Kauamseb, Khouamseb

Daar is baie dokumentasies in die 19e eeu, bv. by Thompson 1827 VRV 48 17; Preeman 1849 Tour 74, ens., en ook op kaarte word die naam byna deurgaans gespel ‘Kasouga’. Vir ander wisselspellings vgl. Skead CJ 1973 Gazetteer 96, daaronder nog Gasogu, Guasouwgha. Kasouga is die naam van 'n plaas en 'n poskantoor daarop, lg. gespel Kasuka volgens beslissing van die PNK, en die stasie daarop, 13 km wes van Port Alfred. Kasukaweg/Road. Daar is hoege- naamd geen dwingende regverdiging vir die verandering van die -ga tot -ka nie, omdat die suffiks klaarblyklik 'baie' of 'volop aan' (tiers) beteken en nie noodwendig 'rivier' nie. Die naam is oorspronklik toegepas op die rivier, nou op die Topo-kadastrale reeks 1965 vel 3326 East London gespel 'Kasukarivier', maar plaas Aly. Q. 2-11 verskyn nog daarop as 'Kasouga Mouth'. Die dorpie se naam word aangegee as 'Kasuka Road', almal op 3326 DA in die dist. Bathurst. Vir die betekenis van die naam kyk GOSACHA waarmee dit gelyk te stel is. Die grondwoord beteken 'tier', hier bepaaldelik die woord wat in Kora en in Nama opgeteken is as xoa-sao-, en wat Olpp 1884 Angra Pequena 16 in letterlike sin vertaal as 'gezeichneter Renner, ein Tiger'. Die xoa- in die tiernaam is versag tot Ka- in die pleknaam, en die -sao- tot -sou-. Dis interessant dat Godee Molsbergen (RZA 3 322) die naam by Beutler aanhaal as 'Gosacha'. Forbes 1965 PTSA 20a gee die naam aan as 'Gasocha' waar hy Beutler se reis beskryf, en in die Index 169a ook 'Gasocha R.' Molsbergen het moontlik 'n fout met die oorskryf begaan; gaso-cha is taalkundig nader aan ǀgasu-xa ([garu-xa) as gosa-xa.

About this item

Identifier
1611_SKCPN
Title
Kauamseb, Khouamseb
Alternative Title
Kauamseb, Khouamseb
Georeference Sources
S 2617
Relation
k KUMSIS
longitude
17.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Flahn Th 1879 kaart 'ǀǀKhouamseb', uitspanplek onderkant 'n pan. Sprigade- Moisel 1904 Kriegsk 'Kauamseb'. PNK-SWA 1956 'Kouamseb', naam van ’n vlei, oorgedra op ’n motor- bushalte, 51 km van Bethanien op weg na Plelmeringhausen, en gelee op plaas Dreylingen nr 48.
Description
afr Daar is baie dokumentasies in die 19e eeu, bv. by Thompson 1827 VRV 48 17; Preeman 1849 Tour 74, ens., en ook op kaarte word die naam byna deurgaans gespel ‘Kasouga’. Vir ander wisselspellings vgl. Skead CJ 1973 Gazetteer 96, daaronder nog Gasogu, Guasouwgha. Kasouga is die naam van 'n plaas en 'n poskantoor daarop, lg. gespel Kasuka volgens beslissing van die PNK, en die stasie daarop, 13 km wes van Port Alfred. Kasukaweg/Road. Daar is hoege- naamd geen dwingende regverdiging vir die verandering van die -ga tot -ka nie, omdat die suffiks klaarblyklik 'baie' of 'volop aan' (tiers) beteken en nie noodwendig 'rivier' nie. Die naam is oorspronklik toegepas op die rivier, nou op die Topo-kadastrale reeks 1965 vel 3326 East London gespel 'Kasukarivier', maar plaas Aly. Q. 2-11 verskyn nog daarop as 'Kasouga Mouth'. Die dorpie se naam word aangegee as 'Kasuka Road', almal op 3326 DA in die dist. Bathurst. Vir die betekenis van die naam kyk GOSACHA waarmee dit gelyk te stel is. Die grondwoord beteken 'tier', hier bepaaldelik die woord wat in Kora en in Nama opgeteken is as xoa-sao-, en wat Olpp 1884 Angra Pequena 16 in letterlike sin vertaal as 'gezeichneter Renner, ein Tiger'. Die xoa- in die tiernaam is versag tot Ka- in die pleknaam, en die -sao- tot -sou-. Dis interessant dat Godee Molsbergen (RZA 3 322) die naam by Beutler aanhaal as 'Gosacha'. Forbes 1965 PTSA 20a gee die naam aan as 'Gasocha' waar hy Beutler se reis beskryf, en in die Index 169a ook 'Gasocha R.' Molsbergen het moontlik 'n fout met die oorskryf begaan; gaso-cha is taalkundig nader aan ǀgasu-xa ([garu-xa) as gosa-xa.
page start
668

Item sets