ǃHaoǁkhaes

Daar is nog plekke soos plase met dieselfde naam (vgl. HANTAM S 2219 ens.) en betekenis, asook o.m. ’n groot berg tussen Bethanien en Berseba (vgl. HANAMI), wat alles, na bewering van sommige, op die verspreidheid van die rooiuintjie as belangrike veldkos van die ou inboorlinge wys. In sy Namavorm lhani = 'die rote Feldzwiebel, ‘uintjie’, Feldkost der Feute' (Kr.-R. 1969 NW 167), is dit goed bekend, en die lid Han- van die naam Hantam word direk daarmee verbind. Dan bly die probleem oor wat die lid -tarn dan beteken. Vedder maak daarvan ’n nasetsel 4=arn wat 'op' beteken, dus 'Uintjies-op' (die berg), en Pettman probeer ’n 'berg' daaruit kristalliseer (Nama Ihomi), letterlik 'Uintjiesberg'.Die fonetiese en ander besware verontagsaam hulle.Die verklaring lyk vir ons veel eenvoudiger. Smith 1966 het dit raakgesien, dit is presies soos dit in Van der Stel se Joernael 1685 deur sy kunstenaar- wetenskaplike Claudius geteken en beskryf is: 'heyntama, een soort van geranium met een soete en eetbare wortel, en dierhalven by d’Inwoonders seer getrocken...' 'een soort van geranium' (Grieks geranos = kraanvoel) is 'n pelargonium (Grieks pelargos = ooievaar), korrek deur Smith gei'dentifiseer. Daar is o.m. ook ’n afbeelding van gemaak deur Pere Tachard 1689 en Bur- mann 1738. Tussen heyntama en hantam is daar net ’n ligte vokaliese uitspraakaanpassing, sonder ’n 'op' as nasetsel, sonder 'n 'berg' as geintegreerde komponent, en sonder ’n suigklapper soos by die ekwivalente van 'op' en 'berg' in Nama. Die ooreenkoms is te opvallend om toevallig te wees. ' Hantam' is genoem na die pelargonium ' heyntama' , uitspraakvariasies van dieselfde woord. So altans sien ons dit, saam met Smith. Dit verklaar die naam, maar handel die saak nie af nie. Daar het ’n heel in- teressante verwarring posgevat, ’n subtiele verskuiwing het plaasgevind. Deur 'n verband te le met die ǃhani, ’n rooierige uintjie, is die feit misgesien dat ons nie meer met 'n eetbare soet wortel te doen het nie. Die term uintjies word veral gebruik vir die Iridaceae spp. en Cyperaceae spp. met ’n eetbare knol, ’n heel gewone en vryelik beskikbare veldkos van die inboorlinge. Simon van der Stel het hierdie soort 'ajuintjes' inderdaad daar aangetref. 'The plant recorded as ajuintjes for certain bulbs in v.d. Stel's ‘Journal’ is undoubtedly Moraea edulis, the corms of which were eaten by the Hottentots. The term 'uintjie' appears further to have been used as a sort of generic term for nearly all the allied species of Moraea capensis, as opposed to the term 'tulp' which includes the species of Homeria with non-edible corms' (Smith 1966 CNSAP 473).Dit is hier waar die ontsporing plaasgevind het. Die 'heyntama' is nie 'n 'uintjie' nie, nie bv. 'n Moraea nie, dit is nie 'n ǃhani nie, dit is die Pelargonium bifolium, ’n eetbare wortel, wat erg in die smaak van die inwoners geval het ('by d’Inwoonders seer getrocken...'), in die woorde van Smith 1966 CNSAP 247 'an acaulescent tuberous-rooted plant'. Vir die juiste begrip van die naam moet ons ons heeltemal losmaak van die gedagte aan uintjies. Die uintjies is wel die gewone veldkos wat orals aangetref word, maar hier is sprake van 'n bepaalde, minder gewone veldkos, ’n wortelagtige voedselplant. Die oudste optekeninge van die naam toon aan dat die beginpunt die groot berg is waar die wortelkos gevind is. Hantam het vandag tot streeknaam ontwikkel. Daar is 'n Voor-Hantam en 'n Agter-Hantam, geskei deur die Han- tamsberge K. 3119 BC/BD, ook 'n Hantamspiek en -rivier, die -piek K 3119 BC, die rivier K 3119 BB en AD.

About this item

Identifier
1181_SKCPN
Title
ǃHaoǁkhaes
Alternative Title
Haokais
Georeference Sources
S 2618
longitude
18.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
ǃHaoǀǀkhaes**
ǃHaoǁkhaes
Source
afr Budack 1965 Studie 223 ' ǃHao-ǀǀkais, ‘Sandbank’, lhaos = bank in die rivier; ǀǀkaeb = riviersand...(Dit is na bewering die tradisionele naam vir ‘Gurubbrug’ oos van Keetmanshoop)'.
Description
afr Daar is nog plekke soos plase met dieselfde naam (vgl. HANTAM S 2219 ens.) en betekenis, asook o.m. ’n groot berg tussen Bethanien en Berseba (vgl. HANAMI), wat alles, na bewering van sommige, op die verspreidheid van die rooiuintjie as belangrike veldkos van die ou inboorlinge wys. In sy Namavorm lhani = 'die rote Feldzwiebel, ‘uintjie’, Feldkost der Feute' (Kr.-R. 1969 NW 167), is dit goed bekend, en die lid Han- van die naam Hantam word direk daarmee verbind. Dan bly die probleem oor wat die lid -tarn dan beteken. Vedder maak daarvan ’n nasetsel 4=arn wat 'op' beteken, dus 'Uintjies-op' (die berg), en Pettman probeer ’n 'berg' daaruit kristalliseer (Nama Ihomi), letterlik 'Uintjiesberg'.Die fonetiese en ander besware verontagsaam hulle.Die verklaring lyk vir ons veel eenvoudiger. Smith 1966 het dit raakgesien, dit is presies soos dit in Van der Stel se Joernael 1685 deur sy kunstenaar- wetenskaplike Claudius geteken en beskryf is: 'heyntama, een soort van geranium met een soete en eetbare wortel, en dierhalven by d’Inwoonders seer getrocken...' 'een soort van geranium' (Grieks geranos = kraanvoel) is 'n pelargonium (Grieks pelargos = ooievaar), korrek deur Smith gei'dentifiseer. Daar is o.m. ook ’n afbeelding van gemaak deur Pere Tachard 1689 en Bur- mann 1738. Tussen heyntama en hantam is daar net ’n ligte vokaliese uitspraakaanpassing, sonder ’n 'op' as nasetsel, sonder 'n 'berg' as geintegreerde komponent, en sonder ’n suigklapper soos by die ekwivalente van 'op' en 'berg' in Nama. Die ooreenkoms is te opvallend om toevallig te wees. ' Hantam' is genoem na die pelargonium ' heyntama' , uitspraakvariasies van dieselfde woord. So altans sien ons dit, saam met Smith. Dit verklaar die naam, maar handel die saak nie af nie. Daar het ’n heel in- teressante verwarring posgevat, ’n subtiele verskuiwing het plaasgevind. Deur 'n verband te le met die ǃhani, ’n rooierige uintjie, is die feit misgesien dat ons nie meer met 'n eetbare soet wortel te doen het nie. Die term uintjies word veral gebruik vir die Iridaceae spp. en Cyperaceae spp. met ’n eetbare knol, ’n heel gewone en vryelik beskikbare veldkos van die inboorlinge. Simon van der Stel het hierdie soort 'ajuintjes' inderdaad daar aangetref. 'The plant recorded as ajuintjes for certain bulbs in v.d. Stel's ‘Journal’ is undoubtedly Moraea edulis, the corms of which were eaten by the Hottentots. The term 'uintjie' appears further to have been used as a sort of generic term for nearly all the allied species of Moraea capensis, as opposed to the term 'tulp' which includes the species of Homeria with non-edible corms' (Smith 1966 CNSAP 473).Dit is hier waar die ontsporing plaasgevind het. Die 'heyntama' is nie 'n 'uintjie' nie, nie bv. 'n Moraea nie, dit is nie 'n ǃhani nie, dit is die Pelargonium bifolium, ’n eetbare wortel, wat erg in die smaak van die inwoners geval het ('by d’Inwoonders seer getrocken...'), in die woorde van Smith 1966 CNSAP 247 'an acaulescent tuberous-rooted plant'. Vir die juiste begrip van die naam moet ons ons heeltemal losmaak van die gedagte aan uintjies. Die uintjies is wel die gewone veldkos wat orals aangetref word, maar hier is sprake van 'n bepaalde, minder gewone veldkos, ’n wortelagtige voedselplant.
Die oudste optekeninge van die naam toon aan dat die beginpunt die groot berg is waar die wortelkos gevind is. Hantam het vandag tot streeknaam ontwikkel. Daar is 'n Voor-Hantam en 'n Agter-Hantam, geskei deur die Han- tamsberge K. 3119 BC/BD, ook 'n Hantamspiek en -rivier, die -piek K 3119 BC, die rivier K 3119 BB en AD.
page start
522

Item sets