Kcharugyeamseb

Dit is heel duidelik wat hier gebeur het. Dr H Vedder wat die plekname verklaar het, merk 'n gelykenis met 'Grootdood'; foneties is dit aanneemlik, juis omdat 'Kay-' in baie plekname 'groot' beteken, en omdat dikwels in Ou-Kaaps ’n velaar as anlaut voorkom waar Nama dit nie meer het nie (HOTT 186-8); in vorm en evokasie is dit ook in orde, dit pas in die naamgewingspatroon presies, en die dood is met droogtes en voedselgebrek 'n heel aandagtige vriend. Tog meen ons die verklaring is fout. In Namagebied teken Appleyard in 1850 vir 'bone' op; ’koop. Nog vroeer het Alexander opgeteken: KOBIP 'or Bone Hills' (aid.). Dit is soos Nama ^ko-b ( ^khob] = 'der Knochen, das Bein' (Kroenlein 1889 s.v.). Die Kay- is soos Nama khoa, khowa, Ikhowa = 'zerbrechen, aufbrechen' (Rust 1960 DNW 12). Met ander woorde; Beenbreek is die Afrikaanse vertaling van die ou Namanaam, puur en simpel, vir plaas 152, dist. Karasburg. Die blykbaar tragiese verhaal wat die aanleiding was, dit het verlore geraak.

About this item

Identifier
1633_SKCPN
Title
Kcharugyeamseb
Alternative Title
Kcharugyeamseb
Georeference Sources
S 2616
longitude
16.5
latitude
-26.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Schultze 1904-5 ANUK 164 'ǀKxarugyeamseb, ein Wasserloch (ams = Mund) ostlich von Kaukaussib, umstanden im weiten Umkreis von einer Euphor- bienart, Euphorbia cervicornis Boiss., die die Namibnomaden ǀKcharus nennen; gye ist Verbalpartikel'.
Description
afr Dit is heel duidelik wat hier gebeur het. Dr H Vedder wat die plekname verklaar het, merk 'n gelykenis met 'Grootdood'; foneties is dit aanneemlik, juis omdat 'Kay-' in baie plekname 'groot' beteken, en omdat dikwels in Ou-Kaaps ’n velaar as anlaut voorkom waar Nama dit nie meer het nie (HOTT 186-8); in vorm en evokasie is dit ook in orde, dit pas in die naamgewingspatroon presies, en die dood is met droogtes en voedselgebrek 'n heel aandagtige vriend. Tog meen ons die verklaring is fout. In Namagebied teken Appleyard in 1850 vir 'bone' op; ’koop. Nog vroeer het Alexander opgeteken: KOBIP 'or Bone Hills' (aid.). Dit is soos Nama ^ko-b ( ^khob] = 'der Knochen, das Bein' (Kroenlein 1889 s.v.). Die Kay- is soos Nama khoa, khowa, Ikhowa = 'zerbrechen, aufbrechen' (Rust 1960 DNW 12). Met ander woorde; Beenbreek is die Afrikaanse vertaling van die ou Namanaam, puur en simpel, vir plaas 152, dist. Karasburg. Die blykbaar tragiese verhaal wat die aanleiding was, dit het verlore geraak.
page start
676

Item sets