ǁKhomǃnā-arib

Slegs Pettman gee ’n verklaring, en wat opval is dat hy in sy hoofwerk 1931 SAPN hierdie verklaring heeltemal verswyg. Ons meen omdat hy dit, o.i. tereg, later self verwerp het. Ons kry geen hulp van buite nie. Die -dacka, -dakka, -daga, -dagga laat natuurlik aan die Cannabis of die Leonotis sp. dink, maar die vorme dogga en docha maak dit minder seker. Met die o in die kom-, com-, comme-, commaa-, comma-vorme, en daarnaas die -a-vorme, albei volgens vindplase ewe oud, weet ons nog minder raad. Die APN 1951 179 gee die amptelike spelling van die PNK soos hierbo waaruit liefs geen gevolgtrekking oor die betekenis gemaak moet word nie, voorlopig altans. Daar is 'n poskantoor en 'n spoorwegstasie, by die fontein vroeer ook 'n uitspanning. Dit is net noord van die teenswoordige Alicedale gelee. Vir die aardigheid noem ons dit dat die stasiemeester op Kommadagga in die Vraelys 1973 vertel het dat die naam beteken 'Kom haal dagga'. Dr Du Plessis 1973 Ondersoek 122 deel mee dat die naam Kommadaggakop K 3325 vervang is deur Oskop. Dit open onverwags ’n nuwe moontlikheid. As die naam Oskop dalk in vertaling aansluit by Kommadagga, dan is dit onmiddellik te verbind met Nama gomab, wisseluitspraak gamab = os, so ook in Kroenlein en by Rust. In Ou-Kaaps het opmerklik genoeg, al die optekeninge vir 'os' in die eerste lettergreep 'n -o- of -ou- (gou-, goo-, co-, ko-) en een keer 'n -u- in ku-, (vgl. HOTT 414), m.a.w. die eerste komponent van die naam sluit verrassend goed aan by die woord vir 'os' en 'bees'. Pettman het bepaald ongelyk met sy ǃhomi = berg. Ons is nie so gelukkig om vir die tweede gedeelte van die naam so ’n leidraad te kry nie. Die pleknaam beteken dan 'Os 4-' of 'Bees + ' , volgens die eerste komponent Komma-. Die naam is nog bewaar in Com- madagga nr Uit. Q. 3-24, plaas in dist. Somerset-Oos op K 3325 BB, Kommadagga, poskantoor op K 3325 BB. en Kommadaggakop, 'n kop op hoogte K 3325 BB. (Topo-kadastrale reeks 1969 vel 3324 Port Elizabeth). In die nabye omgewing verskyn plaas nr Aly. Q. 16-22, K 3325 BB, met die naam Oxland. Oxland lyk na die vertaling in Engels van die naam Kommadagga. Oor die Komma- = os (ox) behoort daar geen twyfel te wees nie. Wat betref die komponent -dagga: De Flacourt 1655 teken aan vir 'terre pays', d.i. land, die woord in Khoekhoens as ta (vgl. HOTT 368). Dagga kan dus wisselvorm wees van tagga (5 A 2), en met die variabiliteit d/t en g (5 E 1) herinner dit aan Nama =)=ga- = vlakte. Volgens ons beteken Kommadagga dan 'Osland' of 'Osvlakte'. 'n Ander moontlikheid is die volgende. Indien Oskop 'n vertaling is van Kommadagga (kyk Du Plessis hierbo) en die eerste lid, nl. Komma-, soos Nama goma- is en os of bees beteken, dan moet die tweede lid, -dagga, kop beteken. ’n Aansluiting is miskien te vind met xkoago, vgl. HOTT 218, waar die x- suigkonsonant is wat met d- weergegee word en (k)oago gedevelariseer word tot -agga.

About this item

Identifier
1863_SKCPN
Title
ǁKhomǃnā-arib
Alternative Title
Komnarib
Georeference Sources
S 2518
longitude
18.5
latitude
-25.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Name in Khoekhoe or Nama
ǀǀKhomǃnā-arib**
ǁKhomǃnā-arib
Source
afr Olpp J snr (Gibeon) 1874 Quellen 16 199 'Der Khom-narib, ein sonst unbedeutender Regenbach, der 5 Minuten von der Station in den Fischfluss miindet, war iiber sein 12 Fuss hohes Ufer getreten...' Budack 1965 Studie 228 'ǀǀKhom-ǃnarib, 'Penssy', ǀǀkhomi, ǀǀkhomis = Magen (Kroenlein 1889:215); Ina-arib = Bauchnaht. Volgens informante moet hierdie pleknaam met ‘sykant van die pens’ vertaal word. (Die teenswoor- dige Komnarib in Tses-reservaat...)'
Description
afr Slegs Pettman gee ’n verklaring, en wat opval is dat hy in sy hoofwerk 1931 SAPN hierdie verklaring heeltemal verswyg. Ons meen omdat hy dit, o.i. tereg, later self verwerp het. Ons kry geen hulp van buite nie. Die -dacka, -dakka, -daga, -dagga laat natuurlik aan die Cannabis of die Leonotis sp. dink, maar die vorme dogga en docha maak dit minder seker. Met die o in die kom-, com-, comme-, commaa-, comma-vorme, en daarnaas die -a-vorme, albei volgens vindplase ewe oud, weet ons nog minder raad. Die APN 1951 179 gee die amptelike spelling van die PNK soos hierbo waaruit liefs geen gevolgtrekking oor die betekenis gemaak moet word nie, voorlopig altans. Daar is 'n poskantoor en 'n spoorwegstasie, by die fontein vroeer ook 'n uitspanning. Dit is net noord van die teenswoordige Alicedale gelee. Vir die aardigheid noem ons dit dat die stasiemeester op Kommadagga in die Vraelys 1973 vertel het dat die naam beteken 'Kom haal dagga'. Dr Du Plessis 1973 Ondersoek 122 deel mee dat die naam Kommadaggakop K 3325 vervang is deur Oskop. Dit open onverwags ’n nuwe moontlikheid. As die naam Oskop dalk in vertaling aansluit by Kommadagga, dan is dit onmiddellik te verbind met Nama gomab, wisseluitspraak gamab = os, so ook in Kroenlein en by Rust. In Ou-Kaaps het opmerklik genoeg, al die optekeninge vir 'os' in die eerste lettergreep 'n -o- of -ou- (gou-, goo-, co-, ko-) en een keer 'n -u- in ku-, (vgl. HOTT 414), m.a.w. die eerste komponent van die naam sluit verrassend goed aan by die woord vir 'os' en 'bees'. Pettman het bepaald ongelyk met sy ǃhomi = berg. Ons is nie so gelukkig om vir die tweede gedeelte van die naam so ’n leidraad te kry nie. Die pleknaam beteken dan 'Os 4-' of 'Bees + ' , volgens die eerste komponent Komma-. Die naam is nog bewaar in Com- madagga nr Uit. Q. 3-24, plaas in dist. Somerset-Oos op K 3325 BB, Kommadagga, poskantoor op K 3325 BB. en Kommadaggakop, 'n kop op hoogte K 3325 BB. (Topo-kadastrale reeks 1969 vel 3324 Port Elizabeth). In die nabye omgewing verskyn plaas nr Aly. Q. 16-22, K 3325 BB, met die naam Oxland. Oxland lyk na die vertaling in Engels van die naam Kommadagga. Oor die Komma- = os (ox) behoort daar geen twyfel te wees nie. Wat betref die komponent -dagga: De Flacourt 1655 teken aan vir 'terre pays', d.i. land, die woord in Khoekhoens as ta (vgl. HOTT 368). Dagga kan dus wisselvorm wees van tagga (5 A 2), en met die variabiliteit d/t en g (5 E 1) herinner dit aan Nama =)=ga- = vlakte. Volgens ons beteken Kommadagga dan 'Osland' of 'Osvlakte'. 'n Ander moontlikheid is die volgende. Indien Oskop 'n vertaling is van Kommadagga (kyk Du Plessis hierbo) en die eerste lid, nl. Komma-, soos Nama goma- is en os of bees beteken, dan moet die tweede lid, -dagga, kop beteken. ’n Aansluiting is miskien te vind met xkoago, vgl. HOTT 218, waar die x- suigkonsonant is wat met d- weergegee word en (k)oago gedevelariseer word tot -agga.
page start
752

Item sets