Huisib, Huizib

Knudsen se opgawe is te transkribeer as ǀǀHui-ǃga-ǀǀis. Die tweede element hoor almal dan as Igais, Igeis, ǃkeis/p, (die wisseling g en k is gewoon, vgl. 5 A 3), maar Knudsen as ǃga-ǀǀis. Wat Knudsen daarmee wil se, is nie duidelik nie; hy, Wuras en Hahn, en ook Rust, verklaar die slotkom- ponent anders as die ander aangehaaldes. Vir die ander is die betekenis van hierdie komponent Igeis ens.: 'plek', 'Ort'. Rust en Hahn dink hierby duidelik aan ǃgei-s [ ǃgai-s] = 'Puffotter' (Rust 1960 DNW 48), Wuras aan ǃgai = 'binden, packen' (Kr.-R. 87). In een opsig stem hulle almal saam, nl. dat die betrokke suigkonsonant die serebrale is, en, soos gese, vir die meeste is dit soos Nama ǃkei-s [Ikhaes] = 'die Stelle, Statte, Ort, Platz' (Kroenlein 1889 206), met die diep toon. Almal behalwe Schmelen en Knudsen gee 'n afleiding. Wuras gaan uit van Kora. ǀǀhuy = vinnig, en ǃkei- = pak, oppak. Hahn 1881 (daarin deur Pettman gevolg, in 1931 noem Pettman ook Kroenlein en kies dan geen kant nie) poetiseer die betekenis n.a.v. die wolkdoek oor Tafelberg, die sogenoemde tafelkleed, wat as naam op die stad aan die voet van die berg oorgedra is. Presies 20 jaar later het Hahn 1901 sy standpunt verander. Hy sien die naam nou as ’n beeld van ’n pofadder (ǃgai-s), tweede lid van die naam: die figuurlike pofadder lig sy kop op (ǀǀhui), denkende aan Tafelberg bokant die stad. Kroenlein en Vedder herken in die eerste element resp. ’n koperkapel en ’n spoegslang, uitgaande van verskillende suigkonsonante, resp. ǀǀ en ǃ, vir ǀǀhui en ǃhui. Ook Rust dink aan ’n slangsoort, die pofadder, maar dan doen hy dit n.a.v. die tweede lid (ǃgai-s). Die eerste lid ǃhui verbind hy met ǃnu-s = 'nes', die geheel dan ’n 'nes van pofadders', met ’n twyfelende vraagteken daarby. Die spoeg- en geelslange word klaarblyklik as beelde van die Tafelberg gesien wat sy kop pikgereed ophef (11hui, kop oprig), en die naam is dan afgedra op die stad daaronder. Die 'Pofaddernes' kan gewoon net ’n toevallige lokalise- ring wees, sonder dat dit noodwendig iets met die berg te doen het. Terloops kan vir Rust se afleiding gese word dat sy ǃgeis = pofadder ook dieptoon het en dat die n- van ǃnus = nes inderdaad kan afwissel met die h- van ǃhu(i). Ons merk ten slotte op dat dit almal Blankes is wat die oorgelewerde naam wil interpreteer, dat die etimoloe erkende gesaghebbende kenners van die Namataal is, een ook van Koranataal, en dat nie twee van hulle dieselfde verklaring gee nie. Hulle metode is darem dieselfde, nl. ’n ontleding van die komponente van die oorgelewerde naam en ’n poging om daaruit, terugwerkend, iets te maak wat vir hulle met die klankbousel versoenbaar is. Die metode bring hulle egter nie by die goeie oplossing nie. Êrens moet ons 'n aansluiting kry wat nuwe wee open, anders bly ons in dieselfde slagyster trap. Ons het gemerk dat daar geimpliseer is (wanneer dit nie uitdruklik gese is nie) dat Kaapstad sy inlandse naam van Tafelberg deur oordrag ontvang het, dus so iets soos 'n aangepaste Tafelbergstad genoem is. Ons weet deur Gordon dat Tafelberg se ou naam onder die 'oude Hotten- totten', in Afrikaans vertaal, 'Seeberg' was, vgl. die inskrywing HOERIKWAGGO. Daardie hoeri- en die Hui- van Huigais toon 'n mate van ooreenkoms in klank, maar Hoeri- sal ons nie help nie, eerstens omdat huri = 'see' in geen optekening, ook nie in Nama nie, ’n suigkonsonant gehad het of het nie, en tweedens omdat die -ri nie uit hui verklaar kan word nie. Anders sou 'Seebergstad' die verbeelding van enkeles kon aangegryp het. Gordon en ons kennis van die allofonerende variabiliteit van sommige kon- sonante sal ons uithelp. Waarskynlik bedoel as 'n soort van pro memoria het Gordon (ong. 1792) in ’n hoekie van ms 3 115 die inlandse name van enkele plekke met hulle ingeburgerde Hollandse name gegee, en daarby dit: 'het casteel hiet kui keip of klip kraal'. Plekname gaan op 'n lokativerende -p (-b) of -s uit. Kuikeip (uitgang op -p soos by Wuras en Gordon) kan net so goed Kuikeis heet, dit is gewoon. Nou weet ons uit talle voorbeelde dat die anlautende k- kan develariseer, of, positief gestel, kan glottaliseer, bv. ADDO was vroeer Kaddo, Kadouw, of KABAS, 'Platberge', stem ooreen met Nama =f=Abbas. Ook dit is heel gewoon (5 C 1). In enkele gevalle glottaliseer die ou k- stemhebbend, d.w.s. as h-, bv. Kakais by HAKEIS, of Khums by HUAMS, of 'n ou voorbeeld, Koutima by HOUTEMA. Kuikeis, letterlik 'Kasteelplek, Kasteelstad', of in Gordon se vertaling, 'Kasteelkraal' vir 'Klipkraal', is wisseluitspraak van die sendelinge se Hui-keis, waarvan sy Namavorm vandag sal wees ǀ(K)ui- Ikhaes (-b), letterlik 'Klipplek, Klipstad'. Kaapstad het gevolglik nie sy naam van die indrukwekkende Tafelberg gekry nie, maar van die gebou wat sy hart was, die Kasteel van klip. Die inlandse naam dateer dus uit die tyd na die oprigting van die klipkasteel. As die inlanders Franse was, sou hulle gese het Chateauville, of as hulle Engelse was, Chester, of as hulle Duitsers of Switsers was, Burgdorf, ens. 'n Slegte naam sou 'Kasteelstad' nie gewees het nieǃ Terugskouend merk ons dat die sendelinge met hulle suigkonsonante, die ǀǀ en die ǃ, gedwing was tot begryplike mistifikasies.

About this item

Identifier
1369_SKCPN
Title
Huisib, Huizib
Alternative Title
Huisib, Huizib
Georeference Sources
S 2517/2617
longitude
17.5
latitude
-25.5
Measurement Accuracy
50 km radius
Source
afr Kroenlein JG I860 Quellen 11 271 '...5 Stunden vor Berseba ǀop pad van Luderitz af terug] bei ǀHuizib kamen uns Oehsenreiter entgegen...'
Description
afr Knudsen se opgawe is te transkribeer as ǀǀHui-ǃga-ǀǀis. Die tweede element hoor almal dan as Igais, Igeis, ǃkeis/p, (die wisseling g en k is gewoon, vgl. 5 A 3), maar Knudsen as ǃga-ǀǀis. Wat Knudsen daarmee wil se, is nie duidelik nie; hy, Wuras en Hahn, en ook Rust, verklaar die slotkom- ponent anders as die ander aangehaaldes. Vir die ander is die betekenis van hierdie komponent Igeis ens.: 'plek', 'Ort'. Rust en Hahn dink hierby duidelik aan ǃgei-s [ ǃgai-s] = 'Puffotter' (Rust 1960 DNW 48), Wuras aan ǃgai = 'binden, packen' (Kr.-R. 87). In een opsig stem hulle almal saam, nl. dat die betrokke suigkonsonant die serebrale is, en, soos gese, vir die meeste is dit soos Nama ǃkei-s [Ikhaes] = 'die Stelle, Statte, Ort, Platz' (Kroenlein 1889 206), met die diep toon.
Almal behalwe Schmelen en Knudsen gee 'n afleiding. Wuras gaan uit van Kora. ǀǀhuy = vinnig, en ǃkei- = pak, oppak.
Hahn 1881 (daarin deur Pettman gevolg, in 1931 noem Pettman ook Kroenlein en kies dan geen kant nie) poetiseer die betekenis n.a.v. die wolkdoek oor Tafelberg, die sogenoemde tafelkleed, wat as naam op die stad aan die voet van die berg oorgedra is. Presies 20 jaar later het Hahn 1901 sy standpunt verander. Hy sien die naam nou as ’n beeld van ’n pofadder (ǃgai-s), tweede lid van die naam: die figuurlike pofadder lig sy kop op (ǀǀhui), denkende aan Tafelberg bokant die stad.
Kroenlein en Vedder herken in die eerste element resp. ’n koperkapel en ’n spoegslang, uitgaande van verskillende suigkonsonante, resp. ǀǀ en ǃ, vir ǀǀhui en ǃhui.
Ook Rust dink aan ’n slangsoort, die pofadder, maar dan doen hy dit n.a.v. die tweede lid (ǃgai-s). Die eerste lid ǃhui verbind hy met ǃnu-s = 'nes', die geheel dan ’n 'nes van pofadders', met ’n twyfelende vraagteken daarby.
Die spoeg- en geelslange word klaarblyklik as beelde van die Tafelberg gesien wat sy kop pikgereed ophef (11hui, kop oprig), en die naam is dan afgedra op die stad daaronder. Die 'Pofaddernes' kan gewoon net ’n toevallige lokalise- ring wees, sonder dat dit noodwendig iets met die berg te doen het. Terloops kan vir Rust se afleiding gese word dat sy ǃgeis = pofadder ook dieptoon het en dat die n- van ǃnus = nes inderdaad kan afwissel met die h- van ǃhu(i).
Ons merk ten slotte op dat dit almal Blankes is wat die oorgelewerde naam wil interpreteer, dat die etimoloe erkende gesaghebbende kenners van die Namataal is, een ook van Koranataal, en dat nie twee van hulle dieselfde verklaring gee nie.
Hulle metode is darem dieselfde, nl. ’n ontleding van die komponente van die oorgelewerde naam en ’n poging om daaruit, terugwerkend, iets te maak wat vir hulle met die klankbousel versoenbaar is. Die metode bring hulle egter nie by die goeie oplossing nie.
Êrens moet ons 'n aansluiting kry wat nuwe wee open, anders bly ons in dieselfde slagyster trap. Ons het gemerk dat daar geimpliseer is (wanneer dit nie uitdruklik gese is nie) dat Kaapstad sy inlandse naam van Tafelberg deur oordrag ontvang het, dus so iets soos 'n aangepaste Tafelbergstad genoem is. Ons weet deur Gordon dat Tafelberg se ou naam onder die 'oude Hotten- totten', in Afrikaans vertaal, 'Seeberg' was, vgl. die inskrywing HOERIKWAGGO. Daardie hoeri- en die Hui- van Huigais toon 'n mate van ooreenkoms in klank, maar Hoeri- sal ons nie help nie, eerstens omdat huri = 'see' in geen optekening, ook nie in Nama nie, ’n suigkonsonant gehad het of het nie, en tweedens omdat die -ri nie uit hui verklaar kan word nie. Anders sou 'Seebergstad' die verbeelding van enkeles kon aangegryp het.

Gordon en ons kennis van die allofonerende variabiliteit van sommige kon- sonante sal ons uithelp. Waarskynlik bedoel as 'n soort van pro memoria het Gordon (ong. 1792) in ’n hoekie van ms 3 115 die inlandse name van enkele plekke met hulle ingeburgerde Hollandse name gegee, en daarby dit: 'het casteel hiet kui keip of klip kraal'.
Plekname gaan op 'n lokativerende -p (-b) of -s uit. Kuikeip (uitgang op -p soos by Wuras en Gordon) kan net so goed Kuikeis heet, dit is gewoon. Nou weet ons uit talle voorbeelde dat die anlautende k- kan develariseer, of, positief gestel, kan glottaliseer, bv. ADDO was vroeer Kaddo, Kadouw, of KABAS, 'Platberge', stem ooreen met Nama =f=Abbas. Ook dit is heel gewoon (5 C 1). In enkele gevalle glottaliseer die ou k- stemhebbend, d.w.s. as h-, bv. Kakais by HAKEIS, of Khums by HUAMS, of 'n ou voorbeeld, Koutima by HOUTEMA. Kuikeis, letterlik 'Kasteelplek, Kasteelstad', of in Gordon se vertaling, 'Kasteelkraal' vir 'Klipkraal', is wisseluitspraak van die sendelinge se Hui-keis, waarvan sy Namavorm vandag sal wees ǀ(K)ui- Ikhaes (-b), letterlik 'Klipplek, Klipstad'. Kaapstad het gevolglik nie sy naam van die indrukwekkende Tafelberg gekry nie, maar van die gebou wat sy hart was, die Kasteel van klip. Die inlandse naam dateer dus uit die tyd na die oprigting van die klipkasteel. As die inlanders Franse was, sou hulle gese het Chateauville, of as hulle Engelse was, Chester, of as hulle Duitsers of Switsers was, Burgdorf, ens. 'n Slegte naam sou 'Kasteelstad' nie gewees het nieǃ Terugskouend merk ons dat die sendelinge met hulle suigkonsonante, die ǀǀ en die ǃ, gedwing was tot begryplike mistifikasies.
page start
584

Item sets