Keimub

Nie te verwar met KEIMOES nie. Hierdie plek le aan die 'Groote Riv:' wat inloop in die Gamtoos. Gordon se aanwysing met betrekking tot die Noagha laat weinig twyfel oor aangaande die ligging van sy Keimoe, ook gee hy die betekenis ondubbelsinnig aan. Die lid -moe is soos Nama mu-s = oog, ook die oog van ’n fontein of bron, gewone toepassing by baie fonteinname. Die 'kei (die skerp aksent stel ’n suigklap voor) is primer soos Nama ǀai [ǀae-] = vuur (Rust 1960 DNW 21), in Ou-Kaaps (eintlik in Korana) nog met die velaar vooraan, bv. as t'geys of 'kaip (HOTT 514), en sekonder is 'vuur' gebruik om die begrip 'rooi' uit te druk, soos hier. Keimoe is eintlik 'Vuur-oog', in terme van die kleurindruk 'Rooi-oog' n.a.v. die kleur van die vlam. Nou is daar in die Topografiese reeks 1973 vel 3324 Port Elizabeth op presies hierdie lokaliteit 'n 'Rooidraai', wat die vermoede laat ontstaan dat Rooidraai ’n erfgenaam kan wees van Gordon se Keimoe, ’n naam wat van die fontein oorgegaan het op die draai. Indien wel, is die prikkel vir ons Rooidraai die ou Khoekhoense fonteinnaam daar.

About this item

Identifier
1661_SKCPN
Title
Keimub
Alternative Title
Keimub
Georeference Sources
S 2719 CA
longitude
19.125
latitude
-27.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
nou Blinkoog
Source
afr Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Keimub (Blinkoog)', bron aan grootpad.
Description
afr Nie te verwar met KEIMOES nie. Hierdie plek le aan die 'Groote Riv:' wat inloop in die Gamtoos. Gordon se aanwysing met betrekking tot die Noagha laat weinig twyfel oor aangaande die ligging van sy Keimoe, ook gee hy die betekenis ondubbelsinnig aan. Die lid -moe is soos Nama mu-s = oog, ook die oog van ’n fontein of bron, gewone toepassing by baie fonteinname. Die 'kei (die skerp aksent stel ’n suigklap voor) is primer soos Nama ǀai [ǀae-] = vuur (Rust 1960 DNW 21), in Ou-Kaaps (eintlik in Korana) nog met die velaar vooraan, bv. as t'geys of 'kaip (HOTT 514), en sekonder is 'vuur' gebruik om die begrip 'rooi' uit te druk, soos hier. Keimoe is eintlik 'Vuur-oog', in terme van die kleurindruk 'Rooi-oog' n.a.v. die kleur van die vlam. Nou is daar in die Topografiese reeks 1973 vel 3324 Port Elizabeth op presies hierdie lokaliteit 'n 'Rooidraai', wat die vermoede laat ontstaan dat Rooidraai ’n erfgenaam kan wees van Gordon se Keimoe, ’n naam wat van die fontein oorgegaan het op die draai. Indien wel, is die prikkel vir ons Rooidraai die ou Khoekhoense fonteinnaam daar.
page start
686

Item sets