Hankayson
Bostaande is ’n bloemlesing; daaruit kan afgelei word dat die naam van die bedoelde bergmassa op kaarte as Unuma (volgens Alexander) voorgekom het, en later tot Hanami gestandaardiseer is. Kroenlein se opgawe van 1856 is gedeeltelik in die stelsel van Knudsen geskryf, dit moet gelees word as Chan- =f=ami, -a, en as ǀǀHan-^=am; en gedeeltelik in die voorlopige stelsel van Lep- sius, dit moet weer gelees word as ǃHan- ^=amgebirge - in lg. het hy sy vorige 11Han- verbeter tot ǃHan-. Kroenlein beskou die lid -^=am uitdruklik as nasetsel, betekenende 'op', as hy vertaal met 'rothe Zwiebeln darauf ’, dus presies soos Hahn en Vedder. Alexander se hoe kommas voor ’Un- en -’uma gee te kenne dat daar suigkonsonante gehoor is, ‘n gewone procede by horn. Hy verleen onregstreeks steun aan hulle ontleding van die naam. Dit lyk seker genoeg, te meer nog as gelet word op die heel vroee, onafhanklike dokumen- tasie van Kroenlein, berustende op doelgerigte navraag plaaslik, dat hier sprake is van die uintjiesoort ǃhani, deur Kr.-R. 1969 NW 167 so beskryf: 'die rote Feldzwiebel, ‘uintjie’, Feldkoste der Leute'. Daar is vir ons geen rede waarom die afleiding nie aanvaar moet word nie. Dan is dit ook ewe duidelik dat hierdie naam Hanami, die -t-lose Hantam, nie op dieselfde wyse verklaar mag word as die plek Hantam 3119 in Kaapland nie, vgl. HANTAM, HANTAM(SBERGE)... vir die juiste afleiding van daardie naam wat toevallig heelwat ooreenkoms in die klankbeeld met hierdie bergnaam het. Volgens Schultze 1904-5 ANUK 193 (afbeelding) behoort die lhani-uintjie aan die Moraea spp.