Henkries, Henkries(Fontein), Henkries(Vallei)

Daar heers eenstemmigheid oor die eerste lid. Hier word veral gedink aan die gom van die Acacia dulcis, gespel haira, heira, hiera ens. Vgl. verder Schultze 1904-5 ANUK 203. Die tweede lid (-chabis, -xabis ens.) word verskillend verklaar. Die inwoners van die sendingstasie, soos biskop Simon van die Vikariaat Keetmanshoop, biskop Schlotterback en priester Temper, vertaal dit met 'plek', maar diegene wat spesifiek -xa-bis skryf, soos dr Hahn, dr Vedder en pastor Rust, breek dit op in -xa-, die hoeveelheidsformans wat beteken 'volop, ryk aan', d.w.s. 'baie gom', en -bis as plekbenoemende for- mans. Dus: 'Gomplek' of 'Gomryke plek'. Vir die betekenis maak dit nie veel saak nie. Die opmerksame leser het ook ander verskilletjies raakgesien wat 'n godsdienstige grondslag het, ons meen net toevallig. Terloops deel ons mee dat die heiragom aan fabrieke verkoop word om lekkers van te maak, soos priester MJ van der Avoird aan ons berig het (Vraelys 1973).

About this item

Identifier
1255_SKCPN
Title
Henkries, Henkries(Fontein), Henkries(Vallei)
Alternative Title
Henkries, Henkries(Fontein), Henkries(Vallei)
Georeference Sources
K 2818 CC
Relation
k HAMNERIES...
longitude
18.125
latitude
-28.875
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Schmelen JH 1814 Reisen Moritz 28/4 206 '...wurde von Leuten aus einem Platze namens Henkeriss besucht...' Alexander JE 1836 EDIA / 143 'Seven hours from Eerebies brought us to Henkrees, 5 or 6 miles from the Orange river, the bed of which we saw inclosed with fantastic and peaked hills'. Hahn CH 1842 Reisen Moritz 29/4 165 'Henkries ist ein schones Tal, das von Siidosten nach Nordwesten in sieben Abstufungen sich bis zum Oranje oder Grossfluss hinabzieht...' Hahn Th 1901 Collectanea 45 'Wechsel von N und R im Hottentot- tischen...ǃHomInaris corrumpirt zu Henkries, Ortsname in Klein Buschmannsland...' Skead CJ 1973 Gazetteer 75 'Henkries(fontein)...Henkreesfontein; Ingris', en ' Hen kries(mond)... Increase'.
Description
afr Daar heers eenstemmigheid oor die eerste lid. Hier word veral gedink aan die gom van die Acacia dulcis, gespel haira, heira, hiera ens. Vgl. verder Schultze 1904-5 ANUK 203. Die tweede lid (-chabis, -xabis ens.) word verskillend verklaar. Die inwoners van die sendingstasie, soos biskop Simon van die Vikariaat Keetmanshoop, biskop Schlotterback en priester Temper, vertaal dit met 'plek', maar diegene wat spesifiek -xa-bis skryf, soos dr Hahn, dr Vedder en pastor Rust, breek dit op in -xa-, die hoeveelheidsformans wat beteken 'volop, ryk aan', d.w.s. 'baie gom', en -bis as plekbenoemende for- mans. Dus: 'Gomplek' of 'Gomryke plek'. Vir die betekenis maak dit nie veel saak nie. Die opmerksame leser het ook ander verskilletjies raakgesien wat 'n godsdienstige grondslag het, ons meen net toevallig. Terloops deel ons mee dat die heiragom aan fabrieke verkoop word om lekkers van te maak, soos priester MJ van der Avoird aan ons berig het (Vraelys 1973).
page start
545

Item sets