Kammas(Fontein)

Dr Raper 1972 Streekname 56-7 wat die naam bespreek, verwys nog na die verklaring van dr JA Heese 1966 Die kerk in die wolke 5 wat dit vertaal met uitgangspunt ǀǀgami as 'met water' of 'lopende water', blykbaar net ’n oor- name van prof. Engelbrecht se opinie. Van hierdie 13 opgawes het een net betrekking op die streek ('land'), twee net op die berg (een keer 'gebergte'), ses net op die rivier, en die res op twee of meer (rivier plus berg en/of dam). Klaarblyklik is dit primer die riviernaam gewees en die ander toepassings is daaraan ontleen. By slegs twee segsliede word ’n schnalz aangedui, by Lichtenstein net vooraan, by Sparrman ook nog voor die tweede komponent. Die weergawes is verder redelik konstant. Alleen Paterson (as speller van nie-Engelse eiename berug) het ’n -o- in die eerste lid, al die ander het dit gehoor as c/kam-, sodat ons dit met ’n mate van ge- rustheid mag aanvaar (die kan- in een van Schrijver se vier meldinge is seker skryf- of ontsyferingsfout). Die uitgang -si, ook -(s)sie, by Paterson -sia, is ook konstant maar ontbreek in een van Schrijver se vier meldinge, nie in die ander drie nie, sodat dit die geldigheid nie veel aantas nie. Sommige optekeninge wek die ver- moede dat die eweneens konstante tweede lid deur die waarnemers as lank gehoor is, altans as 'n oop lettergreep. Samevattend dan: die huidige naam pas goed in by die skriftelik oorgelewerde vorme. Ons aanhalinge dek byna drie eeue. By sewe van die aangehaaldes kom verklarings voor, maar ons meen dat twee van hulle op Engelbrecht gesteun het (soos trouens nog ander doen, bv Forbes 1965 PTSA 51), sodat daar eintlik nog vyf is, drie van hierdie eeu, die ander twee twee honderd jaar ouer. Paterson, Pettman en Smith vereenselwig die riviernaam met die naam van 'n boom- en houtsoort. Vir Paterson is dit ’n Rhus sp. waartoe dan o.a. behoort die kareebome en die rooi- en taaibos ens., maar hy dink seker ook aan die kammassiehout, soos Pettman en Smith, wat die een botanies identifiseer met Celastrus en die ander met Maytenus (raadpleeg Smith o.a. op 581 en meer spesifiek 582-3). Hulle het heel seker ongelyk. Die name vir die houtsoort en die rivier wat hier ter sprake is, lyk baie eenders maar is nie eenders nie. Thunberg onderskei die houtsoort as 'Camassie-hout' (/ 193), wel die Gonioma kamassi, teenoor die streeknaam soos reeds aangehaal is; H Swellengrebel 1776 GM RZA 4 28 spel die boomsoort 'kamasi', dus anders as die riviernaam, Barrow / 339 hoor die betrokke boomsoort as 'Gomassie hout', heeltemal anders as sy Kamnaasie(berg), hierbo aangehaal. Gordon 1791 ms 3 70 se spelling herinner bietjie aan die van Barrow; Gordon skryf 'gamnassihout'. In almal is die tweede lid van hout- en pleknaam onderskei- dend. Die oudste verklaring is die van Sparrman. Hy het dit van sy Hollandskundige Khoekhoen verneem. Die Engelse vertaling Iui 'Washing-river'. Die komponent Kam(ma)- is dan wel, soos ook deur Engelbrecht vermoed, gelyk te stel met Ou-Kaaps 'kamma' vir 'rivier' en 'water' (HOTT 430 522), Nama ǀǀgami. Let op dat Sparrman en Lichtenstein die suigkonsonant hier waargeneem het. Ons meen dat ook die uitgang deur Engelbrecht juis gei'dentifiseer is, in Nama is dit ’n 'adjektivierende Wortbildungssilbe' (Kr.-R. 1969 NW 344) en funksioneer ongeveer soos -lik. Met die 'washing' as vertrekpunt sien ons in Nama ǀǀa-ǀǀna = 'abwaschen' (Kr.-R. 18), en met uitbreiding ook 'taufen', wat vir ons inpas. In Nama van vandag sal dit ongeveer heet: ǀǀGamm-ǀǀa-ǀǀna- si, 'Water-afwas-lik', d.i. 'Water waar jy jou kan afwas', en met die gedagte aan stromende water, dan 'Afwas-rivier'. Ons sien geen rede waarom die oudste verklaring nie die beste is nie, ’n waarneming wat ons ook elders by vroee dokumentasies dikwels gedoen het. Die komponent kammanasie- kom in verskeie name voor, in Oudtshoorn-dist. vir 'n -dam, -loop en -berge (K 3322 CB en DA/DB) - die lid met -dam is ’n pan, met -loop is ’n plaas, en in Uniondale met -berg (vir dieselfde berg en 'n plaas) en met -rivier. In die Topo-kadastrale reeks 1969 vel 3322 Oudtshoorn is die spelling onvas t.o.v. die kam/kamm/kamn- plus -a-, en die -s- en -s- daarna. .

About this item

Identifier
1511_SKCPN
Title
Kammas(Fontein)
Alternative Title
Kammas(Fontein)
Georeference Sources
K 2919 AA
longitude
19.125
latitude
-29.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
ou naam van Pella
Source
afr Wildschutboek 1777 SG 25 (aanhaling uit Mossop 1935 VRV 15 34] 'The grazing rights had been granted to J.L. Bierman Oct. 22 1777 ‘at the place named the Cammas Fonteyn situated on the groote Rivier...It had belonged to Coenraad Feijt’.' Gordon 1779 ms 2 16 '...en spanden na twee en een halfuur by een brakke fontein uit, Camma genaamt een klein uur van de rivier. Dese plaats is de laatste daar een knegt van buurman zyn vee houd, dog lag na aan Soubiesjes'. Wikar 1779 VRV 15 32-4 'Den 13 zijn wy...getrokken tot waar Zabisies rivier in de groote rivier inkomt, 14 tot na Kamasrivier...' Albrecht 1812 [herdoop Kam(m)as tot Pella, die toevlugsoord in Masedonie vir die Christene wat vir die Romeine uit Jerusalem gevlug het.] Kleinschmidt 1842 Tagebuch Moritz 28/4 244-5 'Den 5. kamen wir zwischen Fekkerzing und Kamma (bei ersterem Wasser sind schone, platte, hellklingende Steine, woher wahrscheinlich der Name Fekker Zingen, und die andere Quelle Kamma heisst Wasser)...' Mossop 1935 VRV 15 16 vn 'Kamas Rivier. ǀǀGami (water)'.
Description
afr Dr Raper 1972 Streekname 56-7 wat die naam bespreek, verwys nog na die verklaring van dr JA Heese 1966 Die kerk in die wolke 5 wat dit vertaal met uitgangspunt ǀǀgami as 'met water' of 'lopende water', blykbaar net ’n oor- name van prof. Engelbrecht se opinie. Van hierdie 13 opgawes het een net betrekking op die streek ('land'), twee net op die berg (een keer 'gebergte'), ses net op die rivier, en die res op twee of meer (rivier plus berg en/of dam). Klaarblyklik is dit primer die riviernaam gewees en die ander toepassings is daaraan ontleen. By slegs twee segsliede word ’n schnalz aangedui, by Lichtenstein net vooraan, by Sparrman ook nog voor die tweede komponent. Die weergawes is verder redelik konstant.
Alleen Paterson (as speller van nie-Engelse eiename berug) het ’n -o- in die eerste lid, al die ander het dit gehoor as c/kam-, sodat ons dit met ’n mate van ge- rustheid mag aanvaar (die kan- in een van Schrijver se vier meldinge is seker skryf- of ontsyferingsfout). Die uitgang -si, ook -(s)sie, by Paterson -sia, is ook konstant maar ontbreek in een van Schrijver se vier meldinge, nie in die ander drie nie, sodat dit die geldigheid nie veel aantas nie. Sommige optekeninge wek die ver- moede dat die eweneens konstante tweede lid deur die waarnemers as lank gehoor is, altans as 'n oop lettergreep. Samevattend dan: die huidige naam pas goed in by die skriftelik oorgelewerde vorme. Ons aanhalinge dek byna drie eeue.
By sewe van die aangehaaldes kom verklarings voor, maar ons meen dat twee van hulle op Engelbrecht gesteun het (soos trouens nog ander doen, bv Forbes 1965 PTSA 51), sodat daar eintlik nog vyf is, drie van hierdie eeu, die ander twee twee honderd jaar ouer.
Paterson, Pettman en Smith vereenselwig die riviernaam met die naam van 'n boom- en houtsoort. Vir Paterson is dit ’n Rhus sp. waartoe dan o.a. behoort die kareebome en die rooi- en taaibos ens., maar hy dink seker ook aan die kammassiehout, soos Pettman en Smith, wat die een botanies identifiseer met Celastrus en die ander met Maytenus (raadpleeg Smith o.a. op 581 en meer spesifiek 582-3). Hulle het heel seker ongelyk. Die name vir die houtsoort en die rivier wat hier ter sprake is, lyk baie eenders maar is nie eenders nie. Thunberg onderskei die houtsoort as 'Camassie-hout' (/ 193), wel die Gonioma kamassi, teenoor die streeknaam soos reeds aangehaal is; H Swellengrebel 1776 GM RZA 4 28 spel die boomsoort 'kamasi', dus anders as die riviernaam, Barrow / 339 hoor die betrokke boomsoort as 'Gomassie hout', heeltemal anders as sy Kamnaasie(berg), hierbo aangehaal. Gordon 1791 ms 3 70 se spelling herinner bietjie aan die van Barrow; Gordon skryf 'gamnassihout'. In almal is die tweede lid van hout- en pleknaam onderskei- dend.
Die oudste verklaring is die van Sparrman. Hy het dit van sy Hollandskundige Khoekhoen verneem. Die Engelse vertaling Iui 'Washing-river'. Die komponent Kam(ma)- is dan wel, soos ook deur Engelbrecht vermoed, gelyk te stel met Ou-Kaaps 'kamma' vir 'rivier' en 'water' (HOTT 430 522), Nama ǀǀgami. Let op dat Sparrman en Lichtenstein die suigkonsonant hier waargeneem het. Ons meen dat ook die uitgang deur Engelbrecht juis gei'dentifiseer is, in Nama is dit ’n 'adjektivierende Wortbildungssilbe' (Kr.-R. 1969 NW 344) en funksioneer ongeveer soos -lik. Met die 'washing' as vertrekpunt sien ons in Nama ǀǀa-ǀǀna = 'abwaschen' (Kr.-R. 18), en met uitbreiding ook 'taufen', wat vir ons inpas. In Nama van vandag sal dit ongeveer heet: ǀǀGamm-ǀǀa-ǀǀna- si, 'Water-afwas-lik', d.i. 'Water waar jy jou kan afwas', en met die gedagte aan stromende water, dan 'Afwas-rivier'. Ons sien geen rede waarom die oudste verklaring nie die beste is nie, ’n waarneming wat ons ook elders by vroee dokumentasies dikwels gedoen het. Die komponent kammanasie- kom in verskeie name voor, in Oudtshoorn-dist. vir 'n -dam, -loop en -berge (K 3322 CB en DA/DB) - die lid met -dam is ’n pan, met -loop is ’n plaas, en in Uniondale met -berg (vir dieselfde berg en 'n plaas) en met -rivier. In die Topo-kadastrale reeks 1969 vel 3322 Oudtshoorn is die spelling onvas t.o.v. die kam/kamm/kamn- plus -a-, en die -s- en -s- daarna.
.
page start
633

Item sets