Koisabes

Nie by Forbes nie. Pettman laat die nasaalteken weg (wel drukfout). Indien Dwarsrivier 'n vertaling is, dan aansluiting te soek by Nama ǃgou [ǃgau] = 'queren, kreuzen' (Rust 1960 DNW 37), by Tindall H 1857 Grammar ǃkau = 'cross over', sodat die nasaalelement deur Le Vaillant weergegee is op sy Frans (Koign-). Die -as miskien soos Nama ǃa-(b), = rivier met die -s as lokativering. Hierdie interpretasie pas die beste by ’n riviernaam (ǃa- = rivier), maar daar kan ook aan ’n ander sillabisasie gedink word. So stel Krenz FK 1976 in sy Aantekening (o.i. verkeerdelik) voor ' ǃGau-ǃnas = die Furt' of 'Drif', dus 'Drifrivier'. Skead CJ 1973 Gazetteer 51 se Koignas is ’n 'Junction of Matjies R.', dist. Clanwilliam. 'Dwarsrivier'.

About this item

Identifier
1853_SKCPN
Title
Koisabes
Alternative Title
Koisabes
Georeference Sources
K 2918 AB/2818 CD
longitude
18.375
latitude
-29.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Schultze 1904-5 ANUK 170 'Koisabes, =f=Kxuisabes, Wasserstelle siidlich von Ramansdrift. ‘Wo man einer Sache miide wurde.' Bankwasser zur Sommerregenzeit'. Mossop 1935 VRV 15 kaart agterin 'Koisabes', en daaronder 'Sand Hill'; op dieselfde kaart by die 'Inset' staan 'Koisabees', en daaronder 'Sand dunes'. [Onderkant Ramansdrift gelee.] Praeses HK Diehl snr 1956 aan PNK-SWA oor 'Plekname in die Richtersveld': 'nXoisabees: ^kois js 'n brakbos'. Van Heerde P (Springbok) 1965 Brief 'Koesabies of Koesabees. Dit le langs die ou pad na Goodhouse. Volgens Cornelis Gagiano beteken dit Loerwater. Cornelis het op Geselskapsbank gewoon. As sy Pa met vee getrek het af na die Oos of teruggetrek het na die Wes, het hy as hy naby Koesabies gekom het, iemand vooruit gestuur om te sien of daar water is. Die plek Koesabies was toe Loerwater. By reg kan ons dit as volg verklaar: Koe = kuie = een; satsa = lek, bees = water. Koesabees = Een-lek- water'. Beukes JT 1973 Geoloog Brief 'Koisabes, plaas naby Oranjerivier. Beteken ‘Water geskep en niks gekry’, die plaas is vandag nog baie arm aan ondergrondse water'. Rossouw C de W 1973 Brief 'Koisabes, plaas suidoos van Goodhouse...Beteken ‘Plek waar baie melkbosse (Euphorbia sp.) groei’. ’n Ander uitleg ‘Vlak-water-skep’ of ‘Min-water-op-’n-slag-skep’. M.i. aanvaarbaar omdat daar geen onderaardse water of fonteine is nie, net vlak holtes of ‘bakke’ in die graniet wat reent opvang en vir huishoudelike gebruik geskep word'.
Description
afr Nie by Forbes nie. Pettman laat die nasaalteken weg (wel drukfout). Indien Dwarsrivier 'n vertaling is, dan aansluiting te soek by Nama ǃgou [ǃgau] = 'queren, kreuzen' (Rust 1960 DNW 37), by Tindall H 1857 Grammar ǃkau = 'cross over', sodat die nasaalelement deur Le Vaillant weergegee is op sy Frans (Koign-). Die -as miskien soos Nama ǃa-(b), = rivier met die -s as lokativering. Hierdie interpretasie pas die beste by ’n riviernaam (ǃa- = rivier), maar daar kan ook aan ’n ander sillabisasie gedink word. So stel Krenz FK 1976 in sy Aantekening (o.i. verkeerdelik) voor ' ǃGau-ǃnas = die Furt' of 'Drif', dus 'Drifrivier'. Skead CJ 1973 Gazetteer 51 se Koignas is ’n 'Junction of Matjies R.', dist. Clanwilliam. 'Dwarsrivier'.
page start
746

Item sets