld), Kaup, Koub, Koup(sgebergte). Die taal van die optekenaar moet in aanmerking geneem word vir die beste verklanking. Die naam het gewoonlik ’n bepaalde lidwoord vooraan, ook op landkaarte, bv. van Cloete 1776 'Het Nieuwe Veld of de Koup'. Daar is twee soorte toepassings van die naam. Die oudste is vir 'n streek. Die gebied is nie presies af te baken nie, tog weet ons seker dat dit die landskap aangedui het wat aanvanklik van die Sneeuberge af tot ten suidweste van die huidige Beaufort-Wes gelee was (kaart Sparrman) en noordwaarts uitgeskuif het soos die kolonisasie voortgeskry het. In Barrow se tyd was dit een gebied met die Nieuwveld, trouens, Lichtenstein praat op een plek van 'die sogenannte Koub oder Nieuweveld', en voor horn ook Cloete. Binne die streek met onvaste en verskuiwende of ook krimpende grense het sekere berge die streeknaam gekry, die Koupsgebergte en Koupsberge, ’n verengende toepassing van die naam, en ook vaste punte daarbinne het die naam kon dra, een daarvan gespel Goup volgens die APN 1951 131 vir ’n motorbushalte tussen Griekwastad en Prieska, die ander gespel Koup vir ’n stasie en poskantoor op die roete Laingsburg-Beaufort-Wes (aid. 182). Goup is ook die naam van ’n plaas op 2922 BB, distrik Hay. Vandag word onder die naam twee streke inbegryp. Die eerste le tussen die Swartberge in die Suide en die Nuweveldberge in die Noorde en si uit in die distrikte Beaufort-Wes, Prins Albert en Willowmore. Die tweede omvat die gebied tussen Griekwastad en Prieska. (Bron: SESA 1972 6 451, Raper 1972 Streekname 55-56).
Die betekenis word op minstens ses verskillende maniere verklaar, in chronologiese orde volgens ons optekeninge: (1) Vlakveld, Feld, Landstrich: (2) Gerippefeld; (3) Fat or rich; (4) spesifiek maag- of binnevet; (5) Stinkgat, poephol; (6) fontein. Die opvallende is wel dat ons met Ou-Kaaps as uitgangs- flunt al die verklarings ook taalkundig met die genoemde betekenisse kan ver- soen. In nommer (6) beweer die posmeester van Griekwastad in 1947 op gesag van Nicolaas Waterboer dat die naam beteken ‘Fontein'. Vergelyk o.m. die inskrywings GAUSS en KOFIS, gevelariseerde vorms van Nama ǀau-s, ǀou-s = tyron, fontein. In nommer (5) wil die landdros van Dordrecht die PNK wysmaak dat dit 'n Boesmanwoord is om die swak gehalte van die landskap naammatig uit te bring deur dit te noem ‘Stinkgat, Poephol’. In Nama is 'stank' ǀo-b (Kr.-R. 1969 NW 315) wat in Ou-Kaaps gevelariseer kan word tot ǀko-b, -p. Nie om die rede wat die segsman noem nie. maar wel om die rede onder (2) kan daar regverdiging vir die verklaring wees, naamlik stank van die karkasse van dooie wild.
Die algemeenste verklaring is die wat verband hou met 'vet'. In nommer (3) doen Kannemeyer 1890 aan die hand dat die betekenis 'fat or rich' is, maar dit is so vaag dat mens nie weet waarop dit moet slaan nie, sekerlik nie op die hidrologiese of botaniese gesteldheid nie. Dit het die landdros van Dordrecht al gese. In SESA 6 451 lees ons o.m. 'The Koup is not only rugged, but barren in the extreme, devoid of any depth of soil...reflected in the stunted vegetation, consisting mostly of succulents...' Hierdie selfde waarneming van barheid kom ook voor by die talle reisigers deur die Koup, dit hoef nie verder beredeneer te word nie.
Kannemeyer se verklaring word eers presieser gemaak deur Pettman (nr 4) wat dit verbind met 'pensvet', in Nama ǀhou-b [ǀhau-b], m.a.w. Kannemeyer se grondslag vir Goup of Koup was soos Nama gou-b Ikau-b] = 'Korperfet- tigkeit' (Rust 1960 DNW 21), in Kora kou-b, 'nicht geschmolzenes Fett', volgens Meinhof (vgl. HOTT 499), maar Pettman se grondslag is soos ǀhau-b. Taalkundig is ǀhou-b verwisselbaar met kou-b. -p, vgl. ons 5 C 4, of dink aan dubbelhede soos HOUTEMA en KOUTEMA, HUIGAIS en Kuikeis, ens. Dit moet dan verwys na die vet weiding vir wild en seker ook vir vee.
Hiermee het Pettman skool gemaak. Sy verklaring word betreklik algemeen aanvaar, bv. deur Nienaber PJ 1963 SAPW 228, Van Vreeden 1965 TVV 21 Okt. 1965 25, Raper 1968 TVV 24 Jan. 1968 25, SESA 6 451 en baie ander. Dr Van Vreeden motiveer die naam uitdruklik deur te meen dat die Koup die plek is waar diere 'vet word', d.w.s. baie 'ingewandsvet of binnevet' kry. Dit sal seker waar wees van die goeie jare. 'n Naam het egter ’n onderskeidende waarde, dit is die grondfeit in naamgewing, en nou sal dit ’n baie goeie advokaat moet wees om te oortuig dat ’n swak wereld t.o.v. weiding horn onderskei deur vettigheid van weiding. Dr HT Wangemann wat as direkteur van die Berlynse sendinggenootskap ons land bereis het (1866-1867) en horn in die besonder vir die geskiedenis geinteresseer het, iemand wat persoonlik navraag gedoen het, so by Wuras, vertel hier hoe die Koup aan sy naam gekom het. Eintlik is dit beter te vertaal met 'Dood', soos Mossop Wikar se 'Kay-koop' vertaal het met 'Groot- dood'. In ’n sin sluit hierdie 'Geraamte' van Wangemann aan by nr (5). 'Dood' is in Ou-Kaaps opgeteken as koo, koobi, xo-b, in Nama gedevelariseer as ǀǀo-b, kyk verder in HOTT 248 en 471. Gordon 1779 ('Coup') gee die eerste verklaring vir ons in tydsorde, Lichtenstein die tweede oudste, by horn met die suigklap vooraan, te translitereer as =f=kchaaub of as Ikchaaub. Die eerste noem dit 'n 'Vlakveld', die tweede 'ein Feld, Landstrich', en voeg daaraan toe 'iiberhaupt'; dan verwys hy in sy voetnoot (nie aangehaal nie) na 'Karroo', dit 'ist urspriinglich adjektiv und bedeutet hart'. M.a.w. die algemene term 'Karoo' is gesubstantiveer vir ’n streek, net soos 'Ikchaaub' veralgemeen is. Opmerklik dat ons die suigkonso- nant net by Lichtenstein vind. En dan is dit anders as by die herleide woord van Pettman. Lichtenstein se term sluit aan by Wuras se ǃku-b, 'field', by Engelbrecht se ǃgu-b, 'veld' en Meinhof se ǃ’au-b (sonder velaar), 'Feld'. Ai hierdie terme is vir Korana (HOTT 494). Die naam het veral betrekking op die gebied wat deur hulle met hulle volksverhuising bevolk is, daarom ons aandag vir die Koraterme. Maar ook Nama verleen steun aan die afleiding van Gordon en Lichtenstein, ’n afleiding wat by albei essensieel dieselfde is ('vlak veld' en 'veld, landstreek'). Hahn Th 1901 Collectanea 146 beskou Nama ǃoub as 'Ebene, Flache', 'aus lanu- = ausdehnen, ausbreiten...', vgl. die eerste lid in AUTSAWISIS, betekenende 'veld', 'jagveld'. Vir ons kom dit nou voor dat Gordon en Lichtenstein, wat ook in tydsorde die naaste aan die vroee jare staan, ons beste gidse is, en dat hulle opgawes, onafhanklik van mekaar gemaak, goed verenigbaar is met sowel die taalkun- dige werklikheid as met die topografiese gesteldheid, en daarby is dit in ooreenstemming met die Khoekhoense nomenklatuur van destyds. Ons voorkeur is vir 'Vlak, gelyk, oop Veld', so ongeveer 'Platoland', ter on- derskeiding van die ongelyke, bergagtige streke, want in sy vroegste toepassing was dit 'n streeknaam. Die ander betekenisse is o.i. sekonder.
page start
777

Item sets