Koppies

Dit is plaas Koornhuis Clw. Q. 8-35 op K 2917 DD, dist. Namakwaland. Van Niekerk skryf die naam volgens Afrikaanse uitspraak, maar dit is geregistreer as Koornhuis, volgens die ou Nederlandse spelwyse, en is ’n duidelike volksetimologiese aanpassing uit die ou of 'oorspronklike' Namavorm Kurikuis, vandag ǃUri-ǀuis, letterlik 'Witklip' of 'Witberg'. In Ou-Kaaps is die ǃuri en die ǀuis van vandag nog gevelariseer gewees, d.w.s. resp. ǃkuri- en ǀkuis gewees (kyk HOTT 186 e.v. en 5 C 1). In die kwadraat 2917 is juis verskillende plase met name waarvan 'Wit-' ’n bestanddeel is (bv. Witkliphoogte, Witteklipfontein, Witwater ens.) As mnr Kemp die leidraad nie gegee het nie, sou ons by die oplossing nie uitgekom het nie. Die boeiende feit is dat hierdie kwartsklipryk plek in die plekbenoeming sy neerslag gevind het in die Ou-Kaapse vorm van Kurikuis volksetimologies bewaar as 'Koornhuis', en ten derde, dat 'Witteklipfontein' van 2917 DD klaarblyklik die letterlike vertaling is van die ou inlandse naam, ’n vertaling wat, soos Koornhuis, oud genoeg is om die Nederlandse vorm te kon vertoon. Die -s van Kurikui-s lokativeer 'n fontein, daarom die vertaling met 'Witteklipfontein'.

About this item

Identifier
1887_SKCPN
Title
Koppies
Alternative Title
Koppies
Georeference Sources
K 2823
longitude
23.5
latitude
-28.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Pettman 1931 SAPN 21 ' ǃAwes (Tarconanthus camphoratus, the Vaalbosch) is the name of a place near Postmasburg, Griqualand West, which the Dutch have corrupted into Koppies'.
Description
afr Dit is plaas Koornhuis Clw. Q. 8-35 op K 2917 DD, dist. Namakwaland. Van Niekerk skryf die naam volgens Afrikaanse uitspraak, maar dit is geregistreer as Koornhuis, volgens die ou Nederlandse spelwyse, en is ’n duidelike volksetimologiese aanpassing uit die ou of 'oorspronklike' Namavorm Kurikuis, vandag ǃUri-ǀuis, letterlik 'Witklip' of 'Witberg'. In Ou-Kaaps is die ǃuri en die ǀuis van vandag nog gevelariseer gewees, d.w.s. resp. ǃkuri- en ǀkuis gewees (kyk HOTT 186 e.v. en 5 C 1). In die kwadraat 2917 is juis verskillende plase met name waarvan 'Wit-' ’n bestanddeel is (bv. Witkliphoogte, Witteklipfontein, Witwater ens.) As mnr Kemp die leidraad nie gegee het nie, sou ons by die oplossing nie uitgekom het nie. Die boeiende feit is dat hierdie kwartsklipryk plek in die plekbenoeming sy neerslag gevind het in die Ou-Kaapse vorm van Kurikuis volksetimologies bewaar as 'Koornhuis', en ten derde, dat 'Witteklipfontein' van 2917 DD klaarblyklik die letterlike vertaling is van die ou inlandse naam, ’n vertaling wat, soos Koornhuis, oud genoeg is om die Nederlandse vorm te kon vertoon. Die -s van Kurikui-s lokativeer 'n fontein, daarom die vertaling met 'Witteklipfontein'.
page start
761

Item sets