eng
The quotes are slightly extensively, because it is necessary to sit for the given name with certainty, the reason for it will soon appear. Brink's saying heard the first of the river (1761), and the inland name they decided. Gordon says they believed that Keikap, means Groot River, is the Orange River, among the people also known as the Groot River. Because Brink crossed the Keikap, by them the 'turning river', crossed north easterly of Warmbaths, they thought the Orange River came from the north, by not holding the two rivers with the same Afrikaans names of Groot River. The name Keikap occurs in varying spellings, sometimes in different meanings. From his card on height S 2718/2719 it appears that Alexander 75 years after Brink passed the Keikap in about the same environment. About the equality in location and name at what Alexander told, on the one hand, and the saying of Gordon on the other, there can be no doubt. A1 they do not regard the river at the same place of his walk, they consider the same river. Then we have the fact before us that Alexander gives the same place another, deviant statement. They all agree on the lock part. It isǃ (K) A-B = River, with the K- as in Old Cape (Hott 430), or deface (without it) as in Nama today. The question is whether the first K, who varies with G-, has a suction consonant in front or not. With the exception of Alexander, they give no suction consonant, implicitly by the Kai explicitly translated with 'big', such as Gordon, explicitly by stating the Schnalz before the second member but leaving it before the first way (Tindall Ea ) On the basis of the statement that Alexander gives, viz. From 'Witch River', his spokesman lies the Nama wordǃ Gei-b = 'Zaubermittel' (Rust 1960 DNW 75). It can only be 'Groot River' as 'witch or magic river'. However, the earliest and frequent statement is that of 'Groot River', also according to the opinion of missionaries known to local conditions. This would have solved the problem if there were no subjects of a logical and hydrological nature. Gordon has already pointed out, it is a Groot River 'walking not in heavy [or thunder] right'. The 'big' will therefore have to hit its length, not its size unless in royal times. The Surveyor General 1972's card writes the river name Gaibab, therefore our Lemmanaam. (We could not yet determine whether there is a connection between Gaib and Geinab).
afr
Die aanhalinge is effens uitvoerig, omdat dit nodig is om die gegewe naam met sekerheid te situeer, die rede daarvoor sal straks blyk. Brink se gesêlskap het die eerste van die rivier gehoor (1761), en die inlandse naam het hulle mis- lei. Gordon vertel dat hulle gemeen het dat Keikap, betekenende Grootrivier, die Oranjerivier is, onder die mense ook bekend as die Grootrivier. Omdat Brink die Keikap, deur hulle genoem die 'Draaij Rivier', gekruis het noord- oostelik van Warmbad, het hulle gemeen dat die Oranjerivier uit die noorde kom, deurdat hulle die twee riviere met dieselfde Afrikaanse volksnaam van Grootrivier nie uitmekaar gehou het nie. Die naam Keikap kom in wisselende spellings meermale voor, en wel soms in verskillende betekenisse. Uit sy kaart op hoogte S 2718/2719 blyk dit dat Alexander 75 jaar na Brink die Keikap in ongeveer dieselfde omgewing deurgegaan het. Oor die gelykheid in ligging en naam by wat Alexander meedeel, aan die een kant, en die segsliede van Gordon af aan die ander kant, kan daar geen twyfel bestaan nie. A1 beskou hulle die rivier nie op dieselfde plek van sy loop nie, beskou hulle dieselfde rivier. Dan het ons die feit voor ons dat Alexander vir dieselfde plek ’n ander, afwykende verklaring gee. Hulle stem almal saam oor die slotdeel. Dit is ǃ(k)a-b = rivier, met die k- soos in Ou-Kaaps (HOTT 430), of gedevelariseer (daarsonder) soos in Nama vandag. Die vraag is of die eerste k-, wat afwissel met g-, ’n suigkonsonant vooraan het of nie. Met die uitsondering van Alexander gee hulle geen suigkonsonant aan nie, implisiet deur die kai- uitdruklik te vertaal met 'groot', soos Gordon, eksplisiet deur wel die schnalz voor die tweede lid te vermeld maar dit voor die eerste weg te laat (Tindall e.a.) Ten grondslag aan die verklaring wat Alexander gee, nl. van 'Witch River', le sy segsman die Namawoord ǃgei-b = 'Zaubermittel' (Rust 1960 DNW 75). Dit kan dus ewegoed 'Grootrivier' wees as 'Heks- of Towenaarsrivier'. Die vroegste en frekwentste verklaring is egter die van 'Grootrivier', ook volgens die opinie van sendelinge wat met die plaaslike omstandighede bekend was. Dit sou die probleem opgelos het as daar nie bedenkings van ’n logiese en hidrologiese aard was nie. Gordon het al daarop gewys, dit is ’n Grootrivier 'loopende niet als by swaare [of donder] regens'. Die 'groot' sal dus op sy lengte moet slaan, nie op sy omvang nie, tensy in reentye. Die landmeter-generaal 1972 se kaart skryf die riviernaam Gaiab, daarom ons lemmanaam. (Ons kon nog nie vasstel of daar ’n verband tussen Gaiab en Geinab is nie).