ǁGuru-ams

Die vroegste verklaring wat ons het, is van Baines se tolk wat dit vertaal as 'Year-Hill'. Die plek is gekenmerk deur ’n groot standhoudende watergat in die gelyknamige rivier. Die Kriegskarte onderskei formed tussen die rivier (Kurichaub) en die gat/waterplek daarin (Kurikop). Sommige neem die -chaub op as Afrikaans -kop, en die '-Hill' in Baines se opgawe is daarvan ’n uitdruklike aanduiding, iets wat grappig aandoen as gelet word op die feit dat hierdie 'hill', -chaub/-kaub in die naam, vervorm tot Afrikaans kop, 'n diep gat is. Of die latere eksegese daarvan as 'koning' (Nama gao-(aob), Rust 1960 DNW 36) werklik kan standhou, weet ons nie meer nie, dit gee aanleiding tot poetiese sinmaking i.v.m. die eerste komponent guri- [kuril = jaar (Rust 33), wat ons reeds in 1861 in die betekenis teekom. Ons let daarop dat die oudste optekeninge die eerste lid nie weergee as gur-i- nie, maar as gur-u-, albei dokumentasies wat afkomstig is van twee Namakundige sendelinge, J Rath en C Hugo Hahn. Ons het rede om skepties te wees oor die gegewe verklarings, ook omdat dit 'n onpatroonmatige vorm en siening is. Veel makliker kan ons gewen word met 'n verklaring soos 'Droemisrivier', by ǀkhuru = 'trocken', en xou- [xau-] = mis (Kr.-R. 1969 NW 253 en 48), wat dan regstreeks aansluit by Swakop, waarvan hierdie -kop soos Nama xou- = mis is en ooreenstem met ons plek se naamvorm van Kurikop - die Kurikaub vloei in die Swakop/kaup. Daarby is dit patroonmatig en loop struktureel parallel aan die naam van die ontvangende 'moederrivier', die Swakop. Die naam word gedra deur die plase Kurikaub-Siid nr 30 en -Nord nr 31, suid van Otjimbingwe, aan die eendersgenoemde rivier, sytak van die Swakop.

About this item

Identifier
2004_SKCPN
Title
ǁGuru-ams
Alternative Title
Kuruams, Kuruoms
Georeference Sources
K 2917 BA
longitude
17.625
latitude
-29.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
soos vir 'Kookfontein' of Steinkopf
Name in Khoekhoe or Nama
ǀǀGuru-ams*
ǁGuru-ams
Source
afr Laidler PW 1927 Man 148 'P/kuru oms. White Stone Mouth, near Kookfontein. White stones around spring'.
Description
afr Die vroegste verklaring wat ons het, is van Baines se tolk wat dit vertaal as 'Year-Hill'. Die plek is gekenmerk deur ’n groot standhoudende watergat in die gelyknamige rivier. Die Kriegskarte onderskei formed tussen die rivier (Kurichaub) en die gat/waterplek daarin (Kurikop). Sommige neem die -chaub op as Afrikaans -kop, en die '-Hill' in Baines se opgawe is daarvan ’n uitdruklike aanduiding, iets wat grappig aandoen as gelet word op die feit dat hierdie 'hill', -chaub/-kaub in die naam, vervorm tot Afrikaans kop, 'n diep gat is. Of die latere eksegese daarvan as 'koning' (Nama gao-(aob), Rust 1960 DNW 36) werklik kan standhou, weet ons nie meer nie, dit gee aanleiding tot poetiese sinmaking i.v.m. die eerste komponent guri- [kuril = jaar (Rust 33), wat ons reeds in 1861 in die betekenis teekom. Ons let daarop dat die oudste optekeninge die eerste lid nie weergee as gur-i- nie, maar as gur-u-, albei dokumentasies wat afkomstig is van twee Namakundige sendelinge, J Rath en C Hugo Hahn. Ons het rede om skepties te wees oor die gegewe verklarings, ook omdat dit 'n onpatroonmatige vorm en siening is. Veel makliker kan ons gewen word met 'n verklaring soos 'Droemisrivier', by ǀkhuru = 'trocken', en xou- [xau-] = mis (Kr.-R. 1969 NW 253 en 48), wat dan regstreeks aansluit by Swakop, waarvan hierdie -kop soos Nama xou- = mis is en ooreenstem met ons plek se naamvorm van Kurikop - die Kurikaub vloei in die Swakop/kaup. Daarby is dit patroonmatig en loop struktureel parallel aan die naam van die ontvangende 'moederrivier', die Swakop. Die naam word gedra deur die plase Kurikaub-Siid nr 30 en -Nord nr 31, suid van Otjimbingwe, aan die eendersgenoemde rivier, sytak van die Swakop.
page start
807

Item sets