Homis

Volgens Wikar se kaart is dit gelee aan die suidelike oewer, oos van die punt van invloeiing van die Grootvisrivier in die Oranjerivier, en ten weste van Goodhouse. Die graadvierkant is hiervolgens bepaal. 'Rietvallei' vertaal die inlandse naam. Die lid 'riet-' korreleer klaarblyklik met Nama ǀhomi- = 'die Binse (harte Art)' (Kr.-R. 1969 NW 184), d.w.s. die 'riet' is eintlik ’n harde biesie. Die -garis laat sterk dink aan bv. =^kharis = waterval, of aan ǃgari- = rivier, maar dit vertaal nie eintlik 'valey' nie. Die plekke in hierdie omgewing met bestanddeel 'Biesie-' of 'Riet-' is te ver af van die vasgestelde graadvierkant om die vertaling van die naam Homgaris te wees. Blykbaar het die naam in onbruik geraak.

About this item

Identifier
1318_SKCPN
Title
Homis
Alternative Title
Homis
Georeference Sources
S 2818
longitude
18.5
latitude
-28.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Weber EW 1869 Quellen 8 33 'In ... ǀHomis fand ich viele Leute...'
Description
afr Volgens Wikar se kaart is dit gelee aan die suidelike oewer, oos van die punt van invloeiing van die Grootvisrivier in die Oranjerivier, en ten weste van Goodhouse. Die graadvierkant is hiervolgens bepaal. 'Rietvallei' vertaal die inlandse naam. Die lid 'riet-' korreleer klaarblyklik met Nama ǀhomi- = 'die Binse (harte Art)' (Kr.-R. 1969 NW 184), d.w.s. die 'riet' is eintlik ’n harde biesie. Die -garis laat sterk dink aan bv. =^kharis = waterval, of aan ǃgari- = rivier, maar dit vertaal nie eintlik 'valey' nie. Die plekke in hierdie omgewing met bestanddeel 'Biesie-' of 'Riet-' is te ver af van die vasgestelde graadvierkant om die vertaling van die naam Homgaris te wees. Blykbaar het die naam in onbruik geraak.
page start
566

Item sets