ǁKhūǃkhaes

Die verklarings klop moeilik met die klankbousel. Koe- kan nie 'vlak' wees nie: daar word moontlik gedink aan wat tans in Nama bekend is as ǃhau-b = 'Wasserbank, flache Wasserstelle im Revier)' (Rust 1960 DNW 72), maar daar is fonetiese besware. Vir lid -grabie word wel gedink aan Nama xora = graafwater, ons gorra, anders aan ǀǀgaru-b, maar dan is daar semantiese besware. Koe- by Opperman is nouliks 11khae- = 'sand', eerder ǀǀkhu = doringboom, of ǀgowa- = 'duin', dit laat -grabie onverantwoord. Krenz FK 1974 Boer Aantekening maak ’n aanneemlike voorstel. 'ǀU = naby, xorabes = graafwaterplek, man braucht nicht tief zu graben'. Die lid ǀu is dan vroeer gevelariseer as koe, en dit kan. Die betekenis sluit nou aan by 'vlak puts'. Dan vra mens jou af of koe nie soos ǃhu = grond, sand is nie - vgl. Opperman se 'bekend vir sy sandduine'. Koegrabie dan Ihuxorabe = 'graafwater in sand'. Dit ondervang byna al die besware. Die plaas is nr Car.Q. 3-27 op 2921 BA, die sylyn is op dieselfde plaas op 2921 BB, distrik Kenhardt.

About this item

Identifier
1817_SKCPN
Title
ǁKhūǃkhaes
Alternative Title
Koekais
Georeference Sources
K 2823 CD
longitude
23.375
latitude
-28.875
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
ǀǀKhūǃkhaes**
ǁKhūǃkhaes
Source
afr Van Vreeden 1965 TVV 27/4 28 'Koekais. Plaas oos van Griekwastad. Griekwa koep (uit ǀǀkhub) doringboomwerf'. De Klerk HD 1973 Boer Vraelys 'Koekais, ’n plaas, 17 km van Griekwastad. Beteken ‘Berg van doringbome, of Plek van baie doringbome’. ’n Fontein het ’n lopende vlei veroorsaak, omsoom met doringbome; plaas is hiermee en met swarthaak bebos. Die plaas is een van drie wat Andries Waterboer vir eie gebruik uitgehou het'.
Description
afr Die verklarings klop moeilik met die klankbousel. Koe- kan nie 'vlak' wees nie: daar word moontlik gedink aan wat tans in Nama bekend is as ǃhau-b = 'Wasserbank, flache Wasserstelle im Revier)' (Rust 1960 DNW 72), maar daar is fonetiese besware. Vir lid -grabie word wel gedink aan Nama xora = graafwater, ons gorra, anders aan ǀǀgaru-b, maar dan is daar semantiese besware. Koe- by Opperman is nouliks 11khae- = 'sand', eerder ǀǀkhu = doringboom, of ǀgowa- = 'duin', dit laat -grabie onverantwoord. Krenz FK 1974 Boer Aantekening maak ’n aanneemlike voorstel. 'ǀU = naby, xorabes = graafwaterplek, man braucht nicht tief zu graben'. Die lid ǀu is dan vroeer gevelariseer as koe, en dit kan. Die betekenis sluit nou aan by 'vlak puts'. Dan vra mens jou af of koe nie soos ǃhu = grond, sand is nie - vgl. Opperman se 'bekend vir sy sandduine'. Koegrabie dan Ihuxorabe = 'graafwater in sand'. Dit ondervang byna al die besware. Die plaas is nr Car.Q. 3-27 op 2921 BA, die sylyn is op dieselfde plaas op 2921 BB, distrik Kenhardt.
page start
733

Item sets