Huninoeis

Die ou naam vir die plaas nr 116, oosnoordoos van Mariental, nou onder sy vertaalde naam Rietmond bekend. Die deel - =f=acha- ( =f=axa-‘) is te verstaan as =f=a-b - riet, plus -xa- = ryk aan, wel voorsien van, dus 'rietryk' of 'met baie riete', die deel -amis, -amis is soos Nama -am- = mond, waterplek, en die -is is plekduidend, die geheel dan 'Rietryke waterplek' of 'mond, fontein', anders gese: Rietmond, wat die vertaling is. Die vertaling is getrek uit die verkorting sonder die lid ǀHoni-, ǀHuni-, soos by die sendelinge, of ǀHuni-, soos by Dausab, of soos opnuut geetimologiseer deur Hahn en sy volgeling Kiepert, ǃHuni = geel, nou met 'n ander suigkonsonant. Die lid Huni- is soos Nama ǀhu = 'sehon aussehen, einen schonen Anbliek bieten' (Kr.-R. 1969 NW 198), die u-klinker se nasaal is konsonanties gerealiseer as -un-. Die geheel is 'Mooirietmond' of 'Die mooi aanblik van die rietfontein'. Aan ons is 'n ander verklaring voorgehou wat ons minstens ewe aanneemlik lyk, indien nie verkiesliker nie. Die ǀHuni- word gesien as afkomstig van ǀhu-n = die Blanke handelaars, ook die Blankes (mv. komm.), dus: Die Rietmond van die Handelaars/Blankes'.

About this item

Identifier
1377_SKCPN
Title
Huninoeis
Alternative Title
Huninoeis
Georeference Sources
S 2617 BD
longitude
17.875
latitude
-26.375
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Notes about Name
ou naam van Ge(e)llap
Source
afr Kroenlein JG ong. 1864 Quellen 24 96 '+Huni =f=noais, eine salzige Wasser- stelle...' I Lees +Huni- as Ihuni-, dit dateer uit die voorlaaste Lepsius- stelsel.] Kroenlein 1889 Wortschatz 182 'IHuni- =f=noeis, Gellap (Quelle zwischen Berseba und Keetmanshoop)'. Kroenlein 1870 Quellen 13 630 '...reisten fiber IHuni-=j=noeis (gelber Flecken)...' Hahn Th 1879 kaart ' IHuni-=f=oais', uitspanning en watertjie op 26° 24' 17° 53'; weer Kiepert 1893 kaart in dieselfde vorm en op dieselfde kwadraat (S 2617 BD). Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Huninoais (Geellap) (Salzige Quelle)'. Dieselfde koordinate op UDF Map 1914 'Huninais (Gellap)'.Budack KFRH 1965 Studie 225 ' IHuni- ^noais, ‘Geelskietplek’: ǃhuni - geel; =f=noa = om te gooi, om te skiet...'
Description
afr Die ou naam vir die plaas nr 116, oosnoordoos van Mariental, nou onder sy vertaalde naam Rietmond bekend. Die deel - =f=acha- ( =f=axa-‘) is te verstaan as =f=a-b - riet, plus -xa- = ryk aan, wel voorsien van, dus 'rietryk' of 'met baie riete', die deel -amis, -amis is soos Nama -am- = mond, waterplek, en die -is is plekduidend, die geheel dan 'Rietryke waterplek' of 'mond, fontein', anders gese: Rietmond, wat die vertaling is. Die vertaling is getrek uit die verkorting sonder die lid ǀHoni-, ǀHuni-, soos by die sendelinge, of ǀHuni-, soos by Dausab, of soos opnuut geetimologiseer deur Hahn en sy volgeling Kiepert, ǃHuni = geel, nou met 'n ander suigkonsonant. Die lid Huni- is soos Nama ǀhu = 'sehon aussehen, einen schonen Anbliek bieten' (Kr.-R. 1969 NW 198), die u-klinker se nasaal is konsonanties gerealiseer as -un-. Die geheel is 'Mooirietmond' of 'Die mooi aanblik van die rietfontein'. Aan ons is 'n ander verklaring voorgehou wat ons minstens ewe aanneemlik lyk, indien nie verkiesliker nie. Die ǀHuni- word gesien as afkomstig van ǀhu-n = die Blanke handelaars, ook die Blankes (mv. komm.), dus: Die Rietmond van die Handelaars/Blankes'.
page start
586

Item sets