Has(Berge)

Dit handel oor die naam van ’n rivier (S 2619/K 2620), ’n bron daarby met riet begroei ('Rietfontein'), ’n sendingpos van die RSG, en langs die pad daar naby 'n kloof, in Nama ǀǀha- = 'die Schlucht, die Kluft' (Kr.-R. 1969 NW 160). 'Rietfontein' is dus ’n alternatiewe naam, dit is nie die vertaling van Has nie. Hahn en Kiepert wou die Khoekhoense naam aan die Hollandse naam verbind en van lg. 'n vertaling maak, daarom skryf hulle dit verkeerdelik as aanpassing met die palatale schnalz as =f=Has. Dr Van Vreeden lei Has af van Nama ǀhas = baarmoeder ('die fontein is die baarmoeder, dit baar water'), vgl. sy Oorsprong 1961 Gloss, s.v., maar hy het nie die voordeel gehad van die opinies van die genoemde sendelinge nie. Die vroulike genusuitgang -s word gewoonlik vir die aanduiding van 'n bron of waterplek gebruik. Die betekenis is dan ongeveer: 'Die Kloof(fontein)'. Die naam op Engelse kaarte (ons gee nie besonderhede hiervan nie en verwys na sendeling Papst hierbo) toon 'n frekwente wisseling aan, h- en k(h)-, 5 C 3.

About this item

Identifier
1222_SKCPN
Title
Has(Berge)
Alternative Title
Has(Berge)
Georeference Sources
S 2717 A
longitude
17.25
latitude
-27.25
Measurement Accuracy
25 km radius
Source
afr Hahn Th 1879 kaart ' =f=Has Mts.'; Sprigade-Moisel 1904 kaart 'Has-Bge'.
Description
afr Dit handel oor die naam van ’n rivier (S 2619/K 2620), ’n bron daarby met riet begroei ('Rietfontein'), ’n sendingpos van die RSG, en langs die pad daar naby 'n kloof, in Nama ǀǀha- = 'die Schlucht, die Kluft' (Kr.-R. 1969 NW 160). 'Rietfontein' is dus ’n alternatiewe naam, dit is nie die vertaling van Has nie. Hahn en Kiepert wou die Khoekhoense naam aan die Hollandse naam verbind en van lg. 'n vertaling maak, daarom skryf hulle dit verkeerdelik as aanpassing met die palatale schnalz as =f=Has. Dr Van Vreeden lei Has af van Nama ǀhas = baarmoeder ('die fontein is die baarmoeder, dit baar water'), vgl. sy Oorsprong 1961 Gloss, s.v., maar hy het nie die voordeel gehad van die opinies van die genoemde sendelinge nie. Die vroulike genusuitgang -s word gewoonlik vir die aanduiding van 'n bron of waterplek gebruik. Die betekenis is dan ongeveer: 'Die Kloof(fontein)'. Die naam op Engelse kaarte (ons gee nie besonderhede hiervan nie en verwys na sendeling Papst hierbo) toon 'n frekwente wisseling aan, h- en k(h)-, 5 C 3.
page start
533

Item sets