Karis

Die eerste komponent waarvan die suigklank deur Hahn, Kiepert en Heinrichs aangegee word, is soos Nama ^khari = klein, die geheel die Klein- ous. Die vraag is wat die tweede lid beteken. Heinrichs skryf dit ǀau-, klaarblyklik in die betekenis van fontein, dus 'Kleinfontein', wat ’n teenstel- ling sou vorm met die aangrensende Geious noordoostelik daarvan gelee. 'Groot- en Kleinfontein' is patroonmatige name wat veel voorkom. Maar die lid -ous is hier nie 'fontein' nie. ’n Bestudering van die Kriegskarte lewer die volgende vir 1904 op. Karious le presies daar waar vandag die plaas Rosyn- tjiebos 375 in die noordwestelike hoekie van die dist. Karasburg le, aan die oostelike oewer van die Grootvisrivier. Aan die westelike oewer waar op die kaart 1972 van die Landmeter-generaal aangedui is 'Great Fish Canyon', staan by Sprigade-Moisel Rosinbusch, fonteinnaam. Die rosyntjiebos, Grewia flava DC (Ponnighaus Joernaal 1931 6 12), was hier opvallend volop, lei mens af. Rosyntjiebos (die huidige naam) en die ou Karious is name vir dieselfde plek. Karious het hier verdwyn maar leef voort in sy vertaalde vorm in Afrikaans. Dit weet ons om nog ’n ander rede as net die ooreenstemming in die koordinate. Die rede is die skryfwyse by Hahn en Kiepert. Hahn ken die omgewing goed, hy was lank in Bethanien (hy is die seun van Samuel Hahn). Die tweede lid skryf hy met palatale suigklank en genasaleerde klinker, by Kr.-R. 1969 NW 334 kom dit voor as ^ous = 'der Feldrosinenbaum', tans geskryf ^=au-s. Die Afrikaanse naam van vandag vir Rosyntjiebos nr 375 is regstreeks vertaal uit Nama. Kyk ook KARIOS 2717, die naam van plaas 8 met dieselfde betekenis.

About this item

Identifier
1589_SKCPN
Title
Karis
Alternative Title
Karis
Georeference Sources
S 2518
longitude
18.5
latitude
-25.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Budack 1965 Studie 227 ' 4=Karis, 'Waterval': ^karis = waterval (Rust)... (Nedersetting in die ooste van Berseba-reservaat)'
Description
afr Die eerste komponent waarvan die suigklank deur Hahn, Kiepert en Heinrichs aangegee word, is soos Nama ^khari = klein, die geheel die Klein- ous. Die vraag is wat die tweede lid beteken. Heinrichs skryf dit ǀau-, klaarblyklik in die betekenis van fontein, dus 'Kleinfontein', wat ’n teenstel- ling sou vorm met die aangrensende Geious noordoostelik daarvan gelee. 'Groot- en Kleinfontein' is patroonmatige name wat veel voorkom. Maar die lid -ous is hier nie 'fontein' nie. ’n Bestudering van die Kriegskarte lewer die volgende vir 1904 op. Karious le presies daar waar vandag die plaas Rosyn- tjiebos 375 in die noordwestelike hoekie van die dist. Karasburg le, aan die oostelike oewer van die Grootvisrivier. Aan die westelike oewer waar op die kaart 1972 van die Landmeter-generaal aangedui is 'Great Fish Canyon', staan by Sprigade-Moisel Rosinbusch, fonteinnaam. Die rosyntjiebos, Grewia flava DC (Ponnighaus Joernaal 1931 6 12), was hier opvallend volop, lei mens af. Rosyntjiebos (die huidige naam) en die ou Karious is name vir dieselfde plek. Karious het hier verdwyn maar leef voort in sy vertaalde vorm in Afrikaans. Dit weet ons om nog ’n ander rede as net die ooreenstemming in die koordinate. Die rede is die skryfwyse by Hahn en Kiepert. Hahn ken die omgewing goed, hy was lank in Bethanien (hy is die seun van Samuel Hahn). Die tweede lid skryf hy met palatale suigklank en genasaleerde klinker, by Kr.-R. 1969 NW 334 kom dit voor as ^ous = 'der Feldrosinenbaum', tans geskryf ^=au-s. Die Afrikaanse naam van vandag vir Rosyntjiebos nr 375 is regstreeks vertaal uit Nama. Kyk ook KARIOS 2717, die naam van plaas 8 met dieselfde betekenis.
page start
661

Item sets