Kubukams, Qubuukams

Kubub is plaas nr 15, dist. Liideritz, en le suidelik van die dorpie Aus. Dit is ook die naam van die hoe berg wat in Schultze se werk baie aandag kry, van bronne daar, en van 'n rivier. Die naam is wel aanvanklik afkomstig van die berg - let op lokativerende uitgang -b. Almal wat die suigkonsonant aangee, stem saam dat dit die serebrale ǃ is: dit is ten minste ’n vastigheid. Waar die betekenis aangegee word, loop die opvattings uiteen. Die anlaut wissel tussen k- en g-, wat gewoon is, (vgl. 5 A 3.) Dit is bepaald opmerklik dat Schultze in die aangehaalde gedeelte die betekenisse van die Namaname aangee, maar met Kubub blykbaar geen raad weet nie. Schinz se verklaring laat bietjie dink aan die van Fenchel (vgl. KUBUS), en daar is 'n mate van ooreenstemming tussen Krenz, Lubowski en Christian, die mees resente pogings. Wat ons betref, ons sien dit so. Die suigkonsonant kan ons aanvaar as die serebrale ǃ, die grondwoord dus ǃkubu-, of in sy normale wisseluitsprake van destyds, ǃkuwu- (b x w, vgl. 5 B 1), Igubu- (k x g, vgl. 5 A 3) of ǃguwu-. Die beskrywings van die plek as sodanig by bv. Schultze (hier nie aangehaal nie), by Schinz en Lubowski (in aanhalings) gee die sleutel. Dit moet dus wees soos Nama ǃguwu- - wat rond is, bv. 'n ketel (Schinz) of ’n tregter (vgl. GUBUUMS), 'n kom (Lubowski wat se dat die vlakte omring is van berge). 'Die plek soos 'n ketel of ronde kom'.

About this item

Identifier
1964_SKCPN
Title
Kubukams, Qubuukams
Alternative Title
Kubukams, Qubuukams
Georeference Sources
K 2816 DB
longitude
16.875
latitude
-28.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Laidler PW 1927 Man 148 'Cǀqubuu Pǀkams, olive Waters. A spring at the top of Springklip. Probably once surrounded by trees'.
Description
afr Kubub is plaas nr 15, dist. Liideritz, en le suidelik van die dorpie Aus. Dit is ook die naam van die hoe berg wat in Schultze se werk baie aandag kry, van bronne daar, en van 'n rivier. Die naam is wel aanvanklik afkomstig van die berg - let op lokativerende uitgang -b. Almal wat die suigkonsonant aangee, stem saam dat dit die serebrale ǃ is: dit is ten minste ’n vastigheid. Waar die betekenis aangegee word, loop die opvattings uiteen. Die anlaut wissel tussen k- en g-, wat gewoon is, (vgl. 5 A 3.) Dit is bepaald opmerklik dat Schultze in die aangehaalde gedeelte die betekenisse van die Namaname aangee, maar met Kubub blykbaar geen raad weet nie. Schinz se verklaring laat bietjie dink aan die van Fenchel (vgl. KUBUS), en daar is 'n mate van ooreenstemming tussen Krenz, Lubowski en Christian, die mees resente pogings. Wat ons betref, ons sien dit so. Die suigkonsonant kan ons aanvaar as die serebrale ǃ, die grondwoord dus ǃkubu-, of in sy normale wisseluitsprake van destyds, ǃkuwu- (b x w, vgl. 5 B 1), Igubu- (k x g, vgl. 5 A 3) of ǃguwu-. Die beskrywings van die plek as sodanig by bv. Schultze (hier nie aangehaal nie), by Schinz en Lubowski (in aanhalings) gee die sleutel. Dit moet dus wees soos Nama ǃguwu- - wat rond is, bv. 'n ketel (Schinz) of ’n tregter (vgl. GUBUUMS), 'n kom (Lubowski wat se dat die vlakte omring is van berge). 'Die plek soos 'n ketel of ronde kom'.
page start
793

Item sets