ǀGamǁgams

Bostaande is 'n verteenwoordigende seleksie. Die naam is oud. Mens verwag ook dat so ’n besondere verskynsel vroeg sy eie naam sal he. Die meeste beskou dit as van Nama-herkoms, hoewel enkeles dit aan die Sanvolk toeskryf. Die Blankes het die naam oorgeneem, sonder die suigkonsonant vooraan. Dit is opmerklik hoe konstant die naam deur die eeue bewaar is; dit wissel tussen Kamus (wel die Nederlandse -u-) en Kamies of Kamis, hoewel enkele etimologiserende belangstellings ’n H- of ’n N- voorstaan. Die 'volkse' uitspraak is redelik vas. Die afwykings kom eers wanneer daar na verklarings gevra word. Ons het hier ’n dosyn verklaringspogings, die van Gordon (met wie o.a. Ernst du Plessis saamstem, kyk TVV 26/2 van 30 April 1970), Barrow, Alexander (met wie Pettman saamstem, kyk SAPN 22), Tindall (soos by Van Reenen, hier nie aangehaal nie maar wel gedeeltelik by Mossop), Kroenlein (by inferensie), Van Niekerk, Dixon, Van der Merwe, 'n Ongenoemde, De Vries, Coetzee (wat die aksent anders le as Barrow) en SESA. Presies met die oog op SESA se versigtige verklaring is die aanhaling uit Barrow so gekies dat dit daardie moontlikheid ook in die lig stel. Die probleem is die feit dat die naam Kamies nie meer direk duidelik is nie, en nou word getrag om die naam te versoen met iets bekends wat tog ook met die verskynsel op ’n manier kousaal verband hou. Sommige verklarings kan ons sonder meer afwys, soos die van Van Niekerk: die naam is te oud daarvoor, of die van Alexander en Pettman, want xami = leeu het geen suigklank vooraan nie, terwyl ons met 'n groot mate van sekerheid weet dat Kamies dit wel gehad het. Van Reenen (nie as sitaat hierbo gegee nie) se ook dit beteken bymekaarmaak van verdwaalde vee en skryf dit xkami, dus met 'n schnalz, watter klap weet ons nie hieruit nie. Miskien kan ons dit die beste stel as ons ook hier ’n skeiding maak tussen die tyd voor Knudsen en na horn. Knudsen se spesifiek watter klapklank dit is. Agter in sy ABC-leesboekie op bl. 16 gee hy 'n aantal aardrykskundige name met hulle ekwivalente in Nama, en by 'Kamisberg' het hy vir Nama Elamis met ’n punt vooraan, wat volgens sy stelsel die dentale klapklank is, dus as ǀHamis te lees. Hierin word hy gevolg deur ander sendelinge wat sy spel- en leesboekie geken het, by name Kroenlein en Rust. Albei neem as uitgangspunt dieselfde grondwoord, met ’n H- na die klapmedeklinker, d.w.s. ǀHamis. Nou weet ons dat k- en h- mekaar in Ou- Kaaps en ook in plekname kan afwissel, kyk 5 C 3 vir voorbeelde. Dit is dus in orde, ook die variabiliteit van k- en n-, kyk 5 D 5. Lastig is egter dat almal nie dieselfde suigkonsonant gehoor het nie. Tindall (nie in ons kort aanhaling gegee nie) skryf die naam met ’n x- vooraan, nl. as xKami. Volgens sy stelsel verteenwoordig die x- die laterale suigklapper soos in die ortografie van die Bantoetale. Oorgebring in Khoekhoens is dit te lees as ǀǀKami. Die verklarings wat ons direk met Namawoorde kan verbind, het geen schnalz nie (Alexander met xam- = leeu), of het ’n bepaalde schnalz. So word gedink aan ǀgam of ǀkam = twee (Van der Merwe en SESA), aan ǀhami = 'eine alte Matte' (Rust in Kr.-R. 1969 NW 156), aan ǀhami = 'zerstreutes Vieh sammeln' (Kroenlein 1889 Wortschatz 146), daarin gevolg deur Pettman e.a., by Tindall gehoor as ǀǀkami, of daar word gedink aan ǃkami, ǃgami = 'das Bundel' (Kr.-R. 1969 NW 90), dieselfde woord wat ten grondslag le aan die IKhami- =f=nun = Bondelswarts. By laasgenoemde woorde word uitgegaan van die gedagte van Bondelberge, bondel die berge uitdra, vee versamel of bymekaar maak. Hulle lyk na waarskynlikheidsverklarings wat assosiatief op verskillende maniere verantwoordbaar gemaak word. Dixon se oplossing is taalkundig problematics, De Vries se poging wag nog op identifikasie van die plant. Ons is geneë om die antwoord van Gordon wat ook die oudste is, as aanneemlik te beskou. Kamiesberg is volgens sy navraag Grasveldberg. Wuras gee 'gras' in Kora op as ǀkam, in Nama is dit ǀga-b, by Tindall vir Namakwaland ǀka-p, wat gerealiseer kan word as ǀgam of ǀkam (HOTT 289). Die ou vorm sal wel ǀkami- gewees het, en die -s is die lokatief, d.w.s. dit is te vertaal as 'Die Plek van die Gras(veld)'. As ons gelyk het om Gordon as ons leidsman te aanvaar, dan het Knudsen en sy volgelinge tog die juiste suigkonsonant oorgedra, die dentale ǀ naamlik. Aantekening: Paterson se 'Camies Berg' wil inderdaad die Kamiesberg wees, maar is in feite ’n verkeerde toepassing van die naam op Koeberg. Vgl. Forbes 1965 PTSA 86.

About this item

Identifier
1498_SKCPN
Title
ǀGamǁgams
Alternative Title
Kamgams
Georeference Sources
B 2620
longitude
20.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Notes about Name
ou naam van Tweeriviere
Name in Khoekhoe or Nama
ǀGamǀǀgams
ǀGamǁgams
Source
afr Schwabe 1904 Mit Schwert und Pflug 182 'Kamgams', 'nach dem Tweerivier, der Stelle, wo sich der Ouob und ^Nossob vereinigen' (Papst H 1894 Quellen 23 92).
Description
afr Bostaande is 'n verteenwoordigende seleksie. Die naam is oud. Mens verwag ook dat so ’n besondere verskynsel vroeg sy eie naam sal he. Die meeste beskou dit as van Nama-herkoms, hoewel enkeles dit aan die Sanvolk toeskryf. Die Blankes het die naam oorgeneem, sonder die suigkonsonant vooraan. Dit is opmerklik hoe konstant die naam deur die eeue bewaar is; dit wissel tussen Kamus (wel die Nederlandse -u-) en Kamies of Kamis, hoewel enkele etimologiserende belangstellings ’n H- of ’n N- voorstaan. Die 'volkse' uitspraak is redelik vas. Die afwykings kom eers wanneer daar na verklarings gevra word.
Ons het hier ’n dosyn verklaringspogings, die van Gordon (met wie o.a. Ernst du Plessis saamstem, kyk TVV 26/2 van 30 April 1970), Barrow, Alexander (met wie Pettman saamstem, kyk SAPN 22), Tindall (soos by Van Reenen, hier nie aangehaal nie maar wel gedeeltelik by Mossop), Kroenlein (by inferensie), Van Niekerk, Dixon, Van der Merwe, 'n Ongenoemde, De Vries, Coetzee (wat die aksent anders le as Barrow) en SESA. Presies met die oog op SESA se versigtige verklaring is die aanhaling uit Barrow so gekies dat dit daardie moontlikheid ook in die lig stel. Die probleem is die feit dat die naam Kamies nie meer direk duidelik is nie, en nou word getrag om die naam te versoen met iets bekends wat tog ook met die verskynsel op ’n manier kousaal verband hou. Sommige verklarings kan ons sonder meer afwys, soos die van Van Niekerk: die naam is te oud daarvoor, of die van Alexander en Pettman, want xami = leeu het geen suigklank vooraan nie, terwyl ons met 'n groot mate van sekerheid weet dat Kamies dit wel gehad het. Van Reenen (nie as sitaat hierbo gegee nie) se ook dit beteken bymekaarmaak van verdwaalde vee en skryf dit xkami, dus met 'n schnalz, watter klap weet ons nie hieruit nie. Miskien kan ons dit die beste stel as ons ook hier ’n skeiding maak tussen die tyd voor Knudsen en na horn. Knudsen se spesifiek watter klapklank dit is. Agter in sy ABC-leesboekie op bl. 16 gee hy 'n aantal aardrykskundige name met hulle ekwivalente in Nama, en by 'Kamisberg' het hy vir Nama Elamis met ’n punt vooraan, wat volgens sy stelsel die dentale klapklank is, dus as ǀHamis te lees. Hierin word hy gevolg deur ander sendelinge wat sy spel- en leesboekie geken het, by name Kroenlein en Rust. Albei neem as uitgangspunt dieselfde grondwoord, met ’n H- na die klapmedeklinker, d.w.s. ǀHamis. Nou weet ons dat k- en h- mekaar in Ou- Kaaps en ook in plekname kan afwissel, kyk 5 C 3 vir voorbeelde. Dit is dus in orde, ook die variabiliteit van k- en n-, kyk 5 D 5. Lastig is egter dat almal nie dieselfde suigkonsonant gehoor het nie. Tindall (nie in ons kort aanhaling gegee nie) skryf die naam met ’n x- vooraan, nl. as xKami. Volgens sy stelsel verteenwoordig die x- die laterale suigklapper soos in die ortografie van die Bantoetale. Oorgebring in Khoekhoens is dit te lees as ǀǀKami. Die verklarings wat ons direk met Namawoorde kan verbind, het geen schnalz nie (Alexander met xam- = leeu), of het ’n bepaalde schnalz. So word gedink aan ǀgam of ǀkam = twee (Van der Merwe en SESA), aan ǀhami = 'eine alte Matte' (Rust in Kr.-R. 1969 NW 156), aan ǀhami = 'zerstreutes Vieh sammeln' (Kroenlein 1889 Wortschatz 146), daarin gevolg deur Pettman e.a., by Tindall gehoor as ǀǀkami, of daar word gedink aan ǃkami, ǃgami = 'das Bundel' (Kr.-R. 1969 NW 90), dieselfde woord wat ten grondslag le aan die IKhami- =f=nun = Bondelswarts. By laasgenoemde woorde word uitgegaan van die gedagte van Bondelberge, bondel die berge uitdra, vee versamel of bymekaar maak. Hulle lyk na waarskynlikheidsverklarings wat assosiatief op verskillende maniere verantwoordbaar gemaak word. Dixon se oplossing is taalkundig problematics, De Vries se poging wag nog op identifikasie van die plant.
Ons is geneë om die antwoord van Gordon wat ook die oudste is, as aanneemlik te beskou. Kamiesberg is volgens sy navraag Grasveldberg. Wuras gee 'gras' in Kora op as ǀkam, in Nama is dit ǀga-b, by Tindall vir Namakwaland ǀka-p, wat gerealiseer kan word as ǀgam of ǀkam (HOTT 289). Die ou vorm sal wel ǀkami- gewees het, en die -s is die lokatief, d.w.s. dit is te vertaal as 'Die Plek van die Gras(veld)'. As ons gelyk het om Gordon as ons leidsman te aanvaar, dan het Knudsen en sy volgelinge tog die juiste suigkonsonant oorgedra, die dentale ǀ naamlik. Aantekening: Paterson se 'Camies Berg' wil inderdaad die Kamiesberg wees, maar is in feite ’n verkeerde toepassing van die naam op Koeberg. Vgl. Forbes 1965 PTSA 86.
page start
627

Item sets