Keichenoep

Die aanhalings is so gekies dat hulle verteenwoordigend van vorm en betekenisse kan wees. Opvallend is die gedevelariseerde IJ van Beutler, daar- naas is die Key waar hulle gerus het, gelee aan die Kabeljousrivier se bopunt en wat dieselfde woord is. Die glottalisasie van velere klanke is nie vreemd nie, vgl. vir Ou-Kaaps HOTT 186-8 en 5 C 1. ’n Ander wisselvorm is Lichtenstein se Tey soos hy dit van dr Van der Kemp gehoor het. Ook hierdie wisse- ling in ’n artikulatories teenoorgestelde rigting, met die gevolg dat velare en alveolare allofonies verskyn, is in Ou-Kaaps nie vreemd nie, vgl. HOTT 179 par. 27(2)(a) en 5 E 1. Kei, Tey en IJ is in Ou-Kaaps bestaanbare vorme van dieselfde woord. Wat die betekenis betref, het ons vier verklarings. Die van Chase vertaal heel seker nie die Khoekhoense naam nie. Die Bantoenaam is i-Nciba, 'The Great Kei' (Kropf-Godfrey 1915 KED 503) en is deur Chase moontlik in verband gebring met Xhosa nciǃ vir 'painful feeling' (KED aid. 249). Die verklaring van die naam met Grootrivier deur Kei te verbind met wat in Nama kei of gei heet (tans gespel kai) en 'groot' beteken, is amper dwingend vir wie die rivier ken. Eens op ’n tyd het ook Pettman dit bepleit (vgl. SAJS 19 374) maar dit laat vaar, in sy SAPN 1931 kom Kei nie eers voor nie, Anders 1934 Blythswood Review 45 het dit weer aanvaar, soos Holt op gesag van prof. Engelbrecht. Maar as ons merk dat Kei in bv. die spelling van Sparrman op meer as een plek en op sy kaart nooit sonder ’n suigklapper voorkom nie, en deur horn so gehoor is, dan kan die schnalzlose gei [kai] = groot tog nie aan die naam ten grondslag le nie. Kokot se herinnering aan ‘gleaming’ is dieselfde as die van hulle wat KEISKAMMA (aid.) op Nama =f=kei = 'glanzen, erglanzen' (Kr.-R. 1969 NW 236) wil terugvoer. Soos in die geval van gei = groot berus =f=kei = glinsterend op klankassosiasie wat ook van buite-af moontlik is, hier waarskynlik op grond van glinsterende water of klippies. Daar is nogtans geen rede om aan die oudste verklaring te twyfel nie. Beutler het dit uit die mond van sy Hollandskundige Khoekhoen opgeteken. Die getuies lyk betroubaar. Die beskrywende term 'sand' is aanvaarbaar. Kei, Kai en Kay is oortuigend verenigbaar met Nama ǀǀkae-b [ǀǀkhae-b] = 'Flusssand, Bausand' (Rust 1960 DNW 51), dieselfde in Korana (vir dokumentasies kyk HOTT 438). Dieselfde woord het Maingard 1934 SAJS 31 142 by dr Van der Kemp gevind in 1803, 't’kei, ‘sand’.' In al hierdie optekeninge en vergelykinge is daar die suigkonsonant aanwesig, deur Sparr- man vereis. Ons kqn geen enkele beswaar vind wat teen die verklaring van Beutler ingebring kan word nie. Kei in Keirivier (-brug, -weg en in Kei Mouth) is te vertaal as 'Sand(rivier)' ens. Vir ander spelvorme as die wat in ons 'bloemlesing' van gekose sitate voorkom, kyk Skead CJ 1973 Gazetteer 97, ook daar vir die onderskeidende graadaanduidings van die verskillende name en plekke. Ons het die uitwateringspunt van die Grootkei aangegee en verder name met Kei- as die bestanddeel. Vir ons opvatting is daar nog ander oorwegings. Dit blyk dat die naam vir die Kei onder die Blankes teen 1800 in die wandeling 'Kliprivier' was, en in sy Engelse vorm as 'Stone(y) River' voorgekom het. Dit se ons na aanleiding van twee verslae. Die eerste verslag is van Heligert Muller 1783 VRV 34 180 wat die naam as 'Klip Rivier' gebuik vir die Kei, ook as sodanig gei'den- tifiseer deur PR Kirby 1953 VRV 34 195 vn 70. Dit is tog 'n belangrike mededeling. Tot dusver het ons geen ander dokumentasie vir hierdie gebruik van Kliprivier onder die koloniste nie - Muller was ’n 'burger Ritmeester', aldaar 158. Interessant is die feit dat die matroos William Hubberly wat die stranding van die Grosvenor oorleef het, in sy verslag die Keirivier spontaan benoem as 'Stone River' en 'Stoney River' (VRV 34 94). In sover as wat hierdie name bewyskrag het, lyk dit of hulle die vertaling van Kei as Sand- rivier kan rugsteun omdat daar tog ’n verband is tussen klip en riviersand, vgl. Kr.-R. 1969 NW 220 'ǀǀkaib (ǀǀkaeb) [ǀǀkhae-b] = der 'Rivier’sand, Treib- sand'.

About this item

Identifier
1642_SKCPN
Title
Keichenoep
Alternative Title
Keichenoep
Georeference Sources
K 2820 AD/CB
longitude
20.375
latitude
-28.375
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Van Vreeden 1961 Oorsprong 370 'Keichenoep, plaas wes van Kakamas, dist. Gordonia...Nama gei = groot; xanub (xanu = deurwaad) = drif, deurloop...Dus ‘Grootdrif.'
Description
afr Die aanhalings is so gekies dat hulle verteenwoordigend van vorm en betekenisse kan wees. Opvallend is die gedevelariseerde IJ van Beutler, daar- naas is die Key waar hulle gerus het, gelee aan die Kabeljousrivier se bopunt en wat dieselfde woord is. Die glottalisasie van velere klanke is nie vreemd nie, vgl. vir Ou-Kaaps HOTT 186-8 en 5 C 1. ’n Ander wisselvorm is Lichtenstein se Tey soos hy dit van dr Van der Kemp gehoor het. Ook hierdie wisse- ling in ’n artikulatories teenoorgestelde rigting, met die gevolg dat velare en alveolare allofonies verskyn, is in Ou-Kaaps nie vreemd nie, vgl. HOTT 179 par. 27(2)(a) en 5 E 1. Kei, Tey en IJ is in Ou-Kaaps bestaanbare vorme van dieselfde woord. Wat die betekenis betref, het ons vier verklarings. Die van Chase vertaal heel seker nie die Khoekhoense naam nie. Die Bantoenaam is i-Nciba, 'The Great Kei' (Kropf-Godfrey 1915 KED 503) en is deur Chase moontlik in verband gebring met Xhosa nciǃ vir 'painful feeling' (KED aid. 249).
Die verklaring van die naam met Grootrivier deur Kei te verbind met wat in Nama kei of gei heet (tans gespel kai) en 'groot' beteken, is amper dwingend vir wie die rivier ken. Eens op ’n tyd het ook Pettman dit bepleit (vgl. SAJS 19 374) maar dit laat vaar, in sy SAPN 1931 kom Kei nie eers voor nie, Anders 1934 Blythswood Review 45 het dit weer aanvaar, soos Holt op gesag van prof. Engelbrecht. Maar as ons merk dat Kei in bv. die spelling van Sparrman op meer as een plek en op sy kaart nooit sonder ’n suigklapper voorkom nie, en deur horn so gehoor is, dan kan die schnalzlose gei [kai] = groot tog nie aan die naam ten grondslag le nie.
Kokot se herinnering aan ‘gleaming’ is dieselfde as die van hulle wat KEISKAMMA (aid.) op Nama =f=kei = 'glanzen, erglanzen' (Kr.-R. 1969 NW 236) wil terugvoer. Soos in die geval van gei = groot berus =f=kei = glinsterend op klankassosiasie wat ook van buite-af moontlik is, hier waarskynlik op grond van glinsterende water of klippies.
Daar is nogtans geen rede om aan die oudste verklaring te twyfel nie. Beutler het dit uit die mond van sy Hollandskundige Khoekhoen opgeteken. Die getuies lyk betroubaar. Die beskrywende term 'sand' is aanvaarbaar. Kei, Kai en Kay is oortuigend verenigbaar met Nama ǀǀkae-b [ǀǀkhae-b] = 'Flusssand, Bausand' (Rust 1960 DNW 51), dieselfde in Korana (vir dokumentasies kyk HOTT 438). Dieselfde woord het Maingard 1934 SAJS 31 142 by dr Van der Kemp gevind in 1803, 't’kei, ‘sand’.' In al hierdie optekeninge en vergelykinge is daar die suigkonsonant aanwesig, deur Sparr- man vereis. Ons kqn geen enkele beswaar vind wat teen die verklaring van Beutler ingebring kan word nie. Kei in Keirivier (-brug, -weg en in Kei Mouth) is te vertaal as 'Sand(rivier)' ens. Vir ander spelvorme as die wat in ons 'bloemlesing' van gekose sitate voorkom, kyk Skead CJ 1973 Gazetteer 97, ook daar vir die onderskeidende graadaanduidings van die verskillende name en plekke. Ons het die uitwateringspunt van die Grootkei aangegee en verder name met Kei- as die bestanddeel.

Vir ons opvatting is daar nog ander oorwegings. Dit blyk dat die naam vir die Kei onder die Blankes teen 1800 in die wandeling 'Kliprivier' was, en in sy Engelse vorm as 'Stone(y) River' voorgekom het. Dit se ons na aanleiding van twee verslae. Die eerste verslag is van Heligert Muller 1783 VRV 34 180 wat die naam as 'Klip Rivier' gebuik vir die Kei, ook as sodanig gei'den- tifiseer deur PR Kirby 1953 VRV 34 195 vn 70. Dit is tog 'n belangrike mededeling. Tot dusver het ons geen ander dokumentasie vir hierdie gebruik van Kliprivier onder die koloniste nie - Muller was ’n 'burger Ritmeester', aldaar 158. Interessant is die feit dat die matroos William Hubberly wat die stranding van die Grosvenor oorleef het, in sy verslag die Keirivier spontaan benoem as 'Stone River' en 'Stoney River' (VRV 34 94). In sover as wat hierdie name bewyskrag het, lyk dit of hulle die vertaling van Kei as Sand- rivier kan rugsteun omdat daar tog ’n verband is tussen klip en riviersand, vgl. Kr.-R. 1969 NW 220 'ǀǀkaib (ǀǀkaeb) [ǀǀkhae-b] = der 'Rivier’sand, Treib- sand'.
page start
679

Item sets