ǂHāmûs

Ons het optekeninge aangehaal van 19 persone van wie 5 kaartmakers is. Wat opval is o.a. die soms groot verskille in spelling, naamsvorm, aanduiding van suigklappe en nasaliteit, en natuurlik van verklarings. Die ouer vorms was gewoonlik voller, nl. met 'n uitbreiding -an by bv. Gordon en Albrecht, of meestal met ’n -s(e), aan die huidige 'stamvorm' Ham geheg. Vir Wikar se opgawe vgl. AMKAMS. Die anlaut is met stemhebbende of stemlose glottale konsonant, d.w.s. met 'n H- of 'n ?- lg. net geskryf A-. Die Tindalls is die eerstes wat ’n suigkonsonant aandui, J met ’n apostroof, H spesifiek die laterale met ’n X (Xham te lees as ǀǀHam). Presies dieselfde suigklap het ook die Rynse sendelinge gehoor (vgl. Weber en Wandres). Die Duitse sendelinge, die genoemdes uitstekende Namakundiges, het die plek goed geken en daar seifs 'n buitepos gehad, verdoop tot Blydeverwacht(ing). Hulle skrywe die naam deurgaans ǀǀHaams, en ook die kartograwe skryf die tongslag as lateraal, onder hulle Th Hahn 1879 wat die rivier persoonlik goed geken het. Die afwyking van die ǀǀ kom eers met Vedder, vir Mossop wie se raadgewer hy was (VRV 15 12), gee hy by Amkams eers die dentale slag, vir die PNK 12 jaar later die serebrale slag. Dit kom ons voor dat alle verklarings wat van ’n ander slag uitgaan as die laterale, soos gehoor deur die Engelse en Duitse sendelinge en ander bewuste Namakenners van die vorige eeu, direk verwerp kan word. Sulke verklarings is o.i. oorfilologiese pogings, hoe welmenend hulle ook al is. Hulle het nie die hulp van die ou dokumentasies gehad nie. Die ouer dokumentasies vereis as grondslag ’n ǀǀha(a)-. Die verklaring van Christian kies tot grondslag ’n woord sonder die nasaliteit op die klinker, d.w.s. hy bou sy verklaring op Nama ǀǀha-b = 'Bergschlucht, Bergabsturz' (Rust 1960 DNW 10), vgl. o.m. HAS. Dit kom daarop neer dat geen enkele verklaring, kennelik ook nie van Van Heerde wat daarin ’n klanknabootsing sien, tot dusver bevredigend is nie. Ongelukkig het van ons vroee segsliede niemand 'n verklaring nagelaat nie, sover ons kennis strek, ook nie Backhouse of Wandres wat spesiaal aandag hiervoor gehad het nie. Vir spesifiek die Hamrivier is die eerste poging tot ’n verklaring die van dr Vedder (1947), en om mee te begin, kies hy daarvoor al ’n woord met ’n 'verkeerde' suigklap. Kroenlein- Rust 1969 NW het slegs 'n enkele lemma ǀǀha-s, en dit beteken 'das Entlaufen, die Elucht'. Wie wil, kan daarmee miskien 'n 'Vlug-' of’n 'Ontvlugtings-', 'n 'Weghardlooprivier' maak, (bv. met ǀǀha = vlug, en -am(s) = watermon- ding), maar wat ons betref, ons beskou die saak nog as 'n onopgeloste vraag.

About this item

Identifier
1172_SKCPN
Title
ǂHāmûs
Alternative Title
Hamus
Georeference Sources
S 2618
longitude
18.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
╪Hāmûs
ǂHāmûs
Source
afr Budack 1965 Studie 223 ' 4= Hamus, 'Breedoog', =j=ha = breed...; mus = oog. (Nedersetting in die suide van Tses-reservaat, deur die Blankes ‘Blinkoog’ genoem)'.
Description
afr Ons het optekeninge aangehaal van 19 persone van wie 5 kaartmakers is. Wat opval is o.a. die soms groot verskille in spelling, naamsvorm, aanduiding van suigklappe en nasaliteit, en natuurlik van verklarings. Die ouer vorms was gewoonlik voller, nl. met 'n uitbreiding -an by bv. Gordon en Albrecht, of meestal met ’n -s(e), aan die huidige 'stamvorm' Ham geheg. Vir Wikar se opgawe vgl. AMKAMS. Die anlaut is met stemhebbende of stemlose glottale konsonant, d.w.s. met 'n H- of 'n ?- lg. net geskryf A-. Die Tindalls is die eerstes wat ’n suigkonsonant aandui, J met ’n apostroof, H spesifiek die laterale met ’n X (Xham te lees as ǀǀHam). Presies dieselfde suigklap het ook die Rynse sendelinge gehoor (vgl. Weber en Wandres). Die Duitse sendelinge, die genoemdes uitstekende Namakundiges, het die plek goed geken en daar seifs 'n buitepos gehad, verdoop tot Blydeverwacht(ing). Hulle skrywe die naam deurgaans ǀǀHaams, en ook die kartograwe skryf die tongslag as lateraal, onder hulle Th Hahn 1879 wat die rivier persoonlik goed geken het. Die afwyking van die ǀǀ kom eers met Vedder, vir Mossop wie se raadgewer hy was (VRV 15 12), gee hy by Amkams eers die dentale slag, vir die PNK 12 jaar later die serebrale slag. Dit kom ons voor dat alle verklarings wat van ’n ander slag uitgaan as die laterale, soos gehoor deur die Engelse en Duitse sendelinge en ander bewuste Namakenners van die vorige eeu, direk verwerp kan word. Sulke verklarings is o.i. oorfilologiese pogings, hoe welmenend hulle ook al is. Hulle het nie die hulp van die ou dokumentasies gehad nie. Die ouer dokumentasies vereis as grondslag ’n ǀǀha(a)-. Die verklaring van Christian kies tot grondslag ’n woord sonder die nasaliteit op die klinker, d.w.s. hy bou sy verklaring op Nama ǀǀha-b = 'Bergschlucht, Bergabsturz' (Rust 1960 DNW 10), vgl. o.m. HAS. Dit kom daarop neer dat geen enkele verklaring, kennelik ook nie van Van Heerde wat daarin ’n klanknabootsing sien, tot dusver bevredigend is nie. Ongelukkig het van ons vroee segsliede niemand 'n verklaring nagelaat nie, sover ons kennis strek, ook nie Backhouse of Wandres wat spesiaal aandag hiervoor gehad het nie. Vir spesifiek die Hamrivier is die eerste poging tot ’n verklaring die van dr Vedder (1947), en om mee te begin, kies hy daarvoor al ’n woord met ’n 'verkeerde' suigklap. Kroenlein- Rust 1969 NW het slegs 'n enkele lemma ǀǀha-s, en dit beteken 'das Entlaufen, die Elucht'. Wie wil, kan daarmee miskien 'n 'Vlug-' of’n 'Ontvlugtings-', 'n 'Weghardlooprivier' maak, (bv. met ǀǀha = vlug, en -am(s) = watermon- ding), maar wat ons betref, ons beskou die saak nog as 'n onopgeloste vraag.
page start
516

Item sets