Hoesabes

Die eerste lid hoeri-, vir see, vind ons in Ou-Kaaps algemeen terug (HOTT. 438). Barrow 1797 1 161 meen die woord is klanknabootsend, '...the breaking of the sea upon the shore (is readily recognised) in hurroo'. In Nama en Kora van later tref ons dit aan as huri-b, 'die See, das Meer'. Die tweede lid, voorafgegaan deur 'n skerp aksentteken vir 'n suigkonsonant (ons weet nie seker watter nie) is opgeteken deur Winkelmann 1788 45 as 'xkoago, ein hoher Berg'. Ook hier is dit onseker watter suigklap bedoel is (kyk HOTT. 218). Die moontlikheid doen horn voor dat 'Kwaggo ’n saamge- stelde woord is en dat die -(g)go te identifiseer is met Ou-Kaaps cou, khoe, koe ens. (HOTT. 216) wat 'berg' beteken en gelyk te stel is aan die huidige Nama ǀui-b, die gedevelariseerde, klankwettige vorm. Ons word hierin ge- sterk deur Gordon se opmerking aangaande die benadrukking in die uit- spraak 'Seeberg'. Hierdie hoeri- open 'n boeiende moontlikheid dat die stamme random Tafelbaai of Seeberg, genoem Goring-haikonas en Goring-haikwas, ’n naam het waarvan die lid Goring-, ook gespel Goering-, niks anders as hoeri is nie, betekenende 'See-'.

About this item

Identifier
1302_SKCPN
Title
Hoesabes
Alternative Title
Hoesabes
Georeference Sources
S 2818 CB
longitude
18.375
latitude
-28.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
ou naam van Sandfontein, vroeer Modderfontein
Source
afr Gordon 1779 ms 2 86 'Weer stil tussen de bergen en smoorheet, by het pad komende na Compagnies drift daar de togt by dese rivier quam volgen wy het en hidden middag by Modder fontein...' [en bokant Modder fontein staan ingeskryf 'hoi sa bees'.] Ibid, kaart AG 7146 'Modder font(ein) of Hoisabees' [gelee aan Leeuwenrivier, d.i. die Houms, ten Noorde van Oranjerivier.] Van Reenen W 1791 VRV 15 300 'Van voorsz. doordrift It.w. 'Comp, door- drift'] ...na de Sandfontein op de Onsabees...' Hahn Th 1879 kaart 'ǀǀHoesabes', bron en berg. Veillet s.j. kaart 'Hoesabes Mt.' Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Hoesabis (Sandftn)', bron. Hahn Th 1901 Collectanea 40 'IHoetsabis, aus ǃHui-a-tsabis, im ǃGami- =j=nusgebiet'. Weer op bl. 49 'Suffix Tsa appears in local names in ǃKora and Nama...IHoetsabeb'. Weer op bl. 73 oor wisseling van -o- en -u- 'vergleiche ǃHu, Land, Erde, IHoetsabes'. Weer op 283 '1A contrahirt zu E: IHoetsabes hiess urspriinglich IHuiatsabes, wurde dann IHuetsabes = IHoetsabe'.
Description
afr Die eerste lid hoeri-, vir see, vind ons in Ou-Kaaps algemeen terug (HOTT. 438). Barrow 1797 1 161 meen die woord is klanknabootsend, '...the breaking of the sea upon the shore (is readily recognised) in hurroo'. In Nama en Kora van later tref ons dit aan as huri-b, 'die See, das Meer'. Die tweede lid, voorafgegaan deur 'n skerp aksentteken vir 'n suigkonsonant (ons weet nie seker watter nie) is opgeteken deur Winkelmann 1788 45 as 'xkoago, ein hoher Berg'. Ook hier is dit onseker watter suigklap bedoel is (kyk HOTT. 218). Die moontlikheid doen horn voor dat 'Kwaggo ’n saamge- stelde woord is en dat die -(g)go te identifiseer is met Ou-Kaaps cou, khoe, koe ens. (HOTT. 216) wat 'berg' beteken en gelyk te stel is aan die huidige Nama ǀui-b, die gedevelariseerde, klankwettige vorm. Ons word hierin ge- sterk deur Gordon se opmerking aangaande die benadrukking in die uit- spraak 'Seeberg'.
Hierdie hoeri- open 'n boeiende moontlikheid dat die stamme random Tafelbaai of Seeberg, genoem Goring-haikonas en Goring-haikwas, ’n naam het waarvan die lid Goring-, ook gespel Goering-, niks anders as hoeri is nie, betekenende 'See-'.
page start
561

Item sets