ǁHomǃūs

Hierdie berg wat die opmerksaamheid getrek het, ook van die seekant af (bv. van Algoa- en St Francisbaaie af), het verskeie name gehad, soos Craggy Mountain, Grenadier’s Cap, Four Sisters, Gefestonneerdeberg, Cockscomb as opvallende punt in die Groot-Winterhoekberge, en in Khoekhoens name wat Gordon vertaal as Blouwolk, en Pettman as The Mountain of the Mist. Vir laasgenoemde kyk die inskrywing MUMCUMQUA... wat wisseluitsprake is van Gordon se opgawe. Daar het ons dit probeer vereenselwig met 'Wolkberge', nl. in ’n poging om die naam taalkundig te versoen met die betekenis wat deur Pettman voorgestaan word. Nou wil ons uitgaan van die betekenis wat deur Gordon, ons oudste segsman, gegee is, 'n betekenis wat hy ongetwyfeld van sy Khoekhoense helpers verneem het, en wat as sodanig waarskynlik goeie gronde sal he, d.w.s. die bergnaam is 'Blouwolk'. Gordon het ’n lys Namawoorde opgeteken (ms 2 38) waaronder 'n inskrywing vir 'wolken' voorkom as 'na noep, nou nog in Nama as ǀnanu-, maar dit pas nie goed in by sy vorm Hommoequa nie. Wei skyn die opgawes in Kora daarby goed in te pas, bv. Burchell 1812 se ǀkuma. Wuras s.j. se ǃhum(-kwa, lg. die uitgang van die manl. mv.); Wuras vermeld ook ǀhom-s vir 'newel', en Meinhof 1930 ǀhum-ma. Hommoequa skyn dus te beteken 'Newels' of 'Wolke' (ǀhom- of ǀhum- = newel, en -qua is meervoudsindeks). Dit korreleer goed met Pettman se vertaling. Die begrip 'blou' is egter nie deur ’n af- sonderlike komponent verteenwoordig nie. Is die 'blou' dan net bygedink? 'Biou' is nie in Ou-Kaaps opgeteken nie, en in Nama is dit =}=hoa, 'n woord wat nie duidelik uit die naam soos by Gordon te haal is nie. Daarom meen ons dit is bygedink. Nou is daar nog ’n treffende vasstelling te maak. Aan die westekantse punt van die Groot-Winterhoekberge dra die reeks die naam van 'Bloukoprante', 1054 m hoog. Gordon se vertaling en die komponent 'Blou-' hier vir dieselfde reeks se een uithoek kan toevallig wees, maar dit wek tog die vermoede dat 'Bloukoprante' self ’n vertaling uit Khoekhoens kan wees, juis omdat die Hollands-Afrikaanse naam oud moet wees. Die ouderdom kan ons onregstreeks aflei uit die spelling van die gelyknamige plaas aan die noordekant van die Bloukoprante, nl. 'Blaauw Koppen' nr Uit.Q. 16-7; aan die suidelike hang le die plaas 'Blaauwkop Rante' nr Uit. Q. 20-18. Ten tweede, dit is redelik seker dat nie net die gedeelte wat vandag die naam van Cockscomb dra, deur die inlanders benoem was nie, maar die hele reeks wat vandag bekend is as die Groot-Winterhoekberge en waarop Cockscomb so prominent le en aan die kam van ’n haan laat dink. In die ou optekeninge is daar onvoldoende onderskei tussen die punt wat Cockscomb is en die res van die bergmassa. Is Hommoequa nie oudtyds op die hele bergmassa toegepas gewees nie?

About this item

Identifier
1321_SKCPN
Title
ǁHomǃūs
Alternative Title
Homus
Georeference Sources
S 2517 DA
longitude
17.625
latitude
-25.625
Measurement Accuracy
12.5 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
ǀǀHomǃūs**
ǁHomǃūs
Source
afr Kroenlein 1857 Quellen 10 182 '...bogen rechts von der nach Rehoboth und Hoachanas fahrenden Heerstrasse ab um ǀǀHamǃus (Stirne steinig Platz) im Fischfluss zu erreichen'. Ibid. 1868 Quellen 12 491 'Am Abend war ich auf ǀǀHom-ǃus bei den Kloetens...(ǀǀHom-ǃus = gesteinigte Stirn)'. Hahn Th 1879 kaart 'ǀǀHom-ǃus', uitspanning aan die Visrivier, op S 2517 DA; dieselfde by Kiepert 1893, maar by Sprigade-Moisel 1904 Kriegsk 'Hurugoeis (Homus)', bron, dieselfde koordinate.
Description
afr Hierdie berg wat die opmerksaamheid getrek het, ook van die seekant af (bv. van Algoa- en St Francisbaaie af), het verskeie name gehad, soos Craggy Mountain, Grenadier’s Cap, Four Sisters, Gefestonneerdeberg, Cockscomb as opvallende punt in die Groot-Winterhoekberge, en in Khoekhoens name wat Gordon vertaal as Blouwolk, en Pettman as The Mountain of the Mist. Vir laasgenoemde kyk die inskrywing MUMCUMQUA... wat wisseluitsprake is van Gordon se opgawe. Daar het ons dit probeer vereenselwig met 'Wolkberge', nl. in ’n poging om die naam taalkundig te versoen met die betekenis wat deur Pettman voorgestaan word. Nou wil ons uitgaan van die betekenis wat deur Gordon, ons oudste segsman, gegee is, 'n betekenis wat hy ongetwyfeld van sy Khoekhoense helpers verneem het, en wat as sodanig waarskynlik goeie gronde sal he, d.w.s. die bergnaam is 'Blouwolk'. Gordon het ’n lys Namawoorde opgeteken (ms 2 38) waaronder 'n inskrywing vir 'wolken' voorkom as 'na noep, nou nog in Nama as ǀnanu-, maar dit pas nie goed in by sy vorm Hommoequa nie. Wei skyn die opgawes in Kora daarby goed in te pas, bv. Burchell 1812 se ǀkuma. Wuras s.j. se ǃhum(-kwa, lg. die uitgang van die manl. mv.); Wuras vermeld ook ǀhom-s vir 'newel', en Meinhof 1930 ǀhum-ma. Hommoequa skyn dus te beteken 'Newels' of 'Wolke' (ǀhom- of ǀhum- = newel, en -qua is meervoudsindeks). Dit korreleer goed met Pettman se vertaling. Die begrip 'blou' is egter nie deur ’n af- sonderlike komponent verteenwoordig nie. Is die 'blou' dan net bygedink? 'Biou' is nie in Ou-Kaaps opgeteken nie, en in Nama is dit =}=hoa, 'n woord wat nie duidelik uit die naam soos by Gordon te haal is nie. Daarom meen ons dit is bygedink. Nou is daar nog ’n treffende vasstelling te maak. Aan die westekantse punt van die Groot-Winterhoekberge dra die reeks die naam van 'Bloukoprante', 1054 m hoog. Gordon se vertaling en die komponent 'Blou-' hier vir dieselfde reeks se een uithoek kan toevallig wees, maar dit wek tog die vermoede dat 'Bloukoprante' self ’n vertaling uit Khoekhoens kan wees, juis omdat die Hollands-Afrikaanse naam oud moet wees. Die ouderdom kan ons onregstreeks aflei uit die spelling van die gelyknamige plaas aan die noordekant van die Bloukoprante, nl. 'Blaauw Koppen' nr Uit.Q. 16-7; aan die suidelike hang le die plaas 'Blaauwkop Rante' nr Uit. Q. 20-18. Ten tweede, dit is redelik seker dat nie net die gedeelte wat vandag die naam van Cockscomb dra, deur die inlanders benoem was nie, maar die hele reeks wat vandag bekend is as die Groot-Winterhoekberge en waarop Cockscomb so prominent le en aan die kam van ’n haan laat dink. In die ou optekeninge is daar onvoldoende onderskei tussen die punt wat Cockscomb is en die res van die bergmassa. Is Hommoequa nie oudtyds op die hele bergmassa toegepas gewees nie?
page start
568

Item sets