Heigums, Heikums, Heikhoms

Daar is talle vindplase. Daaruit is ’n keuse gemaak. Vir die tweede bestanddeel kyk GARIEP. Drie vertakkinge daarvan is die Swart-, Modder- en Vaalriviere, waarvan laasgenoemde twee nog hulle Afrikaanse name behou het, vertaal uit Khoekhoen-dialekte, en wat van besondere belang is, nie deur die Afrikaners in eerste instansie nie, maar deur Khoekhoensprekers, by name hier deur die Klaarwater-Griekwas. As onthou word dat 'Modder-' eintlik ’n swak vertaling van GMAAP is wat in werklikheid 'Bruin-' beteken, kyk aldaar, dan het ons hier drie kleuronderskeidende name, waarskynlik na aanleiding van die (baie willekeurige) indruk wat die vloedwaters maak. So se Kratzenstein in sy Kurze Geschichte der Berliner Mission in Siid-afrika 1887 20 o.a. 'Dazu hat das Wasser desselben [t.w. van die Vaalrivier] den groszten Teil des Jahres einen widrigen, modrigen Geschmack von den in demselben verwesenden Heuschrecken und Fluszkrautern, wenn er niedrig flieszt, und von den Lehmmassen, die er mit sich fiihrt, wenn er hoch flieszt'. Kratzen- stein praat oor die indruk op die smaakorgane (drinkwater) en net onregstreeks oor die indruk op die reuk- en gesigorgane. Wie hierdie riviere ken as hulle in vloed is, sal die visuele indruk ook kan bevestig. Gordon verwys hier na die bewoners van die streek om die Heigariep as 'koraqua', d.i. Koranas. ''Toup qua liiet de hordes agter de koraquas aan de Hei Gariep'. Hulle spreek die riviernaam uit as Hei- of 'Hey-, ook Smith se Koranas, maar Thompson se 'Corannas' se Ky-, ook Burchell se Griekwas. ’n Dialekgrens tussen Korana en Griekwa t.o.v. hierdie naam laat horn dus nie trek nie. Bowendien is die spellingwyses nie betroubaar as weergawe van die uitspraak nie. Soos die naam nou op papier staan, is k- en h- verwisselbaar. Onbekend is dit nie, vgl. 5 C 3. Net Gordon en Burchell in ons opgenome aanhalings skryf -n implosiefteken. In Nama vandag is dit ǀhei [ǀhai] = 'blass, fahl, undeutlich, grau' (Kr.-R. 1969 NW 177). Heigariep is, letterlik vertaal, 'Vaalrivier', soos nou algemeen gebruiklik.

About this item

Identifier
1249_SKCPN
Title
Heigums, Heikums, Heikhoms
Alternative Title
Heigums, Heikums, Heikhoms
Georeference Sources
S 2616/2716
longitude
16.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Heikums', bron op S 2616 DD. Heinrichs F 1906 Quellen 4 175 'ǀHei-ǀkhoms'. Ulbrich AF 1974 Boer Vraelys 'Heigums, plaas nr 105, Bethanien-dist. Beteken 'Vaal-sandklip', van ǀhei-ǀhoms; na 'n vaal sandklip wat baie op die berg te vinde is. Hierdie klip is vroeer gebruik om die vleiskant van velle skoon te maak. In 1904-5 se oorlog het die Duitsers en die Hottentotte in hierdie huis die vredesooreenkoms geteken. Inligting per mev. F. Gon- solves'.
Description
afr Daar is talle vindplase. Daaruit is ’n keuse gemaak. Vir die tweede bestanddeel kyk GARIEP. Drie vertakkinge daarvan is die Swart-, Modder- en Vaalriviere, waarvan laasgenoemde twee nog hulle Afrikaanse name behou het, vertaal uit Khoekhoen-dialekte, en wat van besondere belang is, nie deur die Afrikaners in eerste instansie nie, maar deur Khoekhoensprekers, by name hier deur die Klaarwater-Griekwas. As onthou word dat 'Modder-' eintlik ’n swak vertaling van GMAAP is wat in werklikheid 'Bruin-' beteken, kyk aldaar, dan het ons hier drie kleuronderskeidende name, waarskynlik na aanleiding van die (baie willekeurige) indruk wat die vloedwaters maak. So se Kratzenstein in sy Kurze Geschichte der Berliner Mission in Siid-afrika 1887 20 o.a. 'Dazu hat das Wasser desselben [t.w. van die Vaalrivier] den groszten Teil des Jahres einen widrigen, modrigen Geschmack von den in demselben verwesenden Heuschrecken und Fluszkrautern, wenn er niedrig flieszt, und von den Lehmmassen, die er mit sich fiihrt, wenn er hoch flieszt'. Kratzen- stein praat oor die indruk op die smaakorgane (drinkwater) en net onregstreeks oor die indruk op die reuk- en gesigorgane. Wie hierdie riviere ken as hulle in vloed is, sal die visuele indruk ook kan bevestig.
Gordon verwys hier na die bewoners van die streek om die Heigariep as 'koraqua', d.i. Koranas. ''Toup qua liiet de hordes agter de koraquas aan de Hei Gariep'. Hulle spreek die riviernaam uit as Hei- of 'Hey-, ook Smith se Koranas, maar Thompson se 'Corannas' se Ky-, ook Burchell se Griekwas. ’n Dialekgrens tussen Korana en Griekwa t.o.v. hierdie naam laat horn dus nie trek nie. Bowendien is die spellingwyses nie betroubaar as weergawe van die uitspraak nie. Soos die naam nou op papier staan, is k- en h- verwisselbaar. Onbekend is dit nie, vgl. 5 C 3.
Net Gordon en Burchell in ons opgenome aanhalings skryf -n implosiefteken. In Nama vandag is dit ǀhei [ǀhai] = 'blass, fahl, undeutlich, grau' (Kr.-R. 1969 NW 177). Heigariep is, letterlik vertaal, 'Vaalrivier', soos nou algemeen gebruiklik.
page start
543

Item sets