Kaimûs

Die name Keimasmund en Rooimond, -mund loop hier bietjie deurmekaar. Die Adressbuch gee Rooimund op as die jonger naam van Keimasmund. Waar die Topo-kadastrale kaart Keimasrivier het, het die ooreenstemmende Topografiese kaart 1973 weer 'Rooimondrivier', en waar die rivier uit die noordweste uitmond in die Oranjerivier, daar is hy Keimasmund, maar ook Rooimonddrif. Die bestanddeel Rooi- is hier pleknamig dominant. Op die plaas Keimasmund nr 98 is bv. 'Rooimond se Berge'; gedeeltelik oor die plaas vloei die genoemde 'Rooimondrivier'; wes van die rivier le 'Rooiberg', 965 meter hoog, dit troon uit ten noorde van die aangrensende plase Keimas nr 99 en Keimasmund nr 98, en is ’n uitstaande plek in die omgewing; oorkant die rivier in Kaapland le ong. 25 km suidoos van hierdie Rooiberg die 'Groot Rooiberg'. Nou weet ons dat hierdie rooi kleur bodembeskrywend is. Ook weet ons dat die lid Kei- primer 'vuur' beteken (in Nama gedevelariseer tot ǀae- (in Rynse spelling ǀai-), soos nog in Kora t'geys of ’kaip (HOTT 514) - die t’ en ’ voor die k is klapklankverteenwoordigers. Met velaar is die woord vir vuur dan ǀKae- wat ooreenstem met die Kei- van Keimas. Maar dit is nie die vuur wat hier meetel nie, dit is die rooi kleur van die vuurvlam. Die Rooiberg, Rooimond (d.i. uitmonding) verwys na die vuurrooi kleur, of die vlamrooi indruk. Hierdie gelukkige aanwysing het ons van mnr Hayes, eienaar van die plaas KEIMAS; kyk verder daar vir die lid -ma-s.

About this item

Identifier
1660_SKCPN
Title
Kaimûs
Alternative Title
Keimoes
Georeference Sources
K 2820 DB
longitude
20.875
latitude
-28.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
Kaimûs**
Kaimûs
Source
afr Sensuskaart 1891 'Keimoes', en op ander kaarte. Van Vreeden BF 1958 TVV 14/4 28 'Keimoes (dorp) Groot Oog...As 'n per- soon op 'n kop staan, kyk hy oor groter afstande, sy oog dek ’n groter oppervlakte en dit is die groot oog...' Agenbag WJ 1973 Onderwyser Vraelys 'Keimoes, dorp, dist. Gordonia, gelee aan die Oranjerivier, 43 km van Upington. Beteken ‘Groot oog’. Inligtingsbron: almal op Keimoes weet dat Keimoes ‘grootoog’ beteken...maar niemand kan met sekerheid se waarom die plek so genoem is nie'. Vlok G & E 1973 Boer Brief 'Keimoes, Groot oog ('n fontein of groot kuil)' Unieke s.j. [Inligtingspamflet] 'Keimoes, Hottentotwoord, beteken 'groot oog'. Du Raan RA 1974 Dorpsingenieur Gesprek 'Keimoes beteken ‘Grootoog’. Bokant Keimoes kry jy die Roomses. Bokant hulle sit ’n huis. Die huis het behoort aan oorlede oom Dan Botha. Net bokant horn sit ’n fontein. Die fontein kom onder so ’n rooi sandknop uit. Wanneer die Grootrivier staan, die kanale en goed nie meer loop nie en die mense nie meer water lei nie, dan het oom Dan Botha nog sy lande natgemaak met die water van die fontein'.
Description
afr Die name Keimasmund en Rooimond, -mund loop hier bietjie deurmekaar. Die Adressbuch gee Rooimund op as die jonger naam van Keimasmund. Waar die Topo-kadastrale kaart Keimasrivier het, het die ooreenstemmende Topografiese kaart 1973 weer 'Rooimondrivier', en waar die rivier uit die noordweste uitmond in die Oranjerivier, daar is hy Keimasmund, maar ook Rooimonddrif. Die bestanddeel Rooi- is hier pleknamig dominant. Op die plaas Keimasmund nr 98 is bv. 'Rooimond se Berge'; gedeeltelik oor die plaas vloei die genoemde 'Rooimondrivier'; wes van die rivier le 'Rooiberg', 965 meter hoog, dit troon uit ten noorde van die aangrensende plase Keimas nr 99 en Keimasmund nr 98, en is ’n uitstaande plek in die omgewing; oorkant die rivier in Kaapland le ong. 25 km suidoos van hierdie Rooiberg die 'Groot Rooiberg'. Nou weet ons dat hierdie rooi kleur bodembeskrywend is. Ook weet ons dat die lid Kei- primer 'vuur' beteken (in Nama gedevelariseer tot ǀae- (in Rynse spelling ǀai-), soos nog in Kora t'geys of ’kaip (HOTT 514) - die t’ en ’ voor die k is klapklankverteenwoordigers. Met velaar is die woord vir vuur dan ǀKae- wat ooreenstem met die Kei- van Keimas. Maar dit is nie die vuur wat hier meetel nie, dit is die rooi kleur van die vuurvlam. Die Rooiberg, Rooimond (d.i. uitmonding) verwys na die vuurrooi kleur, of die vlamrooi indruk. Hierdie gelukkige aanwysing het ons van mnr Hayes, eienaar van die plaas KEIMAS; kyk verder daar vir die lid -ma-s.
page start
685

Item sets