Korauiseb

Die plaas 'Koranna Kolken' het eers ’n langer naam gehad, nl. 'De Koranna Kolken en Lange Jans Vlei', bv. so opgegee in Veillet kaart. Die ouer opgawes is origens soos op die topo-kadastrale kaart, soms met die spelling 'Korana'. Vir ons gaan dit egter om die betekenis. Die verband is hier in alle gevalle met die stamnaam. Die stamnaam word verskillend afgelei, bv. van ’n hoofman ǃKora of ǃGora, ook gedevelariseer as ǃOra. 'n Ander verklaring is volgens Burchell (vgl. Raper 1972 Streekname 83) 'The word Koraqua means ‘a man wearing shoes’, as distinguished from ‘sandals’, which have no upper leather and are in more general use among the other nations and tribes'. Volgens hierdie mededeling van Burchell 1811 kry Kora 'n kulturele betekenis wat op ’n verskil in rang dui. Korakwa, ’n vorm wat in ouer geskrifte voorkom, is hiervolgens dan letterlik te verstaan as die Kora-manne, d.w.s. die -kwa is die ml. mv. -gu- (dus ml. ekv. Kora-b, mv. Kora-gu-) plus benadrukkende uitgang -a, en Kora-n-a is weer die genoemde versterkende -a, nou voorafgegaan deur die -n- wat die vorm van die mv. gemeenslagtig is, letterlik die Kora-mense. Die Afrikaanse en Engelse Koran(n)a-s is dus ’n woord met ’n dubbele meervoud, nl. die inlandse -n(a) en die uitlandse -s daarenbowe. Die stamnaam is oud en kom na bewering reeds in Van Riebeeck se tyd voor in die vorm (o.a. as) Gorachouqua. Vir ander afleidings kyk o.a. Engelbrecht JA 1936 The Korana, SESA 1972 6 444, en veral Maingard 1931 Lost tribes of the Cape SAJS 18 1931 503. Hierdie afleiding is eintlik ’n probleem vir die persoonsnaamkundige.

About this item

Identifier
1894_SKCPN
Title
Korauiseb
Alternative Title
Korauiseb
Georeference Sources
S 2718 CA
longitude
18.125
latitude
-27.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Source
afr Hahn Th 1879 kaart 'ǀKhora-ǀuiseb Mt.', berg. Kiepert 1893 'ǀKora ǀuiseb B.' Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Korauiseb Bg.'
Description
afr Die plaas 'Koranna Kolken' het eers ’n langer naam gehad, nl. 'De Koranna Kolken en Lange Jans Vlei', bv. so opgegee in Veillet kaart. Die ouer opgawes is origens soos op die topo-kadastrale kaart, soms met die spelling 'Korana'. Vir ons gaan dit egter om die betekenis. Die verband is hier in alle gevalle met die stamnaam. Die stamnaam word verskillend afgelei, bv. van ’n hoofman ǃKora of ǃGora, ook gedevelariseer as ǃOra. 'n Ander verklaring is volgens Burchell (vgl. Raper 1972 Streekname 83) 'The word Koraqua means ‘a man wearing shoes’, as distinguished from ‘sandals’, which have no upper leather and are in more general use among the other nations and tribes'. Volgens hierdie mededeling van Burchell 1811 kry Kora 'n kulturele betekenis wat op ’n verskil in rang dui.
Korakwa, ’n vorm wat in ouer geskrifte voorkom, is hiervolgens dan letterlik te verstaan as die Kora-manne, d.w.s. die -kwa is die ml. mv. -gu- (dus ml. ekv. Kora-b, mv. Kora-gu-) plus benadrukkende uitgang -a, en Kora-n-a is weer die genoemde versterkende -a, nou voorafgegaan deur die -n- wat die vorm van die mv. gemeenslagtig is, letterlik die Kora-mense. Die Afrikaanse en Engelse Koran(n)a-s is dus ’n woord met ’n dubbele meervoud, nl. die inlandse -n(a) en die uitlandse -s daarenbowe. Die stamnaam is oud en kom na bewering reeds in Van Riebeeck se tyd voor in die vorm (o.a. as) Gorachouqua. Vir ander afleidings kyk o.a. Engelbrecht JA 1936 The Korana, SESA 1972 6 444, en veral Maingard 1931 Lost tribes of the Cape SAJS 18 1931 503. Hierdie afleiding is eintlik ’n probleem vir die persoonsnaamkundige.
page start
765

Item sets