Ioniames

Plaas nr 89, dist. Bethanien. Die afleiding wat vir die PNK gegee is, is as ’n vermoede uitgespreek (begeleidende brief). Die van mnr Coetzee is moontlik i = mooi, die nasaal word gerealiseer as -n-, dus: i word in; die -a- is soos Nama =f=a = riet, -xa- is hoeveelheidsinfiks, die geheel dan ongeveer; die 'Plek (-b) van baie (-xa-) mooi (i-) riete (^a)' of 'Mooirietefontein'. Maar pastor Heinrichs en dr Hahn het baie duidelik ’n voorafgaande suigkonsonant gehoor, wat i= mooi nie het nie. Is die komponente dan ǀI + nachab of ǀln + achab? Ons laat dit voorlopig onbeslis, met die opmerking dat ons meen daar moet van die werklik gehoorde suigkonsonant uitgegaan word, die dentaal. Raadpleging van ons beskikbare woordeboeke wys op ’n moontlikheid om die element In- of Ina- te knoop aan 'ǀe, ǀi' = eina (vgl. o.a. Kr.-R. 1969 61 of WAT s.v.), daarvolgens kan 'Inaxab' dan beteken so ongeveer 'Smartryk', 'Plek van baie pyn', wat alles nog blote waarskynlikhede is. Dieselfde naam word gedra deur ’n berg (Veillet) en elders deur ’n rivier (Opmeting op kaart Ai-ais).

About this item

Identifier
1402_SKCPN
Title
Ioniames
Alternative Title
Ioniames
Georeference Sources
S 2518
longitude
18.5
latitude
-25.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Notes about Name
ou naam van Sherley
Source
afr Sowden mev D 1973 Brief 'Ons plaas Sherley (dist. Keetmanshoop) was vroeer Namagrond en het die naam Ioniames tot vandag toe - Baie ‘Noeniebome’ groei hier'.
Description
afr Plaas nr 89, dist. Bethanien. Die afleiding wat vir die PNK gegee is, is as ’n vermoede uitgespreek (begeleidende brief). Die van mnr Coetzee is moontlik i = mooi, die nasaal word gerealiseer as -n-, dus: i word in; die -a- is soos Nama =f=a = riet, -xa- is hoeveelheidsinfiks, die geheel dan ongeveer; die 'Plek (-b) van baie (-xa-) mooi (i-) riete (^a)' of 'Mooirietefontein'. Maar pastor Heinrichs en dr Hahn het baie duidelik ’n voorafgaande suigkonsonant gehoor, wat i= mooi nie het nie. Is die komponente dan ǀI + nachab of ǀln + achab? Ons laat dit voorlopig onbeslis, met die opmerking dat ons meen daar moet van die werklik gehoorde suigkonsonant uitgegaan word, die dentaal. Raadpleging van ons beskikbare woordeboeke wys op ’n moontlikheid om die element In- of Ina- te knoop aan 'ǀe, ǀi' = eina (vgl. o.a. Kr.-R. 1969 61 of WAT s.v.), daarvolgens kan 'Inaxab' dan beteken so ongeveer 'Smartryk', 'Plek van baie pyn', wat alles nog blote waarskynlikhede is. Dieselfde naam word gedra deur ’n berg (Veillet) en elders deur ’n rivier (Opmeting op kaart Ai-ais).
page start
597

Item sets