eng
Waterstroom Vley' No G.w. 20-6, Dist. Postmasburg, lies in an environment where marshes occur. The topographical series 1974 sheet 2822 Postmasburg giving up, next to Waterstroomvlei (where the farm water stream valley got its Dutch name), also Middelvlei and Preto Riot. Here, in the early days, many waterfalls, as can be expected, among them also wild ducks and wildlife, both of the Anatida family, by the Khoekhoen (here mainly Griqua and Korana) called 'Geese', D.W.S. With justify Ga, derived from Afrikaans. The old name Fritsch mentioned in 1868 has disappeared, but, after us, did not leave tracks. Gassip is perhaps equating with = Fgaseb, literally 'wetland', at Nama = HGA- = Vlei (cf. Rust I960 DNW 70), plus-to-use location, plus ml. EKV; -b. The emphasis falls o.I. Not on the water loins (such as wildlife) at the marshes, but on the marshes themselves, of which 'water stream is' one, known in the old days as Gassip.
afr
Waterstroom Vley' nr G.W. 20-6, dist. Postmasburg, le in ’n omgewing waar vleie baie voorkom. Die Topografiese reeks 1974 vel 2822 Postmasburg gee bymekaar op, naas Waterstroomvlei (waar die plaas Waterstroom Vley sy Hollandse naam vandaan gekry het), ook nog Middelvlei en Preto- riusvlei. Hier was in die vroeë dae baie watervoels, soos verwag kan word, onder hulle ook wilde-eende en wildeganse, albei van die familie Anatidae, deur die Khoekhoen (hier hoofsaaklik Griekwa en Korana) genoem 'ganse', d.w.s. met grondwoord ga-, ontleen aan Afrikaans. Die ou naam wat Fritsch in 1868 nog genoem het, het verdwyn, maar, na ons meen, nie sonder om spore na te laat nie. Gassip is miskien gelyk te stel met =FGaseb, letterlik 'Vleiplek', by Nama =hga- = vlei (vgl. Rust I960 DNW 70), plus -se- wat lokaliteit uitdruk, plus ml. ekv; -b. Die nadruk val o.i. nie op die watervoels (soos wildeganse) by die vleie nie, maar op die vleie self, waarvan 'Waterstroom Vley' een is, in die ou dae bekend as Gassip.