Karrikamma

Uit ons materiaal is die uittreksels by wyse van ’n bloemlesing so gekies dat die verskille in spelling uitkom en, waar moontlik, veral die betekenis aangegee word. Hier het ons Caro, Carro, Carrow, Karo, Karoo, Karroo, Kuru en Xhaeruh. Hulle verteenwoordig ’n redelik konstante uitspraak. Uit die spelling leer ons niks behalwe miskien dat by Schrijver ’n suigkonsonant voorge- stel is (met die x-). Opmerklik dat by Lichtenstein geen suigkonsonant ver- meld staan nie, wel staan dit beslis by Gordon met sy stomp aksentteken voor die K-. Ongelukkig weet ons nie watter nie. Ook Stow' spesifiseer dit nie, hy skryf dit '’Karoo (Dry)' en stel dit daar (1905 Native Races 142) voor as Boesmans. Vir ons argument van belang is die feit dat ’n klapkonsonant met ’n klein mate van sekerheid aanvaar kan word. Oor die betekenis is daar weinig twyfel. Dit word verklaar as 'droog', 'harde grond', en Botha brei dit uit met 'sparsely covered'. Die vraag is watter woord le hieraan ten grondslag? Botha se Kuril (sonder schnalz), Vedder se ǃgaro. Van Vreeden ǀkaro. In Kora is daar woorde vir 'droog' en 'hard' sonder schnalz (Wuras het karro = 'hard', Engelbrecht garo = 'hard, droog wees', Meinhof karo = 'hart, zah' (vgl. HOTT 252-3 vir vindplase en verdere bespreking)). Ons laat die saak onbeslis. Gelukkig weet ons sonder twyfel wat die streeknaam beteken. Daar is 'n groot aantal plekname met Karoo- gewoonlik as eerste bestanddeel. Die tweede komponent is uit 'n Europese taal, meestal uit Afrikaans. Hulle verg hier geen afsonderlike behandeling nie, ewemin as die met 'n Afrikaanse element vooraan. Meer by Raper 1972 Streekname 57.

About this item

Identifier
1599_SKCPN
Title
Karrikamma
Alternative Title
Karrikamma
Georeference Sources
K 2823 CD
Relation
k GATTIKAMM
longitude
23.375
latitude
-28.875
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
ou naam vir Klaarwater en later van Griekwastad
Source
afr Burchell 1812 2 260 'Addressing myself to the Chief...whom 1 had heard so favourably spoken of at Karrikamma (Klaarwater)...' Engelbrecht 1936 Korana 32 'The Taaibosch are also known to have stayed at or near the present Griquatown, which was formerly called Klaarwater or ǃAri-ǀǀama (not to be confused with Xati-ǀǀama, the Hottentot name of the old mission station Witwater, near to Griquatown)...' Skead CJ 1973 Gazetteer 69 'Griquatown. ..Synlonymyl Klaarwater; Karrikamma; Griekwastad; Leeuwenkuil'.
Description
afr Uit ons materiaal is die uittreksels by wyse van ’n bloemlesing so gekies dat die verskille in spelling uitkom en, waar moontlik, veral die betekenis aangegee word. Hier het ons Caro, Carro, Carrow, Karo, Karoo, Karroo, Kuru en Xhaeruh. Hulle verteenwoordig ’n redelik konstante uitspraak. Uit die spelling leer ons niks behalwe miskien dat by Schrijver ’n suigkonsonant voorge- stel is (met die x-). Opmerklik dat by Lichtenstein geen suigkonsonant ver- meld staan nie, wel staan dit beslis by Gordon met sy stomp aksentteken voor die K-. Ongelukkig weet ons nie watter nie. Ook Stow' spesifiseer dit nie, hy skryf dit '’Karoo (Dry)' en stel dit daar (1905 Native Races 142) voor as Boesmans. Vir ons argument van belang is die feit dat ’n klapkonsonant met ’n klein mate van sekerheid aanvaar kan word. Oor die betekenis is daar weinig twyfel. Dit word verklaar as 'droog', 'harde grond', en Botha brei dit uit met 'sparsely covered'. Die vraag is watter woord le hieraan ten grondslag? Botha se Kuril (sonder schnalz), Vedder se ǃgaro. Van Vreeden ǀkaro. In Kora is daar woorde vir 'droog' en 'hard' sonder schnalz (Wuras het karro = 'hard', Engelbrecht garo = 'hard, droog wees', Meinhof karo = 'hart, zah' (vgl. HOTT 252-3 vir vindplase en verdere bespreking)). Ons laat die saak onbeslis. Gelukkig weet ons sonder twyfel wat die streeknaam beteken. Daar is 'n groot aantal plekname met Karoo- gewoonlik as eerste bestanddeel. Die tweede komponent is uit 'n Europese taal, meestal uit Afrikaans. Hulle verg hier geen afsonderlike behandeling nie, ewemin as die met 'n Afrikaanse element vooraan. Meer by Raper 1972 Streekname 57.
page start
664

Item sets