Kannikwa En Kannikwa(Vlakte)

Vier verklarings, die meeste dat die grondslag van die benaming die kan- naplant is, die Mesembrianthemum sp., by Burchell ’n Salsola sp., dan het ons die oordrag op die eland by Burchell, en ten slotte die vervorming daarvan in die volksmond tot Kanaan, die Bybelstreek. Die oudste verklarings sal wel die juiste wees, ook die frekwentste, en afkomstig van diegene wat die beste in- gelig is. Die plantnaam vorm ’n bestanddeel van baie plekname, enkeles in die aanhalings genoem. Vgl. oor die plant nog HOTT 326-9 vir ou vindplase, variante en identifikasie. Ons weet van nog ’n vervorming in die volksmond van die naam, vgl. KANNA(LANDSE RIVIER) tot die huidige Kandelaars- rivier. Kanaansland sal wel humoristies bedoel wees, ’n geval van gesonde en bytende volkshumor. Oor die streekgebied kan meer gelees word by Raper 1972 Streekname 53-4. Dit 'dek dus ongeveer dieselfde gebied as die huidige Klein-Karoo'. CJ Skead 1973 Gazetteer 95 se dit dek 'Oudtshoorn/Ladi- smith/Montagu' of die 'Little Karoo'.

About this item

Identifier
1535_SKCPN
Title
Kannikwa En Kannikwa(Vlakte)
Alternative Title
Kannikwa En Kannikwa(Vlakte)
Georeference Sources
K 2917 AA/AC
longitude
17.125
latitude
-29.125
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Laidler PW 1927 Man 148 'Dǀgena quas, flea valley'.
Description
afr Vier verklarings, die meeste dat die grondslag van die benaming die kan- naplant is, die Mesembrianthemum sp., by Burchell ’n Salsola sp., dan het ons die oordrag op die eland by Burchell, en ten slotte die vervorming daarvan in die volksmond tot Kanaan, die Bybelstreek. Die oudste verklarings sal wel die juiste wees, ook die frekwentste, en afkomstig van diegene wat die beste in- gelig is. Die plantnaam vorm ’n bestanddeel van baie plekname, enkeles in die aanhalings genoem. Vgl. oor die plant nog HOTT 326-9 vir ou vindplase, variante en identifikasie. Ons weet van nog ’n vervorming in die volksmond van die naam, vgl. KANNA(LANDSE RIVIER) tot die huidige Kandelaars- rivier. Kanaansland sal wel humoristies bedoel wees, ’n geval van gesonde en bytende volkshumor. Oor die streekgebied kan meer gelees word by Raper 1972 Streekname 53-4. Dit 'dek dus ongeveer dieselfde gebied as die huidige Klein-Karoo'. CJ Skead 1973 Gazetteer 95 se dit dek 'Oudtshoorn/Ladi- smith/Montagu' of die 'Little Karoo'.
page start
641

Item sets