Herees, Heris

Verskyn op omtrent alle ou kaarte; dit was ’n belangrike oorstaning aan die pad van Steinkopf na Goodhouse en driwwe daar naby. Die naam is baie oud. Opvallend dat ons geen poging gekry het om die betekenis daarvan vas te stel nie, ook nie by Alexander en Schulze nie. Die ou naam is erg vermink en het eintlik onherkenbaar geword, kyk Gordon se HAMNERIES en hierbo Th Hahn se opgawe. Th Hahn verklaar dit, blykens sy opgawe, as 'Bergrand/- Berghang' (Ihomi = berg, en Inanib = bergrand of -hang, Rust 1960 DNW 10). Die lid Inani- moet egter dialekties of allofonerend gehoor word as Inari-, vgl. 5 D 10, om beter aan te sluit by die -nkrie(s), via -nkerie(s) - vgl. Schmelen. Die -s indiseer die fontein. Die -m- van die ǃhom- = berg is blykbaar opgeneem in die -n- van -nkries. Alexander en Hugo Hahn se beskrywings gee die nodige topografiese besonderhede vir die naam. Ons meen dat Hahn Th se afleiding aanvaarbaar is, nl. as 'Fontein (-s) aan die berg (ǃhom-) se rand/hang (Inari-, wisselvorm by die gebruikliker Inani-)'. Steun daarvoor vind ons in Gordon se HAMNERIES alwaar. Indien juis, dan het die vorm Henkries ver en vroeg afgewyk. In die opgawes by Skead blyk dit verder hoe dit deur Blankes verhaspel is, bv. met 'Ingris' of met die volksetimologiese 'Increase'. Daar is nog ander. Ons haal die 'grappige' oorlewering aan soos dit verskyn het in SESA 1972 5 483-4 'According to tradition the Balis one day came across a dying White man muttering the word 'hungry', and the name Henkries is said to be a corruption of this word'. [Of was hierdie witman nie dalk 'Angry' nie? 1

About this item

Identifier
1257_SKCPN
Title
Herees, Heris
Alternative Title
Herees, Heris
Georeference Sources
S 2716
Relation
k HARIS
longitude
16.5
latitude
-27.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Alexander JE 1837 EDIA 2 240 'At Herees or Wet ground, the scene changed...we...descried...the mountains south of the Orange River...' Ibid, op kaart 'Heris'. Richter 1845 Charte 'Haris' look by Rynse sendelinge 1843-5.]
Description
afr Verskyn op omtrent alle ou kaarte; dit was ’n belangrike oorstaning aan die pad van Steinkopf na Goodhouse en driwwe daar naby. Die naam is baie oud. Opvallend dat ons geen poging gekry het om die betekenis daarvan vas te stel nie, ook nie by Alexander en Schulze nie. Die ou naam is erg vermink en het eintlik onherkenbaar geword, kyk Gordon se HAMNERIES en hierbo Th Hahn se opgawe. Th Hahn verklaar dit, blykens sy opgawe, as 'Bergrand/- Berghang' (Ihomi = berg, en Inanib = bergrand of -hang, Rust 1960 DNW 10). Die lid Inani- moet egter dialekties of allofonerend gehoor word as Inari-, vgl. 5 D 10, om beter aan te sluit by die -nkrie(s), via -nkerie(s) - vgl. Schmelen. Die -s indiseer die fontein. Die -m- van die ǃhom- = berg is blykbaar opgeneem in die -n- van -nkries. Alexander en Hugo Hahn se beskrywings gee die nodige topografiese besonderhede vir die naam. Ons meen dat Hahn Th se afleiding aanvaarbaar is, nl. as 'Fontein (-s) aan die berg (ǃhom-) se rand/hang (Inari-, wisselvorm by die gebruikliker Inani-)'. Steun daarvoor vind ons in Gordon se HAMNERIES alwaar. Indien juis, dan het die vorm Henkries ver en vroeg afgewyk. In die opgawes by Skead blyk dit verder hoe dit deur Blankes verhaspel is, bv. met 'Ingris' of met die volksetimologiese 'Increase'. Daar is nog ander. Ons haal die 'grappige' oorlewering aan soos dit verskyn het in SESA 1972 5 483-4 'According to tradition the Balis one day came across a dying White man muttering the word 'hungry', and the name Henkries is said to be a corruption of this word'. [Of was hierdie witman nie dalk 'Angry' nie? 1
page start
546

Item sets