ǃKhowas

Ons lees die naam in die manuskrip waaruit ons dit aangehaal het, as 'Koutema'. Hartogh vertaal dit uitdruklik met 'Slangerivier'. Die grondwoord kou- is dan slang, in Ou-Kaaps gou- en kau- (HOTT 458), wat in die Namadialek geglottaliseerd voorkom as -au-, en saam met sy dentale suigkonsonant as ǀau-. Kou- kan ook afwissel met Hou-, vgl. 5 C 3. Die lid -te- of -ti- is klaarblyklik die meervoudsvorm, hier van die vroulike genus, d.w.s. 'slange' is te vertaal met wat in Nama sal lui ǀau-di, in Ou-Kaaps dan (ǀ)kou-ti, fern. pi. . by (ǀ)kou-s. Die -ma is ’n ou formans om plekname aan te dui, veral van riviere, soos by KAKAMAS. Die ou naam het verlore gegaan vir hierdie rivier. Dit is waarskynlik gegee na die voorkoms daar van slange, 'n rep- tielsoort wat hierlangs bepaald veelvuldig aangetref is, soos ons kan aflei van ander plekname met bestanddeel 'slang-', bv. in die distrikte Caledon en Worcester (kyk plek- en plaasnaamlyste). Mossop meen dat die ou naam verwys na die slangagtige gang van die rivierloop.

About this item

Identifier
1934_SKCPN
Title
ǃKhowas
Alternative Title
Kowas
Georeference Sources
S 2618
longitude
18.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
ǃKhowas**
ǃKhowas
Source
afr Budack 1965 Studie 222 'Gei-ǃkhobas...Hierdie plek le op die teenswoordige plaas Khowas nr 53, suidoos van Keetmanshoop'.
Description
afr Ons lees die naam in die manuskrip waaruit ons dit aangehaal het, as 'Koutema'. Hartogh vertaal dit uitdruklik met 'Slangerivier'. Die grondwoord kou- is dan slang, in Ou-Kaaps gou- en kau- (HOTT 458), wat in die Namadialek geglottaliseerd voorkom as -au-, en saam met sy dentale suigkonsonant as ǀau-. Kou- kan ook afwissel met Hou-, vgl. 5 C 3. Die lid -te- of -ti- is klaarblyklik die meervoudsvorm, hier van die vroulike genus, d.w.s. 'slange' is te vertaal met wat in Nama sal lui ǀau-di, in Ou-Kaaps dan (ǀ)kou-ti, fern. pi. . by (ǀ)kou-s. Die -ma is ’n ou formans om plekname aan te dui, veral van riviere, soos by KAKAMAS. Die ou naam het verlore gegaan vir hierdie rivier. Dit is waarskynlik gegee na die voorkoms daar van slange, 'n rep- tielsoort wat hierlangs bepaald veelvuldig aangetref is, soos ons kan aflei van ander plekname met bestanddeel 'slang-', bv. in die distrikte Caledon en Worcester (kyk plek- en plaasnaamlyste). Mossop meen dat die ou naam verwys na die slangagtige gang van die rivierloop.
page start
781

Item sets