Keidebees

Die plaas Keichenoep nr Gor. Q.2-56 word begrens deur Omdraai nr Gor. Q.2-57 aan die weste en Zwaar Draai nr Gor. Q.2-55 aan die ooste, dit le tussen die twee plase op K 2820 AD/CB (Topo-kadastrale reeks 1966 vel 2820). Ons meen dat die eerste lid van Keichenoep, nl. Kei-, nie soos gei [kai] = groot is nie maar dat dit in verband met 'draai' gebring moet word wat as komponent in die twee genoemde omringende plaasname voorkom. Die Kei- sal dan wees soos Nama ǀǀkai = 'Zuriickjagen, = kehren, = wenden' (Kr.-R. 1969 NW 219). Die plaas le aan ’n spruitjie wat in die Moloporivier inloop. Mens sal nouliks aan ’n 'Grootdrif' by die spruitjie kan dink. Met behoud van dr Van Vreeden se -chenoep voorlopig as -drif, kan ons die naam dan verklaar as '(Om)draaidrif'.

About this item

Identifier
1644_SKCPN
Title
Keidebees
Alternative Title
Keidebees
Georeference Sources
K 2821 AC
longitude
21.125
latitude
-28.375
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr PNK 19 4 1950 'Keidebees'. Dist. Gordonia, 51 km van Upington af. Naam van ’n plaas en van 'n voorgestelde poskantoor daarop, uitgespreek 'Ky de bees'. Die invuller van die vorm gee die herkoms aan as Afrikaans 'Kudde bees' en wil die spelling verander he tot 'Kuddebees'. PNK 22 8 1950, brief van posmeester-generaal, in antwoord op versoek van PNK om meer inligting te verskaf, daaruit 'From information obtained from Dr. Kriel, Upington, it would appear that...Keidebees is derived from Tjkeiabees, a Hottentot word meaning Big Tree'. Smith 1966 CNSAP 196 by dabbie (dabees) 'The name is preserved in the place name...Keidabes'. Van Vreeden 1965 TVV 21/3 Julie 1965 8 'Die eerste blanke boere het eers na die Tweede Koranna-oorlog 1879-1880 die Oranjerivier oorgesteek en by Keidebees met hulle vee gestaan...' Ibid. 12 'Keidebees uit Nama kei = groot; daweb = abiekwaboom...'
Description
afr Die plaas Keichenoep nr Gor. Q.2-56 word begrens deur Omdraai nr Gor. Q.2-57 aan die weste en Zwaar Draai nr Gor. Q.2-55 aan die ooste, dit le tussen die twee plase op K 2820 AD/CB (Topo-kadastrale reeks 1966 vel 2820). Ons meen dat die eerste lid van Keichenoep, nl. Kei-, nie soos gei [kai] = groot is nie maar dat dit in verband met 'draai' gebring moet word wat as komponent in die twee genoemde omringende plaasname voorkom. Die Kei- sal dan wees soos Nama ǀǀkai = 'Zuriickjagen, = kehren, = wenden' (Kr.-R. 1969 NW 219). Die plaas le aan ’n spruitjie wat in die Moloporivier inloop. Mens sal nouliks aan ’n 'Grootdrif' by die spruitjie kan dink. Met behoud van dr Van Vreeden se -chenoep voorlopig as -drif, kan ons die naam dan verklaar as '(Om)draaidrif'.
page start
680

Item sets